• Pak ’n “troeteldier-sak” vir die reis met genoeg kos, morsvrye waterbakke, die nodige medisyne en ’n paar gunsteling-speelgoed.
• Maak seker jou troeteldiere se inentings is op datum – dis veral belangrik vir beskerming teen hondsdolheid.
• Neem altyd jou diere se inentingboekies of -sertifikate saam wanneer hulle saam met jou reis.
• As jou diere nie mikroskyfies het nie, sorg dat hulle naamplaatjies met jou huidige
kontakbesonderhede daarop aan hul halsbande het.
• Hou gereeld stil wanneer julle reis, sodat jou honde hul bene kan rek en water kan drink.
• ONTHOU Moet nooit jou troeteldiere sonder toesig in jou voertuig los nie.
• Beskerm jou diere teen vlooie wanneer jy na die kus, die ideale broeiplek vir vlooie, reis.
• Maak altyd agter jou troeteldiere skoon – moenie dat hulle vir ander ’n ergernis raak nie.
• Onthou om jou diere gereeld te ontwurm.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6143/36261d76b8c64a648e58746207df4070.jpg






