#1 Sy glo in sonskerm
Talle Hollywood-bekendes het al dié stukkie raad gedeel en so ook Reese: Sonskerm elke dag is 'n moet. In 'n onderhoud met die tydskrif The Hollywood Reporter sê sy selfs as sy op 'n verlate eiland gestrand moet wees en net een ding kan saamvat, sal dit sonskerm wees.
Sonblootstelling is die grootste oorsaak van voortydige veroudering, fyn lyntjies, plooie en donker vlekke. Beskerm jou vel daagliks deur 'n sonskerm met 'n SBF van minstens 30 aan te wend.

#2 Sy is lief vir helder lipstiffies
"Ek is mal oor helder lipkleure, dit laat my vol vreugde en reg vir die dag voel," sê Reese. Haar gunsteling is Elizabeth Arden se Beautiful Color Moisturizing Lipstick in Red Door Red.

#3 Sy gaan nêrens sonder retinol nie
Die voordele vir jou vel van retinol, 'n suiwer vorm van vitamien A, is eindeloos. Dit stimuleer kollageenvervaardiging sodat jou vel plomper lyk, dit skilfer die boonste vellaag onsigbaar af vir 'n gladder gelaat, behandel donker vlekke én normaliseer jou vel se natuurlike bevogtigingstelsel.
Reese gaan nêrens sonder Elizabeth Arden se Retinol Ceramide Capsules nie. "Die produk is maklik om mee te reis en doen wondere vir my vel."
Die afsonderlike kapsules van Elizabeth Arden Retinol Ceramide Capsules Line Erasing Night Serum (R656 vir 30 kapsules) sorg dat die retinol stabiel bly (dis sensitief vir lug en lig). Dit bevat ook seramied en plantolies wat jou vel bevog en die velwand versterk.

#4 Sy werk slim met verligter
Reese het aan die webblad Refinery 29 onthul dat sy al 'n hele paar grimeerwenke by haar 19-jarige dogter, Ava, geleer het. Een daarvan is om verligter op haar wangbene en net bokant haar wenkbroue aan te tik. "Ek het baie gehou van hoe dit lyk en nou is dit deel van my alledaagse grimeerroetine."
Verligter op die regte plekke, soos op jou wangbene, bo jou wenkbroue, op jou neusbrug en ken, kan jou gesig "lig" en jou jonger laat lyk.

#5 Sy drink graag 'n groen smoothie
Dis nie net belangrik om jou vel van buite te voed nie, maar ook van binne. Reese deel gereeld foto's op Instagram waar sy haar gunsteling-smoothie, "Glowing Green", drink. Die resep is deur Kim Snyder, dieetkundige vir die sterre, ontwikkel en bevat onder meer spinasie, seldery, appel, peer, piesang en pietersielie.

Vir meer inligting besoek Elizabeth Arden se webtuiste.
Elizabeth Arden Retinol Ceramide Capsules en Elizabeth Arden se Ceramide-reeks is beskikbaar by uitgesoekte kettingwinkels.
Bronne:The Hollywood Reporter, People, Insider













