Vervang net ’n paar bestanddele vir ’n gesonder jy!
Vervang Met...
- 1 k suurroom 1 k laevet-maaskaas + 2 e vetvrye melk + 1 e suurlemoensap
- room vetvrye maaskaas of natuurlike jogurt
- volroomkaas (cheddar/gouda) laevet-kaas (ricotta/mozzarella)
- 1 k botter in gebak 1 k appelsous
- mayonnaise ligte mayonnaise gemeng met laevet-jogurt
- 1 k vet vir sotering 4 k laevet-aftreksel, vrugtesap of wyn (soteer tot die vloeistof verdamp)
- 250 g roomkaas 250 g gladde maaskaas
- 1 k olie vir bedruiping 1 k vrugtesap of laevet-aftreksel
- 1 k room (nie vir klits) 2 t mielieblom of 1 e koekmeel (meng met 1 k vetvrye melk)
- 500 g maalvleis 250 g laevet-maalvleis en ’n blikkie (400 g) gekookte lensies of boontjies













