Styl

Wonder Woman wen harte!

’n Vrou wat ’n held is, op haar eie twee voete staan, die wêreld red en liefde en hoop uitstraal. Dis ’n fliek wat ons wil sien! Die afgelope naweek het die DC-fliek Wonder Woman se internasionale speelvlak begin. In net 3 dae het dit reeds $223 miljoen (sowat R3 miljard) by die loket verdien. 

Wonder Woman se regie is deur ’n vrou behartig! Patty Jenkins, wat die Oscar-bekroonde Monster se regie behartig het, kry groot lof van kritici. Die fliek het reeds ’n stewige 93% op Rotten Tomatoes gekry. Dis ook die eerste DC-rolprent wat goeie resensies ontvang het. Die vorige flieks Man of Steel, Batman v Superman: Dawn of Justice en Suicide Squad het onderskeidelik 55%, 27% en 25% op Rotten Tomatoes gekry.

Die hoofrol van Diana Prince word deur die pragtige 32-jarige Gal Gadot gespeel.

Het jy die 5 goed van Gal geweet?

- In 2004 was sy as Mej. Israel gekroon, dieselfde jaar wat Claudia Henkel Mej. Suid-Afrika geword het. Gal was net 18 jaar oud.

- Die Wonder Woman-ster was vir twee jaar in die Israeliese weermag.

- Sy het regte geswot by Interdisciplinary Center Herzliya in Herzliya, Israel. Maar het nooit haar graad voltooi nie oor sy deur ’n Hollywood-agent raakgesien was.

- Gal is al vir 9 jaar met die sakeman, Yaron Versano, getroud. Hulle het twee dogtertjes, Alma en Maya.

- Sy het party Wonder Woman-tonele verfilm toe sy 5 maande swanger was! Gal het selfs al die aksie-tonele geskiet.

Kyk hoe kry Wonder Woman haar kragte:

En hier skop sy gat:

Is jy lus vir nog? Hier's ’n agter-die-skerm-video:

Embed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty Images

Is jy net so gaande soos ons oor hierdie superheldin?

Bronne:

www.elitedaily.com

www.boxofficemojo.com

www.geekgirlauthority.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM