Styl

Wys jou donker haarwortels - dis mode!

FOTO: Instagram (@doutzen)
FOTO: Instagram (@doutzen)

Jy hoef nie meer bekommerd te wees oor jou natuurlike haarkleur wat begin uitgroei nie - dis nou mode om dit te wys!

Jy sou dalk al 'n paar bekendes gesien het wat lyk asof hulle heeltemal te lanklaas 'n draai by hul haarsalon gemaak het met hul donker haarwortels en ligter punte. Dis omdat haarkleure en -style wat maklik is om te onderhou en meer natuurlik en nie "gedoen" lyk nie, steeds 'n reuse-tendens is, sê Karen van Wyngaard, stileerder by die haarsalon Snap Dragon in Johannesburg.

Die aktrise Kristen Stewart was van die eerste bekendes wat met donker uitgegroeide haarwortels gespog het.

Ons dink dié nuwe tendens is modern en klein bietjie waaghalsig - perfek vir die somer. Spaar geld tussen jou haarkleursessies en laat jou wortels net 'n sentimeter of twee al langs jou haarpaadjie uitgroei. Om te keer dat dit nie slordig lyk nie, stileer jou hare met hope tekstuur en volume by die wortels. Jy kan ook jou stileerder vra om die lyn waar jou wortels uitgroei, te versag vir 'n soort ombré-voorkoms. "Vroue wil nie noodwendig ure in die salon spandeer nie," sê Karen.

Kyk net na dié bekendes se uitgegroeide haarwortels:

1. Drew Barrymore

2. Reese Witherspoon

Wenk: Donker haarwortels gee ekstra dimensie aan blonde hare.

3. Doutzen Kroes

4. Ashley Benson

5. Chloë Grace Moretz

Wenk: Vir 'n meer subtiele voorkoms, dra 'n kantpaadjie.

Wat dink jy van dié nuwe tendens?

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM