Welstand

Detoks natuurlik

Die jaar het pas afgeskop en tydskrifte en koerante is vol raad oor hoe om te detoks -  en só van "gif en afvalstowwe" in jou lyf ontslae te raak. Maar jou liggaam is gemaak om self gedurig  te hernuwe en te detoks. Jou lyf se natuurlike detoks-sisteem (soos jou lewer, niere, vel en dermkanaal, inderdaad elke selletjie), beskerm jou daagliks teen "gevaarlike stowwe“ - en is baie doeltreffend.

Ongelukkig kan heelparty mense se natuurlike detoks-stelsel nie byhou nie: Hulle eet en drink net só verkeerd. Dié stelsel het ook voedingstowwe nodig om goed te kan werk. Maar vóór jy  enige drastiese "water en vrugte"-program probeer volg, maak net 3 veranderings aan jou alledaagse eetpatroon en ondersteun só jou liggaam se eie detoks-stelsel:

  • eet tussen elke twee maaltye ’n vrug
  • eet met elke ligte maaltyd minstens 1 soort rou groente (byvoorbeeld ’n tamatie), en
  • eet met elke hoofmaal 2 groentes.

Bron: Mariza van Zyl, RD(SA), geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Besoek haar webblad by www.betereet.co.za.

Mariza van Zyl

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM