Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom, algemeen bekend as ADHD, is ’n mediese toestand wat jy dikwels nie ontgroei nie. Met Nasionale ADHD-dag fokus ons op dié sindroom en wat jy als moet weet.
Onthou ADHD word nie´ deur die volgende veroorsaak nie:
- Kos-allergiee¨
- Te veel TV of ander tegnologie
- Te veel suiker
Bron: NIMH

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6322/35dd414452b94ff6958a9d7c315ae1a4.jpeg FOTO Unsplash
Kan lyk soos ADHD, maar is nie:
- Allergiee¨ en asma kan jou kind moeilik laat asemhaal en sy konsentrasie verbreek.
- ’n Gehoor- of sigprobleem.
- Middeloor-infeksies kan gehoorprobleme veroorsaak.
- Onderprestasie op skool weens leerprobleme.
- Emosionele probleme as gevolg van iets soos ’n egskeiding of dood in die gesin.
- Ontwrigtende of terughoudende gedrag weens angs en depressie.
- Probleme met konsentrasie weens petit mal-epilepsie (’n bewussynsteuring van ’n paar sekondes).
Bron: ADHASA

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6322/a847e662b9d74f3697e2c202ee2b3ac5.jpeg FOTO Unsplash
Studies wys kinders met ADHD is meer geneig om:
- Vroeg uit die skool te gaan (32% tot 40%)
- Min of geen vriende te hê (50% tot 70%)
- By antisosiale aktiwiteite betrokke te raak (40% tot 50%)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6322/2d69866eaa1b4a5b89d03552ca6fc28b.jpeg FOTO Unsplash
Hier's die statistieke
- Tienerswangerskappe is volop en kom voor by 40% van ADHD-lyers.
- Sowat 8-10% van Suid-Afrikaners het ADHD. En dit neem waarskynlik toe.
- Vir elke meisie wat daaraan ly, is daar 3 seuns wat die toestand het, volgens die amptelike syfer. Maar kenners reken dis net so algemeen onder meisies en dat dit bloot nie by hulle gediagnoseer word nie.
- Dis in sowat 80% van gevalle oorgee¨rf en ’n kombinasie van albei ouers se gene, hoewel hulle nie noodwendig klinkklaar ADHD het nie.
- Omega 3- en omega 6-aanvullings maak ’n verskil in sowat 40% van gevalle.
- Dieet-aanpassings help in sowat 20% van gevalle in ’n mate.
- 1/3 kan hul medikasie stop as hulle groot is.
- Sowat 75% het leerprobleme. Hulle floreer nie in die huidige onderwysstelsel nie.
- Sowat 7-8 uit 10 kinders se toestand verbeter met medikasie. By die klein groepie vir wie pille nie werk nie, word op gedragsterapie gefokus

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6322/d515eda16bde49a1aafbe5657a793ba6.jpeg FOTO Unsplash












