Styl

Ster skitter wéér by rooitapyt-geleentheid

FOTO Getty Images / Gallo Images
Ster skitter wéér by rooitapyt-geleentheid FOTO Getty Images / Gallo Images (Frazer Harrison/Getty Images / Gallo Images)

Die Oscar-wenner Alicia Vikander is tans op 'n publisiteitstoer vir die fliek Tomb Raider. Sy speel die hoofrol van Lara Croft. In die aksiebelaaide fliek spring sy oor watervalle, seil in donker grotte af en veg teen groot skurke. Maar in die regte lewe durf sy rooitapyt-geleenthede met hoë hakke aan.

Verlede week was sy in twee pragtige Louis Vuitton-uitrustings getooi.

En die week by die Los Angeles-première het sy geskitter in 'n goue rok met motief. Haar hare het sag oor haar skouers geval, en met 'n katoog en pruimpers lippe het sy die uitrusting mooi afgerond. Ook dié skepping was deur Louis Vuitton ontwerp. Alicia is al sedert 2015 'n gesig vir dié Franse mode- en skoonheidshuis.

Wat dink jy van Alicia se rok en hare?

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images (Getty Images / Gallo Images)
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images (Jon Kopaloff/Getty Images / Gallo Images)
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images (Jon Kopaloff/Getty Images / Gallo Images)
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images (Kevin Winter/Getty Images / Gallo Images)

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM