Ons kry nou almal 'n vinnige kykie na die wêreld agter die skerms van Dior se fabelagtige loopplank-modes. Die dokumentêre prent Dior & I wys hoe die 2012Dior Haute Couture-reeks opgetower is, berig InStyle.
Dior & I speel hoofsaaklik af in dié modehuis se Paryse ateljee. Dit gee die buite-wêreld ’n blik op die mense ágter die Dior-handelsnaam - van die toegewyde kleremakers tot Raf Simons, kreatiewe direkteur van Dior, se benoude oomblikke voor die eerste model op die loopplank verskyn.
Hier is ’n voorsmakie van dié asemrowende mode-film:
Bron: InStyle













