
Ja, dis tyd! Ons gee hulp. Jy is nie alleen nie!
Die laaste paar maande het jou oefenroetine ontspoor en jou eetgewoontes gaan meer oor emosionele eet as gesond eet. Jy voel ongesond, onfiks en buite beheer. En waarskynlik teleurgesteld in jouself.
Ontspan! Jy's nie alleen nie. Peilings wys dat mense wêreldwyd ná maande van inperking, isolasie, onsekerheid en 'n gedwonge veranderde leefwyse sukkel met hul gewig en om weer gedissiplineerd en gesond te leef.
Nou pas jou klere nie meer nie, jy hyg ná net 'n paar vinnige draaie in die winkelsentrum en die ek-verdien-dit-want-die-lewe-is-swaar stuk koek is nou al 'n gegewe.
Erger nog, jy trou dalk oor 'n paar weke en wil op jou mooiste lyk. Of jy begin binnekort 'n nuwe werk en wil 'n goeie indruk maak, of miskien het jou dokter al die waarskuwingsvlaggie laat wapper.
Dit maak nie saak hoe jy by dié punt uitgekom het nie, hier is goeie nuus. Slanker met SARIE is 'n aanlyn dieet- en oefenprogram wat wetenskaplik ontwerp is om jou by te staan om weer jou lyf, jou gesondheid én jou selfvertroue terug te kry.
Hoekom Slanker met SARIE?
Wanneer jy besluit het om gewig te verloor, is dit maklik om in die slaggat van kitsdiëte of ekstreme gewigverliesmetodes te trap.
Met Slanker met SARIE kry jy 'n dieet en oefenprogram wat wetenskaplik ontwerp is om gesonde en volhoubare gewigverlies te bewerkstellig.
Sodra jy registreer, kry jy:
- 'n Oefenplan van 12 weke, ontwerp om vet te verbrand en sexy spiertonus te bou.
- Video-demonstrasies van elke beweging.
- Oefen by die huis met basiese toerusting.
- 'n Kilojoule-beheerde oefenplan van 12 weke waarmee jy gewig kan verloor sonder om honger te voel.
- Bekostigbare, gesonde maaltye wat maklik is om te maak en so lekker is, dat jy skaars sal kan glo dis "dieetkos"
Ja, kom ons begin!
- Gaan na Slankermetsarie.co.za en begin vandag nog oefen.
















