Só berig People.com
1. Hilary Duff: Die herstel-dieet - gee jou liggaam 'n hupstoot!
Hilary is bekend daarvoor dat sy haar liggaam 'n hupstoot gee deur smoothies van die fiksheids- en voedingsghoeroe Harley Pasternak te drink.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/2009/11/12617/sk0812smoothies01.jpg
Wat eet sy? Dié 3-fase-plan skop af met 'n 5-dag-smoothie-dieet vóór alternatiewe koskeuses soos groente, laevet hoemoes, steak en spinasie-slaai ook deel uitmaak van dié plan.
2. Ashley Greene - Sunfare-dieet
Twilight-ster Ashley Greene se vietse lyf is te danke aan die gerieflike Sunfare-dieet, 'n spesiale eetplan wat 'n afleweringsdiens insluit. (Jou etes word by jou huis afgelewer, en sluit vegetariese- en glutenvrye opsies in.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/2012/07/66039/sarie048.jpg FOTO: Micky Hoyle
Wat eet sy? Daar is talle etes beskikbaar deur Sunfare, soos kersie-hawermout vir ontbyt, tunaslaai vir middagete, of sitrus-hoender vir aandete met 'n maaskaas-peuselhappie.
3. Gwyneth Paltrow: Die allergievrye dieet
Gwyneth deel haar dieetgeheime in haar boek, It's All Good. Hierin sny sy veral kosse uit wat volgens navorsing vir jou 'sleg' is: brood, diepsee-vis, hoender, eiers, suiker en rooivleis.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6211/08c4476e959b424cb4bf2615f1d46d9f.jpg
Wat eet sy? Haar dag begin met 'n groen sap propvol spinasie, appel, suurlemoen, kruisement en gemmer. Vir middagete eet sy graag beet-en-groentesop, en amandels wat in water geweek word. (Jou liggaam verteer dit dan makliker.) En vir aandete sal daar hoender met haar eie paprika-speseryresep op die spyskaart wees.













