Van rokke en rompe tot broeke is die afgelope tyd op die internasionale loopplanke in dié "beskeier" lengte gesien. As daar hierdie seisoen ’n moet-hê-lengte is, is dit die midi.
Al wat ’n bekende is word deesdae in dié lengte, so ’n paar sentimeter onder die knie, gesien.
Chrissy Teigen lyk ongelooflik in haar skouerlose midirok.
Kate Hudson kies ’n blompatroonrok in dié lengte.
Olivia Palermo wys dié lengte is net so treffend met ’n romp-en-baadjie-kombinasie.
Selfs vroue met meer kurwes kan dié lengte dra; kyk net hoe sensasioneel lyk Ashley Graham.
Wenk: Hakskoene is die groot geheim van die midi-lengte, want dit laat jou bene langer vertoon.













