As ons ons oë uitvee, is nóg ’n bekende se dogter ’n model. Cindy Crawford se dogter, Kaia Gerber, slaan die een kontrak na die ander los. En nou is dit akteurs Ethan Hawke en Uma Thurman se dogter, Maya Thurman-Hawke.
Maya (18), ’n eerstejaarstudent by die bekende Juilliard-skool vir uitvoerende kunste in New York, het nou ’n kontrak losgeslaan by die Britse modehuis All Saints.
Haar ouers, Ethan en Uma, is in 2005 ná 7 jaar geskei.
Maya Thurman-Hawke by die CFDA-toekenings in 2015.
Mees onlangse foto van Maya
Kyk hier na Maya se debuut in haar eerste advertensieveldtog
Van die ander bekendes wie se dogters ook modelle is:
Bron: www.elle.com













