Aandster
Bruin is ’n goeie alternatief vir die veelsydige swart rokkie.
Sit luiperdmotiefskoene daarby en jy beweeg
stylvol van dag na aand. Bruin mantelmou-rok (R799),
Country Road @ Woolworths.
Luiperdmotiefskoene (R699) en bruin handsak
van nagemaakte leer met metaalbruin handvatsels (R529),
Daniella Michelle @ Zoom. Kralehalssnoer (R130), Lulu Belle.
Groottes
Rok: S – L
|
|
Sagte Aanslag
Die gewilde militêre voorkoms is nou vrouliker . ’n Oorgroot bloes versag jou staatmakernoupypbroek in kakie. Sampioenkleurige oorgroot hemp (R399), Slick. Kakiekleurige broek (R280), Milady’s. Armband van chiffon en goue skakels (R110), Sass Diva. Lang string donkerbruin krale (R95), Lulu Belle. Roesbruin leerhandsak (R2 500),Lulu Belle. Groottes Bloes: Een grootte pas almal Broek: 32 – 44 |
|
|
Rooi Aksent
Dieprooi is ’n sterk aksentkleur wat lewe gee aan die neutraleskakerings in jou kas. Só ’n knooptruitjie kan jy die hele seisoen, dag en aand, dra. Roomkleurige T-hemp met drukwerk (R590), Lunar. Dieprooi knooptrui (R450), Twist@Woolworths. Bruin broek (R799), Country Road @Woolworths. Armbandjie met blomme en steentjies (R850), Lulu Belle. Bruin handsak (R149,95), Edgars. Groottes Broek: 32 – 44 T-hemp: 32 – 36 |
|
|
|
|
Vrolik Vroulik Die klem is op vroulikheid , selfs meer as vorige seisoene. ’n Aandagtrek-romp soos dié werk goed saam met ’n sagte roomkleurige bloes – ideaal vir werk of vir uitgaan.
Bloes met kant-insetsels (R690), Jo Borkett. Rooi-enkameelkleurige gestreepte volromp van tafsy (R2 800), KLûK CGDT. Kameelkleurige ooptoonhak (R349), Queue. Taankleurige leerbelt (R329), Country Road@Woolworths. Leerbandjie-horlosie (R1 200), Jacques Lemans. Groottes Bloes: 30 – 38 Romp: 30 – 38 |
|
|
Strepiestreffer
’n Treffende streeptrui gee ekstra opwinding aan ’n eenvoudige effekleur-lyfpak (jumpsuit). Dié trui kan jy saam met al jou ander neutrale uitrustings dra. Lyfpakkie (prys teen druktyd nie bekend), Phenomena @ YDE. Rooi-en- kameel strepiestrui (R699) Yarra Trail. Skoene (R600), Pringle. Dun bruin leerbelt (R390), Jo Borkett. Donkerbruin handsak (R529), Zoom. Groottes Lyfpak: S – L Trui: S – L |
|
|
|
|
Elegant
Dis die seisoen van die rok – ook met ’n motief. Dra dit saam met ’n stylvolle jas of baadjie in ’n aardse kleur. Rok met fyn blommotiewe en belt (R799), Mango. Roomkleurige baadjie (R599), Edgars. Skoene (R1 099), Nine West Bruin leerhandsak (R1 390), Jo Borkett. Groottes Rok: 8 – 18 Baadjie: S-XL |
|
|
Klassiek Met ’n klassieke trui in ’n neutrale kleur kan jy nooit ‘n fout maak nie. ’n Breër belt daarby gee dit dadelik ’n meer formele voorkoms. Kameelkleurige trui (R689), Marco Polo @ Stuttafords. Lang rooi romp van katoenmengelstof (R390), Slick. Kameelkleurige belt van kunsleer (R299), Slick. Lang hangertjie (R500),Lulu Belle. Groottes Trui: S – XL Romp: S – L |
|
|
|
|
Dis die detail ...
Interessante detail maak van ’n eenvoudige goudbeige rok ’n meesterstuk. Rok in twee lae met krale en borduur-detail (R2 300), Robyn Caris. |
|












