Dis waar: Slaap jy te min, kan jy gewig aansit. Want dis dan makliker om op ’n groot latte staat te maak om aan die gang te kom. Jy kan oefening oorslaan oor jy te moeg is. En na kitskos smag.
Verminder cravings
’n Slaai bo pizza? As jy slaap kortkom, peusel jy meer. En jy is meer geneig om kosse met baie kilojoules (kJ) te kies, volgens ’n studie in die American Journal of Clinical Nutrition. Nog ’n studie wys jy kies dan ook groter porsies.
Voel langer versadig
Slaap slaan ook die hongerpyne langer hok. Net een nag se sleg slaap, is genoeg om jou hormone uit balans te gooi. Die vlak van die hormoon leptien, wat jou versadig laat voel, daal dan. En ghrelien, ’n hormoon wat jou aptyt opjaag, se vlak styg, volgens ’n studie in die Europese Journal of Sleep Research.

FOTO Neal Kharawala
Meer doelgerig
Vetsugtige mense wat 6-8 uur per nag slaap, vaar beter met hul dieet as dié wat minder as 6 en meer as 8 uur in droomland is, volgens Amerikaanse navorsing. Vetsugtige/oorgewig vroue wat 5 of meer keer per nag wakker word, verloor boonop minder gewig as hul susters wat ononderbroke slaap, volgens nog ’n Amerikaanse studie. As jy dikwels slaperig voel, is jy minder energiek en gemotiveerd om jou oefenklere aan te glip. Jy verkies dan eerder sofapokkelaktiwiteite soos TV-kyk. En ons weet as jy gereeld oefen, help dit jou weer om beter te slaap.
Energie vir oefening
As jy dikwels slaperig voel, is jy minder energiek en gemotiveerd om jou oefenklere aan te glip. Jy verkies dan eerder sofapokkelaktiwiteite soos TV-kyk. En ons weet as jy gereeld oefen, help dit jou weer om beter te slaap.
Verbrand meer kJ
Die regte hoeveelheid slaap moedig ’n gesonde metabolisme aan. Skeep jy jou slaaptyd af, geld die teenoorgestelde. Slaap jy net 4 uur per nag, raak jou lyf meer insulienweerstandig, ’n rooi vlag vir vetsug en diabetes tipe 2, volgens ’n klein studie in die Amerikaanse Annals of Internal Medicine













