Styl

SKOK! Wat het Harry Styles aan?

Eens ’n lid van die seunsgroep One Direction, nou ’n solo-sanger wat vanjaar sy eerste album vrygestel het. Ja, Harry se van is seker nie verniet Styles nie … Hy maak die meisies week met sy stem en bokkie-ogies. En nou trek sy styl ook aandag.

Harry trek al hoe meer gewaagd aan. En partykeer vat hy dit dalk ’n bietjie te ver, soos toe hy onlangs in hierdie mosterdgeel broek verskyn het.

MOENIE dink dit was die enigste skok-broek nie, hy is ook gesien in ’n pienk satynbroek met ’n bypassende baadjie.

En onlangs was dit ’n rooi-en-wit geruite pak …

Wat is volgende?

Magdel Muller

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM