ROKERIGE Oë
Stap 1: Wend 'n ligte kleur aan oor jou hele ooglid tot by jou wenkbroue.

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/05/1802yukbeauty2.jpg
Stap 2: Wend swart oogomlyner langs die boonste wimpers\ aan en aan die buitehoek van die oogvou. Sit oogomlyner onder die onderste wimpers aan. As jou oogomlyner 'n kladder het, gebruik dit om die lyn te klad; of gebruik 'n wattestokkie.

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/05/1802yukbeauty3.jpg
Stap 3: Wend 'n donker houtskool of swart in die vou van jou oog aan.

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/05/1802yukbeauty4.jpg
Stap 4: Wend ook die donker oogskadu onder jou onderste wimpers aan.

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/05/1802yukbeauty5.jpg
Stap 5: Gebruik 'n deursigtige, ligte kleur in die binneste hoek van jou oë.

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/05/1802yukbeauty6.jpg
Stap 6: Trek 'n swart lyn in die binneste, onderste rand van jou oog. Wend maskara aan.

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/05/1802yukbeauty7.jpg
WENK
As jy donker of helder oogskadu gebruik, wend jou ooggrimering aan voor jou onderlaag
WENK
Swart, houtskool en grys is die tradisionele skakerings vir rokerige oë, maar kleurkombinasies soos brons en bruin of goud en eiervrugkleur lyk ook wonderlik.













