Verlede week was Modeweek in Parys. En al wat ’n bekende en modebewuste is, is daar om met hul eie oë te kan aanskou wat volgende mode-seisoen op ons wag.
En wat kan nou lekkerder wees as om die modes letterlik van die loopplank af te kan koop? Ja-nee, goeie nuus! H&M se Studio-reeks vir Lente/Somer 2017, wat tydens die Paryse Modeweek bekend gestel is, was reeds verlede Woensdagaand beskikbaar in alle lande waar jy H&M aanlyn kan koop – SA inkluis. En vanaf verlede Donderdag was hierdie eksklusiewe reeks ook hier in H&M se winkels by die V&A Waterfront en Sandton te kry.
Kyk die vertoning om ’n voorsmakie te kry:
Van die items uit H&M se Lente/Somer 2017 Studio-reeks wat reeds in Suid-Afrika beskikbaar is:













