Welstand

Porsiegroottes: Hoeveel moet jy eet om gesond te wees?

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Ons is deesdae so gewoond daaraan om groot kosporsies in te neem, dat ons skoon ingedoen voel as ons dit nie kry nie. 'n Mens noem dit porsieverwringing en dit gebeur sonder dat ons eens daarvan bewus is.

"Jou brein vertel jou dat jou bord kos jou nie sal volmaak nie omdat dit te min lyk," sê die Pretoriase dieetkunde Tanya Alberts. Ongelukkig beteken te groot porsies gewoonlik dat 'n mens onnodig baie eet en dus gewig optel.

Jy hoef nie jouself geheel en al van alles wat vir jou lekker is te ontneem om 'n gebalanseerde dieet te volg nie. Deur die korrekte porsiegroottes te volg kan jy gerus jou gunstelingkossoorte geniet wat jy andersins sou vermy.

"Om gewig te verloor en 'n gebalanseerde dieet te volg beteken nie dat jy jouself heeltemal moet ontneem nie," maan die Johannesburgse dieetkunde Jenny Meyer.

"Indien jy bederfkosse (sogenaamde cheat-kos) in kleiner porsies en minder gereeld inneem, kan dit deel van 'n gebalanseerde dieet vorm."

Groter porsies het ons ook gewoond gemaak aan die gevoel van oorvol wees. Maar wanneer ons die grootte van ons maaltye korrek voorsit, sal ons liggaame stadig begin aanpas," verduidelik Jenny. "In die begin gaan jy hongerder as gewoonlik voel - hierdie sal binne paar dae weggaan wanneer jou liggaam geoefen word om na jou maag te luister."

Werk jou porsiegroottes teenoor visuele hulpmiddele uit. "Dit help jou om porsies in 'n praktiese maklik-om-te-onthou wyse te vorm sonder om dinge te weeg en meet," beveel Jenny aan.

Hier is 'n nuttige manier om porsiegroottse op 'n gesonde wyse te bestuur.

Kaas

Kaasporsies behoort die grootte van 'n vuurhoutjieboks te wees.

Kaas en 'n boksie vuurhoutjies. Foto's: Gallo Images/ Getty Images
Kaas en 'n boksie vuurhoutjies. Foto's: Gallo Images/ Getty Images

Neute

As jy neute as peuselhappie eet, maak seker dat die porsie nie groter as 'n groot eier is nie.

Neute en groot eier. Foto's: Gallo Images/ Getty Images
Neute en groot eier. Foto's: Gallo Images/ Getty Images

Botter

Hou 'n dobbelsteentjie in gedagte om te verseker dat jou porsie klein bly.

Botter en 'n dobbelsteen. Foto's: Gallo Images/ Getty Images
Botter en 'n dobbelsteen. Foto's: Gallo Images/ Getty Images

Ontbytgraan

Jou ontbytgraanporsie kan so groot soos jou losweg gebalde vuis wees.

Ontbytgraan en 'n gebalde vuis. Foto's Gallo Images/ Getty Images
Ontbytgraan en 'n gebalde vuis. Foto's Gallo Images/ Getty Images

Olierige vis

Porsies olierige vis soos salm behoort teenoor 'n stel kaarte gemeet te word.

Olierige vis en 'n pak kaart. Foto's: Gallo Images/ Getty Images
Olierige vis en 'n pak kaart. Foto's: Gallo Images/ Getty Images

Gedroogde vrugte

Verbeel jou 'n gholfbal in jou hand die volgende keer wanneer jy aan gedroogde vrugte peusel.

Gedroogde vrugte en 'n gholfbal. Foto's: Gallo Images/ Getty Images
Gedroogde vrugte en 'n gholfbal. Foto's: Gallo Images/ Getty Images

Grondboontjiebotter

'n Porsiegrondboontjiebotter behoort die grootte van 'n kersietamatie te wees.

Grondboontjiebotter se porsiegrootte. Foto's: Gallo Images/ Getty Images
Grondboontjiebotter se porsiegrootte. Foto's: Gallo Images/ Getty Images

Vrug

'n Vrugteporsie behoort nie groter as 'n tennisbal te wees nie.

Vrug en 'n tennisbal. Foto's: Gallo Images/ Getty Images
Vrug en 'n tennisbal. Foto's: Gallo Images/ Getty Images

Roomys

'n Skeppie roomys behoort rofweg die grootte van 'n gloeilampie te wees.

Roomys en 'n gloeilampie. Foto's: Gallo Images/ Getty Images
Roomys en 'n gloeilampie. Foto's: Gallo Images/ Getty Images

Rys of pasta

'n Porsie gaar stysel behoort in 'n teekoppie te pas.

Rys of pasta se porsiegrootte. Foto's: Gallo Images/ Getty Images
Rys of pasta se porsiegrootte. Foto's: Gallo Images/ Getty Images

Aartappelskyfies

Sit jou aartappelskyfies in 'n beker om seker te maak jy gaan nie oorboord nie.

Aartappelskyfies en 'n koppie. Foto's: Gallo Images/ Getty Images
Aartappelskyfies en 'n koppie. Foto's: Gallo Images/ Getty Images

Ekstra bronne:dukedietandfitness.org

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM