Styl

Sal jy hierdie skoene dra?

Liewe aarde! Nooit sou ons kon dink jy kan duiwe as skoene dra nie. Maar nou is dit ’n werklikheid. Kyoto Ohata, ’n Japanse ontwerper, se duif-skoene is besig om soos ’n veldbrand deur die kuberruim te versprei.

Dis definitief nie die mooiste skoene op die mark nie, maar dit hét ons twee keer laat kyk.

Volgens Daily Mail het Kyoto die skoene ontwerp om nader aan die duiwe in die park te kan kom sonder dat hulle wegvlieg. Dit werk glo!

Wat dink jy van die skoene?

Magdel Muller

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM