Internasionaal

Die wêreld in ’n neutedop: Thailand se nuwe premier gekies

Anutin Charnvirakul, nuwe premier van Thailand.
Anutin Charnvirakul, nuwe premier van Thailand. Anutin Charnvirakul, nuwe premier van Thailand. (Reuters)

2025-09-01 03:39:24

Man ploeg teen hekke van Russiese konsulaat in Sydney in

’n Man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy met sy motor teen die hekke van die Russiese konsulaat in Sydney ingeploeg het.

Die polisie se diplomatieke beskermingseenheid het op ’n versoek om hulp van die Russiese konsulaat gereageer nadat ’n ongemagtigde voertuig in die oprit geparkeer was.

Die polisie in Nieu-Suid-Wallis sê hul beamptes het probeer om met die bestuurder te praat voordat hy met sy voertuig teen die hekke van die konsulaat in die voorstad Woollahra ingeploeg het. – Reuters

 Polisiebeamptes hou toesig oor die laai van die motor wat teen die Russiese konsulaat in Sydney, Australië, vasgejaag het. Foto: Reuters

Car crashes into Russian consulate in Sydney Police officers oversee the loading of a car with a smashed window onto a flatbed truck after it crashed into the Russian consulate in Sydney, Australia, September 1, 2025. REUTERS/Hollie Adams TPX IMAGES OF THE DAY (Hollie Adams/REUTERS)

2025-09-01 03:51:13

Honderde dalk dood ná aardbewing in Afganistan

Honderde mense is dalk dood nadat ’n aardbewing van 6,0 laat Sondagaand die ooste van Afganistan getref het.

Die episentrum van die aardbewing was 27 km oos-noordoos van die stad Djalalabad in die Nangarhar-provinsie  volgens die Amerikaanse Geologiese Opname. Dit het om 23:47 (plaaslike tyd) plaasgevind.

Mediaberigte verskil oor die getal oorledenes. – Reuters


2025-09-01 04:05:47

VSA skort visums vir Palestynse paspoorte op

Amerika het die goedgekeuring van visums vir byna almal opgeskort wat ’n Palestynse paspoort besit, het The New York Times Sondag berig.

Die beperkinge gaan verder as dié wat pres. Donald Trump se administrasie voorheen oor besoekers uit Gasa aangekondig het.

Dit sal Palestyne verhoed om vir mediese behandeling na Amerika te reis, om universiteit daar by te woon en sakereise daarheen te onderneem, berig die koerant. – Reuters


2025-09-01 04:13:12

Oekraïne: Verdagte vas vir moord op oudspeaker van parlement

Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne sê ’n verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op Andri Paroebi, voormalige parlementêre speaker.

“Dringende ondersoeke is tans aan die gang om al die omstandighede van hierdie moord vas te stel.”

Paroebi (54) is Saterdag in Lwif doodgeskiet.

Paroebi was van April 2016 tot Augustus 2019 parlementêre speaker en was een van die leiers van protesoptogte in 2013-2014 wat nouer betrekkinge met die Europese Unie geëis het. – Reuters


2025-09-01 05:05:43

12 dood in aanval op kliniek in Soedan

’n Oorlogsmoniteringsgroep het Sondag gesê 12 mense is dood in ’n aanval deur ’n hommeltuig van die weermag op ’n kliniek in die stad Njala, in die suidweste van Soedan.

Die aanval het die Jasjfeen-kliniek Saterdagmiddag getref.

’n Bron het op voorwaarde van anonimiteit gepraat en gesê hulle verwag dat die dodetal sal styg. Voorlopige verslae het aangedui dat tientalle burgerlikes en mediese personeellede moontlik dood is. – AFP


2025-09-01 05:14:59

2 in Parys vasgetrek met juweliersware van €10 miljoen

’n Man en seun is in Parys in hegtenis geneem met ’n vonds van vermoedelik gesteelde juweliersware ter waarde van nagenoeg €10 miljoen.

Die koerant Le Parisien het vroeër berig dat ondersoekbeamptes items, insluitend ’n halssnoer ter waarde van €5 miljoen en oorbelle ter waarde van €2 miljoen, in ’n sokkie ontdek het wat in die onderbroek van een van die verdagtes versteek was.

Die twee, van Tunisiese oorsprong, is Saterdag by die Gare de Lyon-treinstasie in hegtenis geneem. – AFP


2025-09-01 05:24:15

Woordvoerder van Hamas se gewapende vleuel dood

Israel het Sondag gesê sy magte het die woordvoerder van Hamas se gewapende vleuel in ’n aanval op Gasa ’n dag tevore doodgemaak.

“Hamas se terreurwoordvoerder, Aboe Obeida, is in Gasa uitgeskakel,” sê Israel Katz, Israeliese minister van verdediging.

Hamas het nie oor die moord kommentaar gelewer nie. – AFP


2025-09-01 05:46:53

Dodetal ná aardbewing in Afganistan nog onseker

Die dodetal ná ’n aardbewing in Afganistan is nog nie bevestig nie, terwyl reddingswerkers jaag om afgeleë gehuggies te bereik in ’n gebied met ’n lang geskiedenis van aardbewings en vloede.

“Syfers van slegs ’n paar klinieke toon meer as 400 beseerdes en tientalle sterftes,” sê ’n woordvoerder van die ministerie van gesondheid.

Drie dorpies is in die provinsie Koenar verwoes, met aansienlike skade in baie ander dorpies.

Verslae het 250 oorledenes en 500 beseerdes getoon, maar die telling kan nog verander. – Reuters


2025-09-01 06:25:38

Dwelmnetwerk in Europa oopgevlek

Die Griekse en Duitse polisie het ’n misdaadnetwerk oopgevlek wat kokaïen, wat in vragmotors versteek is, van Spanje na Griekeland en ander Europese lande smokkel, het die polisie laat Sondag gesê.

Twee lede van die bende is in Griekeland in hegtenis geneem en nog drie is verlede week in Duitsland aangekeer.

Die polisie het die laaste paar dae op meer as 300 kg kokaïen in Griekeland en Duitsland beslag gelê. – Reuters


2025-09-01 06:32:07

Hoethi’s teiken tenkskip in Rooi See

Jemen se Hoethi-rebelle sê hulle het ’n missiel op ’n tenkskip in die Rooi See afgevuur.

Die Hoethi’s sê hulle het die Scarlet Ray geteiken en direk getref.

Die Britse Maritime Trade Operations (UKMTO) het Sondag gesê die aanval het sy teiken gemis.

UKMTO, wat die streek monitor, sê die skip se bemanning “het ’n plons in die nabyheid van hul vaartuig van ’n onbekende projektiel gesien en ’n harde geluid gehoor”.

“Al die bemanningslede is veilig en die vaartuig gaan voort met sy reis.” – AFP


2025-09-01 06:52:04

Soektog duur voort na man wat glo 2 polisielede doodskiet

’n Gewapende voortvlugtige in Australië wat glo twee polisiebeamptes doodgeskiet het, kry vermoedelik hulp van plaaslike inwoners terwyl die soektog na hom vir ’n sewende dag voortduur.

Dezi Freeman (56) het verlede week gevlug nadat hy op ’n span polisiebeamptes by sy huis in Victoria losgebrand het.

Brett Kahan, superintendent van die Victoria-polisie, het Maandag gesê owerhede glo iemand bied skuilplek aan Freeman.

Hy het ’n beroep gedoen op mense wat weet waar Freeman is om na vore te kom. – AFP


2025-09-01 07:09:14

Afganistan: Dodetal 622, sê owerhede

Sowat 622 mense is in die aardbewing dood wat die ooste van Afganistan getref het.

Die aardbewing van 6,0 het meer as 1 500 mense beseer gelaat, het die Taliban-beheerde Afgaanse ministerie van binnelandse sake in ’n verklaring gesê wat die jongste dodetal bevestig het.

Vroeër het die staatsbeheerde uitsaaier Radio Television Afghanistan (RTA) die dodetal op ongeveer 500 geraam. – Reuters

Mense dra ’n slagoffer op ’n draagbaar na ’n ambulans by ’n lughawe in Djalalabad, Afganistan. Foto: Reuters

People carry an earthquake victim on a stretcher to an ambulance at an airport in Jalalabad People carry an earthquake victim on a stretcher to an ambulance at an airport in Jalalabad, Afghanistan, September 1, 2025. REUTERS/Stringer TPX IMAGES OF THE DAY (Stringer/REUTERS)

2025-09-01 07:41:03

Helikopterongeluk eis 5 in Pakistan

Vyf mense is dood toe ’n helikopter van die Pakistanse regering Maandag in die noorde van die land neergestort het.

Die helikopter was besig om ’n “toetslanding op ’n nuut voorgestelde helikopterplatform” in ’n bergagtige toeristegebied uit te voer toe dit neergestort het, het Abdul Hameed, ’n senior polisiebeampte in die Diamer-distrik, aan AFP gesê.

“Die oorledenes is twee vlieëniers en drie tegnici,” het hy gesê. – AFP


2025-09-01 07:55:26

Duisende betoog in Indonesië

Duisende Indonesiërs het Maandag oor die land heen betoog toe die weermag in die hoofstad ontplooi is.

Dit volg nadat ses mense dood is in landwye betogings oor oordadige voordele vir wetgewers, wat tot gewelddadige konflik met die polisie gelei het.

Minstens 300 betogers het Maandagmiddag buite die land se parlement in Djakarta bymekaargekom terwyl tientalle soldate toegekyk het.

Nog duisende het in Palembang op die eiland Sumatra betoog en honderde was in Banjarmasin op die eiland Borneo en in Yogyakarta op die hoofeiland Java byeen. – AFP


2025-09-01 08:14:27

‘Israel pleeg volksmoord in Gasa’

Die wêreld se voorste vereniging van geleerdes oor volksmoorde het ’n resolusie aanvaar wat lui dat Israel volksmoord in Gasa pleeg.

Altesaam 68% van die 500 lede van die Internasionale Vereniging van Volksmoordgeleerdes wat gestem het, het die resolusie gesteun.

Die resolusie verklaar dat “Israel se beleid en optrede in Gasa voldoen aan die wetlike definisie van volksmoord soos vervat in Artikel II van die Verenigde Nasies se konvensie ter voorkoming en bestraffing van die misdaad van volksmoord (1948)”.

Daar was geen onmiddellike reaksie van die Israeliese ministerie van buitelandse sake nie. – Reuters


2025-09-01 08:22:11

Skudding in Afganistan: Dodetal styg tot meer as 800

Die dodetal weens ’n kragtige aardbewing in Afganistan het tot meer as 800 gestyg, het die woordvoerder van die Taliban-regering Maandag gesê.

Zabihoellah Moedjahid, ’n regeringswoordvoerder, het op ’n mediakonferensie in Kaboel bevestig dat bykans 800 mense in die afgeleë Koenar-provinsie dood is en nog 2 500 inwoners beseer is. Hy sê die getal oorledenes (12) en beseerdes (255)  in die Nangarhar-provinsie het nie verander nie. – AFP


2025-09-01 08:47:29

Poetin loof Turkye oor bemiddelingspogings

Pres. Wladimir Poetin het Turkye se bemiddelingspogings in die oorlog in Oekraïne tydens ’n vergadering met sy Turkse ampsgenoot, pres. Recep Tayyip Erdogan, in China geprys.

“Ek is vol vertroue dat Turkye se spesiale rol in hierdie sake steeds in aanvraag sal wees,” het Poetin by die Shanghaise samewerkingsorganisasie (SCO)-beraad gesê.

Poetin het bygevoeg dat vordering wel op die humanitêre front in die drie rondes van direkte gesprekvoering met Oekraïne in Istanbul gemaak is. – AFP


2025-09-01 08:54:04

Japan verslap wapenbeheer weens beeraanvalle

Japan het Maandag reëls oor die gebruik van gewere verslap ná ’n toename in beeraanvalle.

Meer wilde bere word in woongebiede in Japan opgemerk weens faktore soos ’n daling in die menslike bevolking en klimaatsverandering.

Sedert April vanjaar is vier mense deur bere in Japan doodgemaak.

Japan is bekend vir sy streng wapenbeheer, met die gebruik van jaggewere wat slegs toegelaat word ná goedkeuring deur die polisie.

Volgens die nuwe maatreëls gaan jagters toegelaat word om gewere in noodgevalle te gebruik om die veiligheid van inwoners te verseker. – AFP


2025-09-01 09:20:12

19 dood in Israeliese lugaanvalle

Minstens 19 mense is Maandag in Israeliese lugaanvalle dood, het Palestynse amptenare en getuies gesê.

Die Israeliese weermag het gesê hy het die afgelope dag verskeie militêre strukture en buiteposte aangeval wat gebruik is om aanvalle op sy troepe uit te voer.

Inwoners het gesê Israeliese magte het ou gepantserde voertuie na die Sheikh Radwan-woonbuurt gestuur en dit opgeblaas. – Reuters


2025-09-01 10:04:03

Helikopter met 8 aan boord vermis in Indonesië

’n Helikopter met agt mense aan boord het op Borneo-eiland, Indonesië, vermis geraak.

’n Soektog na die helikopter, wat twee bemanningslede en ses passasiers vervoer het, is onderweg, het I Putu Sudayana, die hoof van die plaaslike reddingsagentskap in Banjarmasin, gesê.

“Ons soektog sal sewe dae vanaf die voorval duur. Hopelik kan ons die slagoffers vandag opspoor en ons hoop almal word veilig gevind,” het hy gesê.

Die helikopter het kort ná sy vertrek kontak met die beheerkamer verloor. – AFP


2025-09-01 10:18:30

Bote met hulp vir Gasa draai om

Tientalle bote wat Sondag na Gasa vertrek het om humanitêre hulp te verleen, het weens stormagtige weer na die hawe in Barcelona teruggekeer.

Die klimaat-aktivis Greta Thunberg was een van die pro-Palestynse aktiviste wat op die bote was.

“Ons het ’n proeflopie uitgevoer en toe na die hawe teruggekeer om die storm te laat verbygaan,” het die Global Sumud Flotilla-organisasie in ’n verklaring gesê.

Die organiseerders het nie gesê wanneer hulle beplan om die reis te hervat nie. – Reuters


2025-09-01 10:35:08

Vliegtuig met Von der Leyen aan boord se GPS belemmer

Russiese owerhede word daarvan beskuldig dat hulle die GPS-sein van ’n vliegtuig Sondag geblokkeer het toe dit in Bulgarye moes land.

Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, was aan boord.

“Ons kan bevestig dat daar GPS-belemmering was, maar die vliegtuig het veilig in Bulgarye geland,” het Arianna Podesta, woordvoerder van die Europese Kommissie, gesê.

“Ons het inligting van die Bulgaarse owerhede ontvang dat hulle vermoed dat dit weens blatante inmenging deur Rusland gebeur het.” – AFP


2025-09-01 11:24:37

Pous Leo toon ondersteuning aan LGBTQ-Katolieke

Pous Leo, die eerste Amerikaanse pous, het Maandag ’n private vergadering in die Vatikaan gehad met die bekende LGBTQ-priester James Martin.

Hierdie stap, wat nie altyd deur die Vatikaan aangekondig word nie, word gesien as ’n voortsetting van die openheid wat sy voorganger, pous Franciskus, bevorder het. Martin, wat dikwels deur konserwatiewes gekritiseer word vir sy bediening onder LGBTQ-gelowiges, het ná die vergadering gesê Leo se boodskap stem ooreen met Franciskus s’n: Almal is welkom in die kerk.

Pous Franciskus het in 2023 ’n omstrede dekreet uitgevaardig wat priesters toelaat om  selfdegeslag-paartjies seëninge op te lê, hoewel die kerk slegs huwelike tussen mans en vroue erken. – Reuters

TOPSHOT - Pope Leo XIV leads a Holy mass for the beginning of his pontificate, in St Peter's square in The Vatican on May 18, 2025. TOPSHOT - Pope Leo XIV leads a Holy mass for the beginning of his pontificate, in St Peter's square in The Vatican on May 18, 2025. (Photo by Alberto PIZZOLI / AFP) (Photo by ALBERTO PIZZOLI/AFP via Getty Images) (ALBERTO PIZZOLI/AFP via Getty Images)

Pous Leo het Maandag ’n private vergadering in die Vatikaan gehad met die bekende LGBTQ-priester James Martin. Foto: AFP


2025-09-01 11:33:57

Bosniese vragmotorbestuurders staak oor EU-reëls

Duisende Bosniese vragmotorbestuurders het Maandag aflewerings landwyd gestaak en gedreig om goedere te blokkeer totdat hul eise vir meer buigsame reismaatreëls en groter ondersteuning deur die Europese Unie (EU) toegestaan word.

Sowat 6 000 vragmotorbestuurders het die land se paaie afgesper. Die EU, wat 64% van Bosnië se buitelandse handel verteenwoordig, beperk bestuurders se verblyf tot 90 dae in ’n tydperk van 180 dae – dieselfde as vir toeriste.

Bestuurders eis ‘n uitsondering op hierdie reël of dat hul verblyf in ure gemeet word.

Vragmotorverenigings sê 4 000 ton goedere is reeds verhinder om Sarajevo binne te gaan. – AFP


2025-09-01 11:41:13

Onstuimige Mediterreense weer keer konvooi na Gasa

’n Konvooi skepe wat na Gasa onderweg was en humanitêre hulp en pro-Palestynse aktiviste, insluitend die aktivis Greta Thunberg, vervoer het, is deur Mediterreense winde gedwing om terug te keer na Barcelona.

Volgens die organisasie Global Sumud Flotilla moes die skepe weens onveilige weerstoestande na die Spaanse hawe terugkeer.

Die aktiviste was op pad om noodvoorraad aan Gasa te lewer te midde van die voortslepende konflik tussen Israel en Hamas in die gebied. Dit is nog onbekend of hulle weer sal probeer vertrek. – AFP


2025-09-01 12:08:28

Spanje erken voorbereidings vir veldbrande was onvoldoende

Pedro Sanchez, Spaanse premier, het Maandag erken dat die land se voorbereidings vir vanjaar se verwoestende veldbrande “duidelik onvoldoende” was.

Sanchez het gedurende die bekendstelling van ’n nasionale ooreenkoms teen klimaatsnoodtoestande in Madrid beklemtoon dat te min brandbestryders, boswagters en noodpersoneel beskikbaar was om die krisis te bestuur.

Veldbrande het honderdduisende hektaar vernietig en groot dele van die platteland het in die slag gebly.

Klimaatsverandering het die gereeldheid en intensiteit van brande in Spanje en ander Suid-Europese lande die laaste paar jaar laat toeneem. Sanchez se regering is onder druk om toekomstige rampe beter te kan voorkom en te bestuur. – AFP

Firefighters prepare to work in one of the burned areas of the forest fire in Can Rates Forest Park, in Viladecans, near Barcelona, Spain, on July 21, 2025. Firefighters prepare to work in one of the burned areas of the forest fire in Can Rates Forest Park, in Viladecans, near Barcelona, Spain, on July 21, 2025. The fire burns 3.5 hectares of forest and stabilizes by dusk. (Photo by Marc Asensio/NurPhoto via Getty Images) (NurPhoto/NurPhoto via Getty Images)

Brandbestryders doen opruimingswerk buite Barcelona in Spanje. Pedro Sanchez, Spaanse premier, het Maandag erken dat die land se voorbereidings vir vanjaar se verwoestende veldbrande “duidelik onvoldoende” was. Foto: Getty Images


2025-09-01 12:20:05

Onsekerheid duur voort oor nuwe regering in Thailand

Thailand se parlement het Maandag ’n besluit uitgestel om te bepaal wie steun sal ontvang om die volgende regering te vorm, wat politieke onsekerheid verleng.

Die People’s Party, wat byna ’n derde van die setels hou, het aangedui dat hy nie self sal regeer nie, maar sy stem kan die dooiepunt ná Vrydag se afdanking van die Thaise premier, Paetongtarn Sjinawatra, deur die konstitusionele hof breek.

Lede van die party het Maandag beraadslaag oor die moontlikheid om die regerende Pheoe Thai-party of die Bhoemdjaithai-party, wat in Junie uit die koalisie gestap het, te steun.

Volgens Parit Watsjarasindhoe, woordvoerder van die People’s Party, sal die kwessie weer Dinsdag bespreek word. – Reuters


2025-09-01 12:38:50

Hamas verwerp Amerika se plan om Gasa te administreer

Hamas het Maandag ’n plan verwerp waarvolgens Amerika glo Gasa vir minstens 10 jaar sou administreer, met die moontlike hervestiging van inwoners.

The Washington Post berig die Withuis oorweeg dit om Gasa, wat grotendeels in puin lê ná die konflik van 2023, in ’n “toeriste- en tegnologiese paradys” te omskep. Die voorstel behels digitale bewyse vir grondbesit en ’n moontlike nuwe lewe elders of in nuwe “slim-stede”.

Palestyne in Gasa beskou die plan as onregverdig. Bassem Naim, ’n lid van Hamas se politieke buro, sê “Gasa is nie te koop nie”.

Hy sê Hamas verwerp enige hervestigingsplan. Sommige inwoners van Gasa sê hulle sal so ’n plan slegs oorweeg as dit die oorlog beëindig en die herstel van die gebied waarborg. – AFP


2025-09-01 12:51:32

Chinese erewag in gelid...

’n Erewag marsjeer Maandag na die teerpad om pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe by die Beijing Capital- Internasionale Lughawe in Beijing, China, te verwelkom. 26 buitelandse staats- en regeringshoofde sal Woensdag op uitnodiging van pres. Xi Jinping ’n militêre parade bywoon vir die 80ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog en Japan se oorgawe. Foto: Getty Images


2025-09-01 13:01:14

Trump bevraagteken sukses van Covid-entstowwe

Pres. Donald Trump het Maandag farmaseutiese maatskappye gevra om die sukses van hul Covid-19-behandeling te bewys.

Volgens Trump is daar teenstrydigheid oor of dié middels regtig lewens ten tyde van die pandemie gered het.

Trump het op sy Truth Social-platform geskryf dat hy oor buitengewone data van maatskappye soos Pfizer beskik, maar dat sulke resultate selde met die publiek gedeel word.

Die debat oor die doeltreffendheid van sekere Covid-19-medikasie en -entstowwe het die afgelope paar jaar in Amerika en wêreldwyd bly woed.

Gesondheidsowerhede verskil van mekaar oor die beste behandelingsriglyne.

Trump se uitlating volg te midde van hernude twyfel oor behandeling en die openheid van farmaseutiese firmas oor hul navorsingsbevindinge. – Reuters


2025-09-01 13:12:57

China, Rusland en bondgenote eis skietstilstand in Gasa

Die Shanghai-samewerkingsorganisasie (SCO), wat lande soos China, Indië, Rusland en Iran insluit, het Maandag alle dade wat tot burgerlike slagoffers en die humanitêre ramp in Gasa lei, sterk veroordeel.

In ’n verklaring ná hul beraad in Tianjin, China, het die 10 lede van die groep ook Amerika en Israel skerp gekritiseer oor hul aanvalle op Iran in Junie, wat na bewering burgerlike kerninfrastruktuur geraak het.

Die SCO het sy kommer uitgespreek oor die toenemende konflik tussen Israel en Hamas en dring aan op ’n omvattende, volgehoue skietstilstand en onbelemmerde humanitêre hulp in Gasa.

Die SCO sê die aanvalle is oortredings van die internasionale reg en die beginsels van die Verenigde Nasies se Handves. – AFP


2025-09-01 13:28:57

30 lande vergader virtueel oor Oekraïne-hulppogings

Frankryk sal Donderdag ’n grotendeels virtuele vergadering hou waartydens leiers van sowat 30 lande die jongste veiligheidsplanne vir Oekraïne sal bespreek.

Die beraad sal fokus op steun aan Oekraïne ná ’n moontlike vredesooreenkoms met Rusland.

Die sogenaamde “koalisie van die gewilliges” sluit meestal lande van die Europese Unie (EU) in, asook Turkye, Kanada en Australië. Pres. Wolodimir Zelenski sal Parys besoek, maar die meeste lande se deelname aan die beraad is virtueel.

Onsekerheid bestaan of die VSA sal aansluit, veral ná onlangse terughoudendheid deur pres. Donald Trump se administrasie ten opsigte van veiligheidswaarborge. – Reuters


2025-09-01 14:00:38

Hospitaalbehandeling ná aardbewing in Afganistan

Injured Afghan children receive treatment at a hospital after an earthquake in Jalalabad, in eastern Afghanistan, on September 1, 2025. Injured Afghan children receive treatment at a hospital after an earthquake in Jalalabad, in eastern Afghanistan, on September 1, 2025. A massive rescue operation was underway in Afghanistan on September 1, after a strong earthquake and multiple aftershocks flattened homes in a remote, mountainous region, killing more than 800 people, the Taliban authorities said. (Photo by Nasim Nazari / AFP) (NASIM NAZARI/AFP)

Beseerde kinders ontvang behandeling in ’n hospitaal nadat ’n aardbewing Maandag Jalalabad in die ooste van Afganistan getref het. Meer as 800 mense het in die aardbewing en naskokke gesterf, het owerhede gesê. Foto: AFP


2025-09-01 14:03:45

Rusland, Iran se leiers vergader in China – Kremlin

Pres. Wladimir Poetin van Rusland het Maandag met sy Irannese ampsgenoot, Masoed Pezesjkian, by die Shanghai-samewerkingsorganisasie se streeksberaad in China vergader, het die Kremlin gesê.

Die twee leiers sou na verwagting Iran se kernprogram bespreek, met Rusland wat sy bondgenoot openlik ondersteun nadat Brittanje, Frankryk en Duitsland verlede week gesê het hulle sal sanksies teen Iran herinstel oor die land se nienakoming van die 2015-kernsperverdrag. – AFP


2025-09-01 14:25:00

Voormalige Deense minister tronk toe oor kinderpornografie

’n Voormalige Deense minister is Maandag vir vier maande tronk toe gestuur weens die besit van duisende foto’s en video’s van seksuele mishandeling van kinders.

Henrik Sass Larsen, eens ’n senior Sosiaal-Demokraat wat as minister van nywerheid gedien het, het erken dat hy meer as 6 000 foto’s en 2 000 video’s op sy rekenaar gehad het wat seksuele mishandeling van kinders uitbeeld.

Hy het die aanklagte ontken en gesê hy het die materiaal besit omdat hy probeer het om uit te vind wie hom as kind mishandel het. – AFP


2025-09-01 14:35:59

Oekraïne kritiseer SCO oor geen melding van oorlog

Oekraïne se ministerie van buitelandse sake het Maandag die beraadsverklaring van die Shanghai-samewerkingsorganisasie (SCO) gekritiseer omdat dit nie melding maak van Rusland se voortgesette oorlog in Oekraïne nie.

“Dit is verbasend dat die grootste oorlog in Europa sedert die Tweede Wêreldoorlog nie in so ’n belangrike dokument weerspieël word nie,” het die ministerie gesê. – Reuters


2025-09-01 15:04:26

Die skoonheid en die rots

82nd Venice Film Festival - Photocall for the movie "The Smashing Machine" in competition Cast members Dwayne Johnson and Emily Blunt pose during a photocall for the movie "The Smashing Machine" in competition, at the 82nd Venice Film Festival, Venice, Italy, September 1, 2025. REUTERS/Yara Nardi TPX IMAGES OF THE DAY (Yara Nardi/REUTERS)

Dwayne Johnson en Emily Blunt Maandag by ’n fotogeleentheid vir die bemarking van hul rolprent The Smashing Machine op die 82ste Venesiese Rolprentfees. Foto: Reuters


2025-09-01 15:08:33

Indië het aangebied om tariewe op te skort – Trump

Indië aangebied het om sy tariewe op Amerikaanse goedere tot nul te verminder, het pres. Donald Trump Maandag gesê.

Trump het in ’n plasing op Truth Social Amerika se verhouding met Indië "eensydig" genoem, en verder geskryf: "Hulle het nou aangebied om hul tariewe tot niks te besnoei, maar dit is al laat. Hulle moes dit jare gelede gedoen het."

Die Indiese ambassade in Washington DC het nie onmiddellik gereageer op Trump se opmerkings nie.

Dit kom nadat Amerika onlangs tariewe van tot 50% op Indiese goedere ingestel het oor Indiese olie-aankope van Rusland. – Reuters


2025-09-01 15:25:57

Koeie trap stapper in Oostenrykse Alpe dood

’n Stapper in die Oostenrykse Alpe is dood nadat ’n klompie koeie hom en sy vrou vertrap het terwyl hulle en hul hond op ’n bospaadjie geloop het, het die plaaslike polisie Maandag gesê.

Die 85-jarige man en sy 82-jarige vrou het Sondagmiddag na ’n berghut in Ramsau am Dachstein gestap toe die voorval gebeur het, sê die polisie. 

"Nege koeie, insluitend drie kalwers, het ’n afgetrede egpaar van Wene en hul hond vertrap en hulle ernstig beseer," het ’n plaaslike polisiewoordvoerder gesê. – AFP


2025-09-01 15:41:38

Vanjaar se somer was Brittanje se warmste ooit

Brittanje het vanjaar sy warmste somer tot nog toe beleef, het Brittanje se meteorologiese agentskap Maandag gesê.

"Voorlopige statistieke toon dat 2025 se somer amptelik die warmste tot nog toe is, met ’n gemiddelde temperatuur van 16,1°C, wat die vorige rekord van 15,76 °C, opgestel in 2018, oortref," het die Met Office in ’n verklaring gesê. – AFP

Teenagers cool off by leaping from the Wey footbridge into the River Wey, near Guildford, south of London on July 13, 2025, as the heatwave in England… Teenagers cool off by leaping from the Wey footbridge into the River Wey, near Guildford, south of London on July 13, 2025, as the heatwave in England continues. (Photo by JUSTIN TALLIS / AFP) (JUSTIN TALLIS/AFP)

Tieners koel af deur van die Wey-voetbrug in die Weyrivier naby Guildford, suid van Londen, te spring gedurende ’n hittegolf in Engeland in Julie vanjaar. Foto: AFP


2025-09-01 16:00:44

Japan, Suid-Korea beleef warmste somer nóg

Japan en Suid-Korea het vanjaar hul warmste somer tot nog toe beleef, het die lande se onderskeie weeragentskappe Maandag gesê.

Japan se gemiddelde temperatuur tussen Junie en Augustus "was 2,36 °C bo die gemiddelde, wat die warmste somer is sedert rekordhouding in 1898 begin het”, het die Japanse Meteorologiese Agentskap (JMA) gesê, sonder om te sê wat die gemiddelde was.

In dieselfde tyd in Suid-Korea was die gemiddelde temperatuur 25,7 °C, "die hoogste sedert rekordhouding in 1973 begin het", het die Koreaanse Meteorologiese Administrasie in ’n verklaring gesê. Die vorige rekord in dieselfde tydperk was 25,6 °C wat in 2024 opgestel is. – AFP

Crowded pool on hot summer day An aerial photo shows crowded THE BOON, a swimming pool, at Hirakata Park in Hirakata City, Osaka Prefecture on Aug. 20, 2023. Many people visited the pool and many tents to avoid the sun beam were seen. ( The Yomiuri Shimbun ) (Photo by Michihiro Kawamura / The Yomiuri Shimbun via AFP) (MICHIHIRO KAWAMURA/The Yomiuri Shimbun via AFP)

’n Lugfoto van ’n openbare swembad in die stad Hirakata in Japan te midde van ’n hittegolf in Augustus vanjaar. Foto: AFP


2025-09-01 16:31:17

Oud-gesondheidshoofde sê RFK Jr. stel mense in gevaar

Nege voormalige direkteure van die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming (CDC) het Maandag gewaarsku dat die besluite wat deur Robert F. Kennedy jr., Amerikaanse minister van gesondheid, geneem word, die gesondheid van Amerikaners in gevaar stel.

Dié waarskuwing, vervat in ’n meningstuk in The New York Times, kom enkele dae nadat die CDC-hoof, Susan Monarez, afgedank is.

Monarez het geweier om nuwe beperkings op die beskikbaarheid van sommige entstowwe, wat deur Kennedy voorgestaan word, goed te keur, en gesê dit is strydig met wetenskaplike bewyse.

Vier ander direkteure het ook uit protes bedank, wat groter wanorde in die land se openbaregesondheid-agentskap veroorsaak het.

"Dit (Kennedy se besluite) is onaanvaarbaar, en dit behoort elke Amerikaner, ongeag politieke oortuiging, te ontstel," het die nege voormalige direkteure onder meer geskryf. – Reuters


2025-09-01 17:23:34

Koalisie beskuldig DRK-regering van skending van vredesooreenkomste

Die Kongorivier-alliansie (CRA), ’n koalisie van opstandelinggroepe, onder wie die M23-rebelle, beskuldig die regering van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) van herhaalde skendings van vredesooreenkomste.

Volgens Corneille Nangaa Yubeluo, CRA-leier, ry verskeie skendings van die onlangse skietstilstand dialoog oor vrede in die ooste van die DRK in die wiele.

Sedert begin vanjaar het gevegte in die ooste van die DRK vererger, met die M23-rebelle wat beheer oor die twee grootste stede in die streek oorgeneem het. Bemiddelingspogings deur Katar het op 19 Julie tot ’n ooreenkoms gelei, maar die sperdatum vir onderhandelinge is gemis.

Yubeluo beskuldig regeringsmagte van aanvalle in Suid-Kivu en vra die Verenigde Nasies (VN) om druk op die DRK-regering uit te oefen. – Reuters

Geen einde aan oorlog in sig...

Die M23-rebelle is deel van die Kongorivier-alliansie, wat die regering van die Demokratiese Republiek die Kongo beskuldig van die herhaalde skendings van vredesooreenkomste. Foto: Reuters


2025-09-01 17:30:22

VSA-oorlogskepe 'misdadige' bedreiging vir vasteland, maan Maduro

Agt Amerikaanse oorlogskepe met sowat 1 200 missiele het Venezuela in hul visier, het pres. Nicolás Maduro Maandag gewaarsku.

Hy beskryf dit as ’n “absoluut misdadige, bloedige bedreiging”. Amerika, wat Maduro daarvan beskuldig dat hy die leier van ’n dwelmkartel is, het onlangs oorlogskepe na die suidelike Karibiese See gestuur as deel van ’n operasie teen dwelmhandel.

Die Amerikaanse regering het egter geen planne aangekondig om Venezuela in te val nie.

Maduro het die Amerikaanse teenwoordigheid as “die grootste bedreiging wat ons vasteland in 100 jaar ervaar het”, op ’n mediakonferensie bestempel. – AFP


2025-09-01 17:44:58

Poetin, Modi gesels lank in gepantserde presidentsvoertuig op beraad

Narendra Modi, premier van Indië, en pres. Wladimir Poetin is Maandag op die Shanghai-samewerkingsorganisasie (SCO) se beraad gesien terwyl hulle, vergesel deur tolke, hartlik gesels het.

Die twee leiers is ook afgeneem waar hulle blad skud en later terwyl hulle samesprekings gevoer het. Volgens Russiese staatsmedia het Modi en Poetin byna ’n uur lank privaat in Poetin se gepantserde presidentsvoertuig gesels voor die beraad in Tianjin, China.

Modi beskryf dié vergadering as “inskiklik en insiggewend” op sosiale media.

Hy het die “spesiale en bevoorregte strategiese vennootskap” met Rusland geloof, maar ook beklemtoon dat Indië wil hê albei kante in die Oekraïne-konflik moet volhoubare vrede vind. – AFP


2025-09-01 18:04:58

Protesoptog in Kolkata in solidariteit met Palestina

Left organizations hold a protest rally in India, on September 1, 2025, carrying US President Donald Trump face masks and India and Palestine flags. Left organizations hold a protest rally in India, on September 1, 2025, carrying US President Donald Trump face masks and India and Palestine flags. They condemn Israel and America over the attack on the Gaza Strip and show solidarity with the people of Palestine. (Photo by Debajyoti Chakraborty/NurPhoto via Getty Images) (NurPhoto/NurPhoto via Getty Images)

Betogers hou Maandag plakkate vas waar die spot gedryf word met pres. Donald Trump tydens ’n betoging in Kolkata, Indië. Indiese en PalestynseVlae van Indië en Palestina is ook rondgeswaai. Foto: Getty Images


2025-09-01 18:12:24

EU staan vas agter sy tegnologiereëls, ondanks Trump se dreigemente

Die Europese Unie (EU) sal aanhou om sy tegnologiereëls in alle lidlande af te dwing, het Henna Virkkunen, digitale hoof van die EU, Maandag benadruk,  ondanks dreigemente deur pres. Donald Trump.

Virkkunen beklemtoon dat die regulasies onder meer die reg op vryheid van uitdrukking beskerm. “Ek gaan aanhou om dit af te dwing, vir ons kinders, burgers en ondernemings.”

Dié nuwe reëls is deel van die EU se breër poging om groot tegnologiemaatskappye te reguleer, privaatheid te beskerm en gelyke digitale regte te verseker.

Sedert die EU die wetgewing ingestel het, het spanning tussen Die EU en Amerika ontstaan oor hoeveel beheer die EU oor tegnologie wil uitoefen. – AFP


2025-09-01 18:18:42

Sirië voer ruolie uit vir eerste keer in 14 jaar

Sirië het Maandag 600 000 vate ruolie vanuit die Tartus-hawe uitgevoer as deel van ’n ooreenkoms met ’n handelsmaatskappy.

’n Siriese regeringsamptenaar sê dis die eerste amptelike uitvoer van Siriese olie in 14 jaar. Sirië het in 2010 daagliks 380 000 vate olie uitgevoer, ’n jaar voordat protesoptogte teen oudpres. Basjar al-Assad se bewind in ’n bykans 14 jaar lange oorlog ontaard het wat die land se ekonomie en infrastruktuur verwoes het.

Al-Assad is in Desember 2024 omvergewerp en die Islamiste-geleide regering wat hom vervang het, het onderneem om Sirië se ekonomie weer op die been te bring. – Reuters


2025-09-01 18:37:32

Bessent verdedig Trump se reg om Fed-goewerneur af te dank

Die Federale Reserweraad (Fed) “is en moet onafhanklik wees”, maar Scott Bessent, Amerikaanse minister van finansies, meen die instelling begaan “baie foute”.

Bessent het Maandag pres. Donald Trump se reg verdedig om Lisa Cook, Fed-goewerneur, te ontslaan te midde van bewerings van bedrog.

Trump kritiseer die Fed en Jerome Powell, Fed-voorsitter, reeds maande lank weens hul besluit om nie rentekoerse te verlaag nie.

“Die Fed moet onafhanklik wees. Die Fed is onafhanklik, maar ek dink hy het baie foute gemaak,” sê Bessent.

Die Fed is sedert 1913 Amerika se sentrale bank en word tradisioneel beskou as polities neutraal, hoewel spanning met die president soms voorkom. – Reuters

US Treasury Secretary Scott Bessent gestures during a news conference in Geneva on May 12, 2025, to give details of "substantial progress" following a two-day… US Treasury Secretary Scott Bessent gestures during a news conference in Geneva on May 12, 2025, to give details of "substantial progress" following a two-day closed-door meeting between US and China top officials aimed at ending a devastating tariff war. (Photo by Fabrice COFFRINI / AFP) (Photo by FABRICE COFFRINI/AFP via Getty Images) (FABRICE COFFRINI/AFP via Getty Images)

Bessent verdedig Trump...

Scott Bessent, Amerikaanse minister van finansies. Hy het Maandag pres. Donald Trump se reg verdedig om Lisa Cook, Fed-goewerneur, te ontslaan te midde van bewerings van bedrog. Foto: Getty Images


2025-09-01 19:01:45

Vetgesmeer en gereed vir enigiets

Traditional oil wrestling competition in the village of Cherna Wrestlers covered in oil pose before a traditional oil wrestling competition in the village of Cherna, Bulgaria, August 31, 2025. REUTERS/Stoyan Nenov TPX IMAGES OF THE DAY (Stoyan Nenov/REUTERS)

Stoeiers besmeer met olie poseer Maandag voor die aanvang van ’n tradisionele oliestoeikompetisie in die dorp Tsjerna, Bulgarye. Foto: Reuters


2025-09-01 19:09:32

Nestlé-hoof in pad gesteek oor kantoorromanse

Die Switserse voedselreus Nestlé het Maandag aangekondig dat Laurent Freixe summier as uitvoerende hoof ontslaan is oor ’n "romantiese verhouding met ’n direkte ondergeskikte".

Die vervaardiger van onder meer Nespresso-koffiekapsules en KitKat-sjokolade het gesê Freixe se afdanking volg op ’n ondersoek na die verhouding, “wat Nestlé se gedragskode oortree het", lui ’n verklaring van die maatskappy. – AFP


2025-09-01 19:32:36

VN vra ondersoeke na dodelike Indonesiese betogings

Die Verenigde Nasies (VN) het Maandag ondersoeke geëis na die beweerde gebruik van uitermatige geweld nadat ses mense in betogings oor Indonesië heen dood is. Die betogings is onder meer weens woede oor wetgewers se luukse voordele ontketen.

Die betogings het vreedsaam begin, maar het gewelddadig geword ná beeldmateriaal gewys het hoe 'n voertuig van die land se elite- paramilitêre polisie-eenheid verlede week ’n afleweraar omry.

Betogings het sedertdien van Jakarta na ander groot stede oorgespoel in die ergste oproer sedert pres. Prabowo Subianto minder as ’n jaar gelede aan die bewind gekom het. – AFP

A man sprays graffiti on a tin wall during a protest demanding police reform and the dissolution of the parliament, in front of the Aceh House of… A man sprays graffiti on a tin wall during a protest demanding police reform and the dissolution of the parliament, in front of the Aceh House of Representatives (DPRA) building in Banda Aceh on September 1, 2025. Thousands rallied across Indonesia on September 1, as the military was deployed in the capital after six people were killed in nationwide protests sparked by anger over lavish perks for lawmakers. (Photo by Chaideer MAHYUDDIN / AFP) (CHAIDEER MAHYUDDIN/AFP)

’n Betoger spuit Maandag graffiti op ’n sinkplaatmuur ten tyde van ’n betoging in Banda Aceh, Indonesië, oor onder meer luukse voordele vir parlementslede. Foto: AFP


2025-09-01 20:04:47

Rouklaers groet vir oulaas in Gasa

Mourners react during the funeral of Palestinians killed by Israeli fire while trying to receive aid, in Khan Younis Mourners attend the funeral of Palestinians killed by Israeli fire while trying to receive aid on Sunday, according to medics, at Nasser Hospital in Khan Younis, southern Gaza Strip, September 1, 2025. REUTERS/Ramadan Abed TPX IMAGES OF THE DAY (Ramadan Abed/REUTERS)

Rouklaers op die begrafnis Maandag van Palestyne wat volgens medici in die Gasastrook Sondag in Israeliese aanvalle op Chan Joenis dood is terwyl hulle op voedselhulp gewag het. Foto: Reuters


2025-09-01 20:08:59

Ghana se hoofregter kry trekpas oor wangedrag

Pres. John Mahama van Ghana het Maandag gesê hy onthef die land se hoofregter van haar amp nadat ’n ondersoek bevind het sy is skuldig aan wangedrag.

Gertrude Torkonoo (61), die derde vrou wat aan die hoof van Ghana se hooggeregshof staan, is uit die amp waarin sy in 2023 aangestel is, geskors nadat klagtes teen haar ingedien is.

’n Komitee wat deur Mahama aangestel is, het die klagtes teen Torkonoo ondersoek, onder meer bewerings van die vervalsing van regterlike rekords en die misbruik van openbare fondse. – AFP


2025-09-02 03:30:11

Brittanje sit fondse uiteen vir Afganistan

Brittanje het noodfinansiering uiteengesit vir diegene wat deur die aardbewings in Afganistan geraak is.

Brittanje sê hy sal verseker dat die hulp nie na die land se Taliban-administrasie gaan nie deur dit via sy vennote te versprei.

Sondag se ramp, een van Afganistan se ergste aardbewings tot nog toe, het meer as 800 mense dood gelaat en minstens 2 800 beseer, het owerhede Maandag gesê terwyl reddingsoperasies voortgeduur het.

Die Taliban het ’n beroep om hulp van die internasionale gemeenskap gedoen. – Reuters

Afghan volunteers dig graves following earthquakes in the Mazar Dara village of Nurgal, a district of the Kunar Province, in Eastern Afghanistan, on September… Afghan volunteers dig graves following earthquakes in the Mazar Dara village of Nurgal, a district of the Kunar Province, in Eastern Afghanistan, on September 1, 2025. More than 800 people have died and over 2,700 were injured from August 31 night to September 1, 2025, in eastern Afghanistan after a 6-magnitude earthquake, followed by at least five aftershocks felt hundreds of kilometers away. (Photo by Wakil Kohsar / AFP) (WAKIL KOHSAR/AFP)

Afgaanse vrywilligers grawe grafte ná aardbewings in Noergal, ’n distrik van die Koenar-provinsie, in die ooste van Afganistan. Foto: AFP


2025-09-02 03:36:38

Meer as 300 uit Rostof geskuif ná Oekraïense aanval

Meer as 300 mense is oornag uit hul woonstelle verwyder ná ’n Oekraïense hommeltuigaanval op die Rostof-streek in Rusland.

“ ’n Onontplofte granaat van 'n onbemande vliegtuig is in een van die woonstelle ontdek,” sê Joeri Sljoesar, goewerneur van Rostof.

Die gebied met 320 inwoners is as ’n voorsorgmaatreël ontruim.

Die aanval het verskeie woonstelgeboue beskadig en klein brande veroorsaak. Drie mense, insluitend ’n kind, is beseer. – Reuters


2025-09-02 03:47:18

Viëtnam vier 80ste onafhanklikheidsdag op ongekende skaal

Viëtnam het Dinsdag die 80ste herdenking van sy onafhanklikheidsverklaring van koloniale bewind gevier met sy grootste militêre parade in dekades, ongekende kontantuitdelings en die vrylating van byna 14 000 gevangenes.

Tienduisende mense het in die strate van die hoofstad, Hanoi, saamgedrom, van wie die meeste rooi hemde aangehad en Viëtnamese vlae geswaai het. Die parade het ook Viëtnam se mees gevorderde militêre toerusting ten toon gestel.

Duisende Viëtnamese soldate en militêre personeel van China, Rusland en ander lande het aan die viering deelgeneem. – Reuters

Vietnam celebrates 80 years of Independence Vietnamese troops march during a parade marking Vietnam's 80th National Day anniversary, at a street in Hanoi, Vietnam, September 2, 2025. LUONG THAI LINH /Pool via REUTERS (LUONG THAI LINH / POOL/via REUTERS)

Viëtnamese troepe marsjeer in ’n parade ter viering van sy 80ste jaar van onafhanklikheid op ’n straat in Hanoi, Viëtnam. Foto: Reuters/Pool


2025-09-02 04:01:40

Minstens 1 000 dood ná grondverskuiwing in Soedan

Minstens 1 000 mense is Sondag dood in ’n grondverskuiwing wat ’n dorpie in die Marra-gebergtes in die weste van Soedan vernietig het.

Slegs een persoon het oorleef ná die grondverskuiwing wat op 31 Augustus ná dae van swaar reënval plaasgevind het, het die Soedan-bevrydingsbeweging (SLM) Maandag gesê. Die beweging het ’n beroep op die Verenigde Nasies en internasionale hulpagentskappe gedoen om te help om die lyke van slagoffers te herwin. – Reuters


2025-09-02 04:06:25

Bote met hulp verlaat weer Barcelona vir Gasa

Tientalle bote gelaai met voorraad vir Gasa het Maandagaand die hawe van Barcelona in Spanje verlaat nadat stormagtige weer hulle gedwing het om vroeër na die hawe terug te keer.

“Bery, bevry Palestina!” het sommige aktiviste by die hawe geskree.

Pro-Palestynse aktiviste, insluitend die klimaataktivis Greta Thunberg, is op die bote wat daarop gemik is om voedsel en humanitêre voorrade aan Gasa te lewer. – Reuters


2025-09-02 04:22:13

Minstens 20 vermis in Indonesiese betogings

Minstens 20 mense word in Indonesië vermis in die gewelddadige betogings in Indonesië.

Die betogings,  wat woede teen die polisie insluit, is veroorsaak deur oordadige voordele vir wetgewers.

Minstens ses mense is dood sedert betogings verlede week uitgebreek het. Dit is boonop vererger deur beeldmateriaal wat versprei is van die moord op ’n jong afleweringsbestuurder deur ’n paramilitêre polisie-eenheid.

Die nasionale polisie het nie onmiddellik op ’n versoek om kommentaar gereageer nie. – AFP

Anti-government protest outside regional parliament building in Bandung Protesters carry items to be burned outside the regional parliament building during a protest against the government's spending priorities, such as enhanced perks for lawmakers, in Bandung, West Java province, Indonesia, September 1, 2025. REUTERS/Dimas Wibisono (Dimas Wibisono/REUTERS)

Betogers dra Maandag items om buite die streeksparlementsgebou te verbrand in Bandung, Wes-Java-provinsie, Indonesië. Foto: AFP


2025-09-02 05:01:28

Russies-Chinese bande op ‘ongekende vlak’

Pres. Wladimir Poetin van Rusland het Dinsdag in gesprekke in Beijing voor ’n militêre parade aan sy Chinese ampsgenoot gesê hul lande se betrekkinge is tans op ’n “ongekende vlak”.

“Ons noue kommunikasie weerspieël die strategiese aard van Russies-Chinese betrekkinge, wat tans op ’n ongekende vlak is,” het Poetin aan pres. Xi Jinping gesê.

Oor samewerking tussen die twee lande gedurende die oorlog, sê Poetin: “Ons was nog heeltyd saam en ons bly saam.” – AFP

In this pool photograph distributed by the Russian state agency Sputnik, Russia's President Vladimir Putin (L) shakes hands with China's President Xi Jinping during a meeting in Beijing on September 2, 2025. (Photo by Sergey Bobylev / POOL / AFP) (SERGEY BOBYLEV/AFP)

Pres. Wladimir Poetin van Rusland skud Dinsdag in Beijing hand met pres. Xi Jinping van China. Foto: AFP/Pool


2025-09-02 05:21:29

13 glo dood in aanvalle op Gasastad

Dertien mense is oornag in Israeliese aanvalle op ’n woonstel en ’n residensiële gebou in Gasastad dood.

Mahmoed Bassal, woordvoerder van Gasa se verdedigingsagentskap, sê Israeliese oorlogsvliegtuie het die boonste verdieping van ’n residensiële gebou in die suidweste van Gasastad getref, waarin 10 mense gevolglik dood is.

Bassal sê Israeliese helikopters het ook ’n woonstel in die weste van die stad getref, waar drie mense dood is en verskeie ander gewond. – AFP


2025-09-02 05:22:27

Vrou in Nigerië doodgebrand ná 'lastering' teen Islam

’n Skare het die naweek ’n vrou in Sentraal-Nigerië doodgebrand nadat hulle haar van godslastering teen Islam beskuldig het.

Die vrou is Saterdag aan die brand gesteek in ’n aanval deur 'n menigte nadat sy glo opmerkings oor die profeet Mohammed gemaak het, sê Wasiu Abiodun, polisiewoordvoerder in die Niger-staat.

Abiodun het bygevoeg dat die polisie enige daad van boendoegeregtigheid veroordeel en lede van die publiek aangespoor om kalm te bly tydens die soektog na die aanvallers. – AFP


2025-09-02 06:13:08

Homoseksualiteit nou onwettig in Burkina Faso

Burkina Faso het ’n wet aanvaar wat homoseksualiteit verbied en strawwe van tot vyf jaar tronkstraf instel.

Die konsepwet is eenparig aangeneem deur 71 onverkose lede van ’n oorgangsparlement wat sedert twee staatsgrepe in 2022 in die land in plek is.

“As ’n persoon ’n oortreder van homoseksuele of soortgelyke praktyke – al daai bisarre gedrag – is, sal hulle voor die regter verskyn,” sê Edasso Rodrigue Bayala, minister van justisie. – AFP


2025-09-02 06:55:43

Duisende troepe van Noord-Korea sneuwel in Oekraïne, sê Suid-Korea

Bykans 2 000 Noord-Koreaanse soldate wat ontplooi is om Rusland in sy oorlog teen Oekraïne te help, is na raming reeds dood.

Seoel se nasionale intelligensiediens het in April gesê die getal soldate wat in die oorlog gesneuwel het, was minstens 600.

Maar gebaseer op opgedateerde ontledings, raam die intelligensiediens nou dat ongeveer reeds 2 000 dood is, het die wetgewer Lee Seong-kweun gesê.

Suid-Koreaanse en Westerse intelligensie-agentskappe het gesê die Noord-Koreaanse regering het verlede jaar meer as 10 000 soldate na Rusland gestuur. – AFP


2025-09-02 07:32:52

Rudy Giuliani gaan hoogste burgerlike eerbewys ontvang

Pres. Donald Trump gaan die presidensiële vryheidsmedalje aan Rudy Giuliani, oudburgemeester van New York, toeken.

Die medalje word beskou as Amerika se hoogste burgerlike eerbewys en word tradisioneel toegeken aan individue wat voorbeeldige bydraes gelewer het tot die voorspoed, waardes of beveiliging van Amerika, wêreldvrede of ander belangrike maatskaplike, openbare of private pogings.

Trump het Giuliani Maandag beskryf as “die wonderlikste burgemeester in die geskiedenis van die stad New York, en net so ’n wonderlike Amerikaanse patriot”. – Reuters

Rudy Giuliani, former Mayor of New York City addresses at ROME, ITALY - 2025/07/31: Rudy Giuliani, former Mayor of New York City addresses at the Free Iran World Summit 2025 emphasizing the importance of backing the NCRI's democratic movement. The Free Iran World Summit 2025 convened July 31 2025 gathering lawmakers, international dignitaries and Iranian opposition leader Maryam Rajavi in a unified call for regime change in Iran. The event underscored support for the National Council of Resistance of Iran's (NCRI) democratic roadmap and Maryam Rajavi 's Ten Point Plan. (Photo by Siavosh Hosseini/SOPA Images/LightRocket via Getty Images) (SOPA Images/SOPA Images/LightRocket via Gett)

Rudy Giuliani, oudburgemeester van die stad New York. Foto: Getty Images/SOPA Images/LightRocket


2025-09-02 07:44:42

Afgaanse skudding: Dodetal styg tot 1 124

Die dodetal weens ’n aardbewing in Afganistan het tot 1 124 gestyg, het die Afgaanse Rooi Halfmaanvereniging, ’n humanitêre groep wat in die streek werk, Dinsdag gesê.

Minstens 3 251 mense is beseer en meer as 8 000 huise is in die ramp in puin gelê, het die groep gesê.

Reddingswerkers in Afganistan sal Dinsdag probeer om afgeleë dorpies in die Koenar-streek te bereik. – Reuters


2025-09-02 08:42:14

Amerika teiken Venezuela met missiele, sê Maduro

Pres. Nicolás Maduro van Venezuela het Maandag gesê dat agt Amerikaanse militêre skepe met 1 200 missiele sy land teiken.

Amerika het ’n ontplooiing van oorlogskepe na die suide van die Karibiese Eilande aangekondig in wat hulle ’n operasie teen dwelmsmokkelary noem.

Nietemin het Maduro Maandag uitgevaar teen “die grootste bedreiging wat die afgelope 100 jaar op ons vasteland gesien is” in die vorm van “agt militêre skepe met 1 200 missiele en ’n duikboot wat Venezuela teiken”. – AFP


2025-09-02 08:47:59

Madagaskar ontvang skedels uit koloniale era

Madagaskar het Dinsdag seremonieel drie skedels uit die koloniale era van Frankryk in ontvangs geneem, 128 jaar nadat hulle uit die land geneem is.

Openbare druk het die afgelope paar jaar toegeneem op voormalige koloniale moondhede soos Frankryk en Brittanje om artefakte wat uit Afrika en Asië geneem is, terug te besorg.

Die skedels, vermoedelik dié van koning Toera en twee ander lede van die Sakalava- etniese groep, is formeel aan Madagaskar oorhandig tydens ’n seremonie wat laat in Augustus by die Franse ministerie van kultuur gehou is. – Reuters


2025-09-02 08:53:43

VN bekommerd oor die komende verkiesing in Kameroen

Die Verenigde Nasies (VN) sê toenemende beperkings op vryhede in Kameroen het vrese laat ontstaan of kiesers in die komende presidentsverkiesing vrylik vir hul kandidaat sal mag stem.

Pres. Paul Biya (92) van Kameroen wil in die verkiesing wat op 12 Oktober gehou word vir nog ’n termyn van sewe jaar verkies word om sy byna 43 jaar aan bewind te verleng.

“ ’n Veilige en bemagtigende omgewing vir menseregte is noodsaaklik vir vreedsame, inklusiewe en geloofwaardige verkiesings. Dit blyk ongelukkig dat dit nie die geval in Kameroen is nie,” het Volker Türk, menseregtehoof van die VN, gesê. – AFP


2025-09-02 09:26:30

2 Hamas-gyselaars se lyke begrawe

Twee gyselaars wie se lyke verlede week in Gasa gevind is, is Maandag deur familie en vriende in Israel in aparte seremonies begrawe.

Die Israeliese weermag het Vrydag die terugkeer van die oorskot van Idan Shtivi (28) en Ilan Weiss (55) uit Gasa aangekondig, byna 23 maande nadat hulle albei op 7 Oktober 2023 in ’n aanval deur Hamas vermoor is.

Van die 251 mense wat tydens Hamas se aanval as gyselaars geneem is, word 47 steeds vermis. Volgens die weermag word daar vermoed dat 25 van daardie 47 gyselaars in Gasa dood is. – AFP

The mother of Israeli hostage Idan Shtivi and relatives react by his coffin during a funeral in Kfar Maas, in central Israel, on September 1, 2025, days after the remains of two hostages were recovered from Gaza in a military operation. Idan Shtivi was 28 when he was killed on October 7, 2023, at the Nova music festival, where he was attending as a photographer when it was attacked by Hamas-led militants from the Gaza Strip. For a year his family held out hope that he was alive, before being informed by the authorities on the eve of the first anniversary of the attack, that the young man had been killed at the festival. (Photo by Maya Levin / AFP) (MAYA LEVIN/AFP)

Die ma van die Israeliese gyselaar Idan Shtivi en familielede huil langs sy kis op sy begrafnis in Kfar Ma'as in sentraal-Israel. Foto: AFP


2025-09-02 09:32:14

België gaan ook Palestynse staat erken

België gaan vandeesmaand ’n Palestynse staat by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering erken, sê Maxime Prevot, minister van buitelandse sake.

Dit dra by tot internasionale druk op Israel ná soortgelyke stappe deur Australië, Brittanje, Kanada en Frankryk.

Die besluit kom “in die lig van die humanitêre tragedie wat in Palestina ontvou, veral in Gasa, en in reaksie op die geweld wat deur Israel gepleeg word in stryd met internasionale reg”, sê Prevot. – Reuters


2025-09-02 10:26:53

Rusland nie gekant teen Oekraïne se aansluiting by EU

Pres. Wladimir Poetin van Rusland sê Moskou het nog nooit Oekraïne se potensiële lidmaatskap van die Europese Unie (EU) teengestaan nie.

Hy dink dit is moontlik om ’n ooreenkoms te bereik oor die versekering van die veiligheid van Rusland sowel as Oekraïne.

“Wat Oekraïne se lidmaatskap van die EU betref, het ons nog nooit hierteen beswaar gemaak nie. Wat (lidmaatskap van) die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie betref, dit is ’n ander kwessie.” – Reuters


2025-09-02 10:28:07

RN-party versoek ontbinding van Franse parlement

Frankryk se regse Nasionale Rally(RN)-party het pres. Emmanuel Macron Dinsdag versoek om die parlement te ontbind en ’n onmiddellike verkiesing aan te kondig.

Volgens die RN gaan premier Francois Bayrou se pogings om die ineenstorting van sy regering te voorkom, misluk.

Die RN en ander opposisiepartye het gesê hulle sal die minderheidsregering in ’n mosie op 8 September omverwerp.

Bayrou het hierdie mosie verlede week onverwags aangekondig terwyl hy omstrede planne oor die begroting probeer deurvoer het. – Reuters


2025-09-02 11:17:41

Depardieu moet teregstaan op beweerde verkragting van aktrise

Gérard Depardieu, bekende Franse akteur, is Dinsdag deur 'n regter beveel om strafregtelik tereg te staan op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding van die aktrise Charlotte Arnould in 2018.

Dit volg op 'n vorige vonnis in Mei vanjaar, toe 'n hof in Parys Depardieu 'n opgeskorte vonnis van 18 maande opgelê het nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy twee vroue in 2021 tydens 'n rolprentverfilming seksueel aangerand het.

Die Arnould-saak, waarin die hof hom nou beveel het om te verskyn, hou egter verband met 'n onverwante aanklag wat tot  2018 terugstrek. – AFP

'n Argieffoto van die Franse akteur Gérard Depardieu waar hy 'n hofgebou in Parys, Frankryk verlaat. Foto: Getty Images


2025-09-02 11:36:58

Depardieu moet teregstaan op aanklag van verkragting

French actor Gerard Depardieu arrives for his trial in which he is charged with sexually assaulting two women during a film shoot in 2021, at the Paris… French actor Gerard Depardieu arrives for his trial in which he is charged with sexually assaulting two women during a film shoot in 2021, at the Paris criminal court in the Tribunal de Paris courthouse, on March 26, 2025. Depardieu, 76, who has made more than 200 films and television series, has been accused of improper behaviour by around 20 women but this is the first case to come to trial. The two plaintiffs -- Amelie, 54, a set dresser, and Sarah (name changed), 34, an assistant director -- allege sexual assault during the filming in 2021 of "Les Volets Verts" ("The Green Shutters") by director Jean Becker. (Photo by Dimitar DILKOFF / AFP) (Photo by DIMITAR DILKOFF/AFP via Getty Images) (DIMITAR DILKOFF/AFP via Getty Images)

'n Argieffoto van die Franse akteur Gérard Depardieu waar hy 'n hofgebou in Parys, Frankryk, verlaat. Depardieu is Dinsdag deur 'n regter beveel om strafregtelik tereg te staan op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding van die aktrise Charlotte Arnould in 2018. Foto: Getty Images


2025-09-02 11:41:05

Xi sê China is gekant teen geweld

Pres. Xi Jinping van China het Dinsdag aan pres. Masoed Pezesjkian van Iran gesê dat China die gebruik van geweld om verskille op te los teenstaan, berig staatsmedia.

"Die gebruik van geweld is nie die regte manier om verskille op te los nie. Kommunikasie en dialoog is die regte pad om blywende vrede te bereik," het Xi tydens gesprekke in Beijing aan Pezesjkian gesê, volgens die staatsuitsaaier CCTV. – AFP


2025-09-02 11:46:32

400 kinders vergiftig by skole in Indonesië

Ongeveer 400 kinders het siek geword ná gratis maaltye by skole in Bengkulu, Indonesië. Dit is die ergste geval tot nog toe van massavergiftiging wat verbind word met pres. Prabowo Subianto se voedselskemaprogram.

Dié program, wat in Januarie geloods is vir kinders en swanger vroue, het reeds in verskeie streke tot honderde siektegevalle  gelei. In Sentraal-Java is verlede maand 365 mense vergiftig weens swak sanitasie.

In Bengkulu is kinders tussen vier en 12 jaar oud weens maagpyn na hospitale geneem. – Reuters


2025-09-02 12:01:37

Rusland, China moet nog onderhandel oor prys van aardgas

Rusland het ingestem om meer aardgas aan China te lewer en ’n ooreenkoms oor die bou van ’n groot pypleiding daarvoor onderteken.

Die presiese prys vir die lewering van die aardgas is egter nog nie vasgestel nie. Die verhouding tussen Rusland en China het versterk nadat Westerse lande sanksies teen Rusland ingestel het weens die voortslepende oorlog in Oekraïne.

Pres. Xi Jinping van China het egter gewys dat hy nie sal bes gee weens Amerikaanse druk om betrekkinge  met Rusland te verbreek nie.

Pres. Wladimir Poetin en Xi, wat albei baklei teen die vernedering weens die ineenstorting van die Sowjetunie in 1991 en eeue van Europese koloniale oorheersing van China, sê die wêreld betree 'n nuwe era met die Weste in verval. – Reuters


2025-09-02 12:12:24

Trump wil ook soldate na Chicago stuur

Pres. Donald Trump het Dinsdag belowe om "die misdaadprobleem" in Chicago op te los.

Hy beskou Chicago as die gevaarlikste stad ter wêreld en wil soldate na die Midde-Westelike metropool stuur.

"Ek sal die misdaadprobleem vinnig oplos, net soos ek in (Washington) DC het," het Trump gesê, met verwysing na sy ontplooiing van reserviste van die Nasionale Garde  in die strate van die Amerikaanse hoofstad wat verlede maand begin het.

Volgens Trump sal "Chicago binnekort weer veilig wees”. – AFP

TOPSHOT - National Guard troops secure the police station in Ferguson, Missouri, a day after violent protests and looting following the grand jury decision in the fatal shooting of an 18-year-old black teenager Michael Brown. Missouri Governor Jay Nixon told reporters that a total of 2,200 National Guard troops were being deployed in the St Louis area on November 25, triple the 700 sent out the night before. Looting erupted and businesses were set ablaze in the St Louis suburb a grand jury opted not to indict white police officer Darren Wilson for the fatal shooting of unarmed black teenager Michael Brown in August. AFP PHOTO/Jewel Samad (Photo by JEWEL SAMAD / AFP) (Photo by JEWEL SAMAD/AFP via Getty Images) (JEWEL SAMAD/AFP via Getty Images)

Lede van die Nasionale Garde staan wag. Pres. Donald Trump wil nou ook die Nasionale Garde in Chicago ontplooi om “die misdaadprobleem” te pak. Foto: AFP


2025-09-02 12:27:34

Brasiliaanse hof begin met uitspraak in Bolsonaro-verhoor

Brasilië se hooggeregshof het Dinsdag begin met die beraadslaging oor die uitspraak in die verhoor van oudpres. Jair Bolsonaro, wat daarvan beskuldig word dat hy 'n staatsgreep beplan het om die mag te behou nadat hy die 2022-verkiesing verloor het.

Regter Cristiano Zanin het die sitting in Brasilia geopen. Bolsonaro, wat uitgesproke steun van pres. Donald Trump gewen het en onder huisarres is, sal na verwagting nie die verhoor bywoon nie. – AFP


2025-09-02 13:13:28

Xi verwelkom 'ou vriend' Poetin, Noord-Korea se Kim

Pres. Xi Jinping van China het Dinsdag sy Russiese en Noord-Koreaanse ampsgenote vir die eerste keer in Beijing byeengeroep, ’n blyk van solidariteit met lande wat deur die Weste vermy word weens hul rol in Europa se ergste oorlog in 80 jaar.

Xi het pres. Wladimir Poetin vir gesprekke by die Groot Volksaal en toe by sy persoonlike woning onthaal en hom sy “ou vriend” genoem.

’n Paar uur later het Kim Jong-oen in sy gepantserde trein in die Chinese hoofstad aangekom. Noord-Koreaanse staatsmedia het Kim se aankoms bevestig en berig dat hy deur Chinese amptenare, onder wie Wang Yi, minister van buitelandse sake, begroet is. – Reuters

’n Skermgreep van AFPTV se videomateriaal wys die aankoms van ’n trein wat al voorheen deur die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, gebruik is, Dinsdag by ’n treinstasie in Beijing. Foto: AFPTV via AFP


2025-09-02 13:21:21

Afganistan weer deur aardbewing getref

’n Aardbewing met ’n sterkte van 5,2 het Dinsdag die oostelike dele van Afganistan getref naby die episentrum van ’n kragtige aardbewing oor die naweek waartydens meer as 1 400 mense gesterf het.

Volgens die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) was die episentrum van die aardbewing sowat 34 km noordoos van die  stad Djalalabad in die Nangarhar-provinsie. – AFP


2025-09-02 13:28:38

Regter stuit ontplooiing van soldate in Kalifornië

’n Federale regter in San Francisco het die Trump-administrasie se ontplooiing van die Nasionale garde in Kalifornië om misdaad te bekamp, voorlopig gekeer.

Regter Charles Breyer het Dinsdag die bevel uitgereik, maar die besluit tot 12 September uitgestel. In Junie het Trump 4 000 lede van die Nasionale Garde en 700 seesoldate na Los Angeles gestuur ná betogings teen immigrasie-klopjagte.

Die ontplooiing het spanning verhoog. Die Demokrate voer aan Trump gebruik militêre mag om teenstand teen sy streng immigrasiebeleid te onderdruk.

Die Trump-administrasie hou vol dat sy optrede wettig is om federale personeel en eiendom te beskerm. – Reuters


2025-09-02 14:01:19

Jy sal nie glo wat sê Donald toe vir my nie…

Russian President Vladimir Putin meets with Chinese President Xi Jinping in Beijing Russian President Vladimir Putin and Chinese President Xi Jinping attend a meeting in Beijing, China September 2, 2025. Sputnik/Alexander Kazakov/Pool via REUTERS ATTENTION EDITORS - THIS IMAGE WAS PROVIDED BY A THIRD PARTY. TPX IMAGES OF THE DAY (Alexander Kazakov/via REUTERS)

Press. Wladimir Poetin van Rusland (links) en Xi Jinping van China vergader Dinsdag in Beijing, China. Foto: Reuters


2025-09-02 14:05:40

Selfdood maak een uit elke 100 sterftes uit – WGO

Meer as een uit elke 100 sterftes wêreldwyd is as gevolg van selfdood, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) Dinsdag gesê en gevra vir dringende optrede om ’n toenemende geestesgesondheidskrisis, veral onder jongmense, aan te pak.

“Wêreldwyd is selfdood verantwoordelik vir meer as een uit elke 100 sterftes, en vir elke sterfte is daar 20 pogings tot selfdood,” het die hoof van die WGO se departement vir nie-oordraagbare siektes en geestesgesondheid gesê. – AFP


2025-09-02 14:31:09

Bolsonaro wou ‘diktatorskap’ vestig, sê Brasiliaanse regter

Een van die Brasiliaanse regters wat oor die uitspraak in Jair Bolsonaro se staatsgreep-verhoor besin, het Dinsdag gesê die regse voormalige president wou ’n diktatorskap vestig.

Bolsonaro wou ’n “ware diktatorskap” hê toe hy die beweerde staatsgreep van stapel gestuur het om aan bewind te bly nadat hy die presidentsverkiesing teen die linkse Luiz Inácio Lula da Silva verloor het, het die regter gesê aan die begin van die beraadslagings oor die uitspraak.

Brasilië se hooggeregshof het Dinsdag begin met die beraadslaging oor die uitspraak. – AFP


2025-09-02 15:00:42

As julle ons soek, sal julle ons kry!

People protest against the Trump administration's immigration policies in Portland ICE agents charge towards protesters during a protest against the U.S. President Donald Trump administration's immigration policies, outside an ICE detention facility in Portland, Oregon, U.S., September 1, 2025. REUTERS/John Rudoff TPX IMAGES OF THE DAY (John Rudoff/REUTERS)

Agente van die Amerikaanse agentskap vir immigrasie-en-doeane-afdwinging (Ice) bestorm ’n skare mense wat teen die Trump-administrasie se immigrasiebeleid betoog buite ’n Ice-aanhoudingsentrum in Portland, Oregon. Foto: Reuters


2025-09-02 15:35:22

‘Ruimtevaarder’ bedrieg verliefde Japannese bejaarde

’n Japannese bejaarde is uit duisende dollars bedrieg nadat sy aanlyn verlief geraak het op ’n “ruimtevaarder” wat haar hulp nodig gehad het om ’n “krisis op ’n ruimteskip” te voorkom, het die polisie Dinsdag gesê.

Die vrou van die noordelike Hokkaido-eiland het die bedrieër in Julie op sosiale media ontmoet. Ná ’n paar aanlyn gesprekke het die bedrieër aan haar gesê dat hy “in die ruimte aan boord van ’n ruimteskip is”, maar dat hy “aangeval word en suurstof nodig het”, het die polisie gesê.

Die bedrieër het haar toe oorreed om sowat $6 700 aan hom oor te betaal. – AFP


2025-09-02 15:43:37

Polisie skiet man dood wat 4 in Marseille met mes steek

Die Franse polisie het Dinsdag ’n man doodgeskiet wat daarvan verdink word dat hy minstens vier mense in die middestad van die suidelike hawestad Marseille met ’n mes gesteek het. Volgens die polisie het die aanvaller mense naby ’n bekende dwelmhandel-perseel aangeval voordat polisiebeamptes ingegryp en die verdagte doodgeskiet het.

Volgens die polisie is die slagoffers nie in ’n kritieke toestand nie.


2025-09-02 16:01:26

Soos kamele ter slagting

A group of camels ahead of the ritual at the Islamic Center in Mogadishu A group of camels ahead of the ritual in which, according to the herders, 1,200 camels are slaughtered in observance of Mawlid al-Nabi, the birthday of Prophet Mohammad, at the Islamic Centre in Mogadishu, Somalia, September 2, 2025. REUTERS/Feisal Omar TPX IMAGES OF THE DAY (Feisal Omar/REUTERS)

’n Groep kamele voor ’n ritueel waarin 1 200 kamele volgens kameelwagters geslag word ter viering van Mawlid al-Nabi, geboortedag van die profeet Mohammed, by die Islamitiese Sentrum in Mogadisjoe, Somalië. Die viering vind vanjaar van Woensdagaand tot Donderdag plaas. Foto: Reuters


2025-09-02 16:08:27

Frankryk reik lasbrief uit vir Al-Assad weens joernaliste se dood in 2012

Frankryk het lasbriewe uitgereik vir oudpres. Basjar al-Assad van Sirië en ses ander senior voormalige amptenare weens die bombardering van ’n rebelle-beheerde stad in 2012 waarin twee joernaliste dood is, het prokureurs Dinsdag gesê.

’n Amerikaanse joernalis wat vir The Sunday Times van Brittanje gewerk het en ’n Franse fotograaf is op 22 Februarie 2012 dood in die bombardement van die oostelike stad Homs.

Frankryk ondersoek dit as ’n moontlike misdaad teen die mensdom. – AFP


2025-09-02 16:25:47

Franse wynmaker tronk toe weens sjampanje-bedrog

’n Franse wynmaker wat duisende bottels vals sjampanje gemaak en verkoop het in ’n omvattende bedrogspul, is Dinsdag tronk toe gestuur.

Didier Chopin (56) het honderdduisende bottels vals sjampanje verkoop wat hy gemaak het met wyn uit Spanje en die suide van Frankryk, waarby hy aromas en gas bygevoeg het om dit vonkelend te maak.

Hy is tot 18 maande tronkstraf gevonnis, met ’n verdere 30 maande wat opgeskort is. Sy vrou het ’n opgeskorte vonnis van twee jaar gekry.

Die bedrog word op etlike miljoene euro’s geraam. Chopin is ook beveel om skadevergoeding te betaal aan benadeelde partye. – AFP


2025-09-02 16:39:05

40 000 Israeliese reserviste maak reg vir Gasa-offensief

Tienduisende Israliese reserviste het Dinsdag begin aanmeld in die aanloop tot ’n nuwe offensief om Gasastad oor te neem.

Volgens die Israeliese Weermag-radio sal 40 000 reserviste Dinsdag vir diens aanmeld.

Palestynse gesondheidsowerhede sê intussen verdere Israeliese lugaanvalle en bombardemente in die Gasastrook het Dinsdag tot minstens 100 mense se dood gelei, onder wie 35 in Gasastad in die noorde van die Gasastrook. – Reuters

Hamas Israel Conflict Displaced Palestinians fleeing the northern Gaza Strip move with their belongings along the Sea Road in Gaza City, Palestine, on September 1, 2025. The Israeli military declares Gaza City ''a dangerous combat zone'' on August 29 ahead of its military operation in the Palestinian territory's largest city after almost two years of devastating war. (Photo by Majdi Fathi/NurPhoto) (Photo by MAJDI FATHI / NurPhoto via AFP) (MAJDI FATHI/NurPhoto via AFP)

Ontwortelde Palestyne vlug Dinsdag met hul besittings uit die noorde van die Gasastrook. Foto: AFP


2025-09-02 17:24:15

Druk op Israel neem toe met internasionale steun vir Palestyne

Talle Westerse lande, onder wie Brittanje, Frankryk, Kanada, Australië en België, beplan om ’n Palestynse staat by die Verenigde Nasies (VN) te erken.

Volgens Husam Zomlot, hoof van die Palestynse sending in Londen, kan dit tot ’n “resies na ’n tweestaat-oplossing” lei. Brittanje kan die proses egter keer as Israel die humanitêre krisis in Gasa verlig en vir vrede begin werk.

Die skuif is bedoel om druk op Israel te plaas om sy oorlog in Gasa te beëindig en nuwe Joodse nedersettings in die Wesoewer te staak.

Israel het woedend op die erkenningsplanne gereageer en meen dit bevoordeel Hamas. – Reuters

Smoke rises after an explosion in Gaza An Israeli Apache helicopter flies over Gaza, as seen from the Israeli side of the border, September 2, 2025. REUTERS/Amir Cohen TPX IMAGES OF THE DAY (Amir Cohen/REUTERS)

Vlugroete bo oorlogsone... ’n Israeliese Apache-helikopter vlieg Dinsdag oor Gasa, soos gesien vanaf die Israeliese kant van die grens. Foto: Reuters


2025-09-02 17:32:52

Dogter, skoonseun van Nazi bekyk weens vermiste kunswerk

Die Argentynse polisie ondersoek die dogter en skoonseun van ’n oorlede Nazi nadat ’n 17de-eeuse skildery, vermoedelik Portret van ’n dame, deur Giuseppe Ghislandi, in ’n eiendomsadvertensie in Mar del Plata verskyn en toe verdwyn het.

Die skildery is glo in die Tweede Wêreldoorlog van die Joodse kunshandelaar Jacques Goudstikker gesteel toe sy versameling deur die Nazi’s geplunder is.

Die huis, wat as verkoop geadverteer is, behoort aan Friedrich Kadgien, finansiële raadgewer van Adolf Hitler wat na Argentinië gevlug het. Interpol soek ook na die kunswerk.

Kadgien se dogter en haar man is onder huisarres geplaas en verskyn eersdaags in die hof. Die egpaar beweer hulle het die skildery geërf. – AFP


2025-09-02 17:47:57

‘VSA-besnoeiings kan VN se vermoë benadeel om burgerlikes te beskerm’

Die Verenigde Nasies (VN) se vredesendings verkeer onder groot finansiële druk en Amerikaanse besnoeiings kan sy vermoë om burgers in plekke soos Suid-Soedan en die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) te beskerm ernstig benadeel.

So sê ’n woordvoerder van die VN se vredesendings. Daar is tans 11 VN-vredesendings wêreldwyd. Die woordvoerder het aangedui dat dié sendings reeds “onder geweldige finansiële druk verkeer weens ’n kontantvloeikrisis”.

Pres. Donald Trump het verlede week eensydig $4,9 miljard (sowat R86 miljard) se buitelandse hulp gekanselleer nadat dit reeds deur die Amerikaanse kongres goedgekeur is. Dit sluit sowat $800 miljoen (sowat R14,2 miljard) in wat vir vredesendingfinansiering in 2024 en 2025 geoormerk is. – Reuters


2025-09-02 17:54:54

Teenstand teen Trump

Anti-Trump protesters march at the U.S. Capitol in Washington A woman carries an upside-down U.S. flag as anti-Trump demonstrators march near the U.S. Capitol, protesting against issues including the Jeffrey Epstein case and the increased presence of military and federal law enforcement in the D.C area ordered by U.S President Donald Trump, in Washington, D.C., U.S. September 2, 2025. REUTERS/Jonathan Ernst (Jonathan Ernst/REUTERS)

’n Vrou dra Dinsdag ’n onderstebo Amerikaanse vlag in ’n betoging buite die kongresgebou in Washington teen pres. Donald Trump se besluit om soldate in die Amerikaanse hoofstad te ontplooi. Foto: Reuters


2025-09-02 18:04:57

Mexiko trek ’n streep: ‘Slegs samewerking met VSA, g’n ondergeskiktheid’

Pres. Claudia Sheinbaum van Mexiko het Dinsdag ’n streep getrek oor Amerikaanse militêre ingryping in Mexiko voor ’n besoek van Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake. Dit volg nadat pres. Donald Trump ’n bevel onderteken het om geweld teen kartelle toe te laat.

“Amerika gaan nie alleen optree nie omdat ’n ooreenkoms bereik is,” het Sheinbaum aan joernaliste gesê.

“Ons werk reeds maande lank aan ’n ooreenkoms om saam te werk aan veiligheidskwessies,” sê sy.

Wat Mexiko nie sal aanvaar nie, is “ingryping,” voeg sy by. “Ons aanvaar ook nie betreding van ons grondgebied nie. Ons aanvaar nie ondergeskiktheid nie. Slegs samewerking tussen lande op ’n gelyke grondslag.” – AFP


2025-09-02 18:28:08

Rusland stuur steeds versterkings na frontlinie, sê Zelenski

Rusland stuur tans versterkings na sekere plekke aan die frontlinie en voer steeds aanvalle op Oekraïense teikens uit, het pres. Wolodimir Zelenski Dinsdag gesê.

“Rusland stuur nog versterkings na sekere gebiede op die front. Hy (pres. Wladimir Poetin) weier om tot vrede gedwing te word,” sê Zelenski in die videotoespraak wat hy elke aand lewer.

“Rusland gaan voort om aanvalle uit te voer. Natuurlik sal ons daarop reageer,” sê Zelenski. – Reuters


2025-09-02 18:34:26

11 sterf in selfmoordbomaanval by politieke saamtrek in Pakistan

Minstens 11 mense is Dinsdagaand dood toe ’n selfmoordbomaanvaller homself op ’n politieke byeenkoms in die Balochistan-provinsie in Pakistan opgeblaas het.

Volgens staatsamptenare is 18 mense in die ontploffing beseer.

Die voorval het plaasgevind in die parkeerterrein van ’n stadion in Quetta, hoofstad van Balochistan, waar honderde lede van die Balochistan-nasionale-party (BNP) byeengekom het. – AFP


2025-09-02 18:36:28

Deurdrenkte ontvangs

BERLIN, GERMANY - SEPTEMBER 02: German Chancellor Friedrich Merz and Swiss President Karin Keller-Sutter review a guard of honour in the rain upon her arrival for talks at the Chancellery on September 02, 2025 in Berlin, Germany. The two leaders are meeting over a variety of issues, including security. Switzerland is enduring an export tariff to the USA of 39% imposed by the administration of U.S. President Donald Trump, while the European Union successfully negotiated a rate of 15%. (Photo by Sean Gallup/Getty Images) (Sean Gallup/Getty Images)

Friedrich Merz, Duitse bondskanselier, verwelkom pres. Karin Keller-Sutter van Switserland Dinsdag in Berlyn terwyl ’n erewag in die reën toekyk. Die twee leiers het vergader oor ’n verskeidenheid van kwessies, wat veiligheid insluit. Foto: Getty Images


2025-09-02 19:02:03

Trump sê hy is 'baie teleurgesteld' in Poetin

Pres. Donald Trump het Dinsdag gesê hy is "baie teleurgesteld" in sy Russiese ampsgenoot, Wladimir Poetin, en het bygevoeg, sonder om verder uit te wei, dat sy administrasie beplan om sekere stappe te doen om sterftes in Rusland se oorlog in Oekraïne te verminder.

"Ons het ’n goeie verhouding gehad ... Ek is baie teleurgesteld in pres. Poetin, dit kan ek sê, en ons gaan iets doen om mense te help om te leef," het Trump in ’n onderhoud op The Scott Jennings Radio Show gesê.

Trump het verder gesê hy is "hoegenaamd nie bekommerd nie" oor ’n magsbasis, insluitend China en Rusland, wat teen Amerika vorm nie.

Trump se opmerkings kom nadat pres. Xi Jinping van China  Maandag samesprekings met onder andere Poetin op ’n beraad in Beijing gevoer het. – Reuters

Russian President Vladimir Putin (C) speaks at the beginning of a bilateral meeting with Chinese President Xi Jinping (not pictured) at The Great Hall of the People in Beijing on September 2, 2025. Putin told his Chinese counterpart that their countries' ties were at an "unprecedented level" during talks in Beijing ahead of a massive military parade. (Photo by POOL / AFP) (-/AFP)

Pres. Wladimir Poetin van Rusland (middel) praat Maandag aan die begin van ’n bilaterale vergadering met sy Chinese ampsgenoot, Xi Jinping (nie op foto), in Beijing, China. Foto: AFP


2025-09-02 19:33:18

Chloe Malle volg in Anna Wintour se spore by ‘Vogue’

Anna Wintour, wat in Junie ná 37 jaar as hoofredakteur van die modetydskrif  Vogue uitgetree het, het Dinsdag vir Chloe Malle aangewys as hoof van redaksionele inhoud by die tydskrif.

Wintour het haar rol as Vogue se globale redaksionele direkteur en globale hoof van inhoud behou, en Malle sal aan Wintour verslag doen.

"In hierdie nuwe posisie sal Malle, wat tans die redakteur van Vogue.com en mede-aanbieder van The Run-Through, Vogue se weeklikse mode- en kultuurpodsending is, die kreatiewe en redaksionele rigting van die tydskrif lei.

"Sy sal aansluit by die 10 bestaande wêreldwye hoofde van redaksionele inhoud wêreldwyd en aan Anna Wintour verslag doen," het Vogue op sy webwerf gesê.

Malle is die dogter van aktrise Candice Bergen en die regisseur Louis Malle. – AFP

Chloe Malle, nuwe hoof van redaksionele inhoud by die tydskrif Vogue. Foto: @voguemagazine


2025-09-02 20:11:32

Trump sê hy sal troepe na ‘hool’ Chicago stuur

Pres. Donald Trump het Dinsdag bevestig dat hy troepe na Chicago sal ontplooi, wat hy ’n misdaadgeteisterde “hool” genoem het, al wou hy nie sê wanneer nie.

“Ons gaan in,” het Trump aan verslaggewers by die Withuis gesê, en verwys na dodelike skietvoorvalle oor die naweek in Chicago.

Volgens Trump het die ontplooiing van die Nasionale Garde na Los Angeles en Washington DC gehelp om misdaad in dié Demokraties geleide stede te verminder. – AFP


2025-09-02 20:23:00

Sonder tariewe kan VSA ‘Derdewêreldland’ word – Trump

Pres. Donald Trump het Dinsdag gesê sy administrasie sal die federale hooggeregshof vra om sy uitspraak oor tariewe te bespoedig.

’n Appèlhof het verlede week beslis die administrasie se tariefbeleid is onwettig.

Die hof het toegelaat dat die tariewe in plek bly tot 14 Oktober om die Trump-administrasie kans te gee om ’n appèl by die federale hooggeregshof in te dien.

“As jy tariewe wegvat, kan ons as ’n Derdewêreldland eindig,” het Trump Dinsdag aan verslaggewers gesê. “Ons vra dus vir ’n  bespoedigde uitspraak.” – Reuters


2025-09-03 03:29:19

Kies tussen oorlog en vrede, sê Xi

Pres. Xi Jinping van China het gewaarsku dat die wêreld voor ’n keuse tussen vrede en oorlog te staan kom toe hy Woensdag sy land se grootste militêre parade ooit gehou het.

Die luukse geleentheid is gehou om 80 jaar sedert Japan se nederlaag aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog te herdenk.

“Vandag staan die mensdom voor die keuse van vrede of oorlog, dialoog of konfrontasie, wen-wen of nul-som,” het Xi aan ’n skare van meer as 50 000 toeskouers gesê en bygevoeg dat die Chinese volk “stewig aan die regte kant van die geskiedenis staan”. – Reuters

China Marks The 80th Anniversary Of The End Of World War II And Victory Over Japan BEIJING, CHINA - SEPTEMBER 03: Soldiers march during a military parade marking the 80th anniversary of victory over Japan and the end of World War II, in Tiananmen Square on September 03, 2025, in Beijing, China. China's Victory Day military parade serves as a powerful display of national pride and military power. This year's parade carries heightened geopolitical weight with the attendance of leaders like Vladimir Putin, Kim Jong Un and Narendra Modi, underlining China's diplomatic alliances as it presents itself as an alternative global leader. (Photo by Lintao Zhang/Getty Images) (Lintao Zhang/Getty Images)

Soldate marsjeer Woensdag op ’n militêre parade op die Tiananmen-plein in Beijing, China. Foto: Getty Images


2025-09-03 03:37:15

11 dood in Amerikaanse weermagaanval op vaartuig uit Venezuela

Die Amerikaanse weermag het Dinsdag 11 mense doodgemaak in ’n aanval op ’n vaartuig uit Venezuela wat na bewering dwelms vervoer het, het pres. Donald Trump gesê.

Dit is die eerste bekende operasie sedert sy administrasie se onlangse ontplooiing van oorlogskepe na die suidelike Karibiese Eilande.

“Ons het die laaste paar minute letterlik ’n boot met baie dwelms uitgeskiet,” het Trump aan verslaggewers by die Withuis gesê. – Reuters


2025-09-03 03:51:32

2 bejaarde priesters skuldig omdat hulle mishandeling verberg

’n Hof in Bolivia het Dinsdag twee bejaarde Spaanse Jesuïetepriesters elk tot een jaar tronkstraf gevonnis vir die verberging van dekades van seksuele kindermishandeling wat deur hul kollega in die kerk gepleeg is.

Die skuldigbevinding van die priesters Marcos Recolons (81) en Ramon Alaix (83) is Bolivia se eerste suksesvolle strafregtelike vervolging teen hooggeplaaste lede van die Katolieke Jesuïeteorde wat betrokke is by die verberging van mishandeling. – Reuters


2025-09-03 04:01:08

Pous, Israeliese president vergader Donderdag in Vatikaan

Pous Leo en pres. Isaac Herzog van Israel sal Donderdag in die Vatikaan vergader.

Die kantoor van die Israeliese president het gesê dat hulle pogings sal bespreek vir die terugkeer van gyselaars wat in Gasa aangehou word, die stryd teen wêreldwye antisemitisme en die beskerming van Christelike gemeenskappe in die Midde-Ooste.

Leo het verlede week ’n “sterk beroep” gedoen vir ’n einde aan die oorlog in Gasa. – Reuters


2025-09-03 04:06:21

33 000 bladsye van Epstein-lêers bekend gemaak

’n Komitee van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers het Dinsdag meer as 33 000 bladsye van die lêers oor die veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein bekend gemaak.

Die saak van Epstein, wat homself in 2019 in die tronk om die lewe gebring het, het ’n politieke hoofpyn vir pres. Donald Trump veroorsaak.

’n Reuters/Ipsos-peiling in Julie het bevind dat die meeste Amerikaners en van Trump se Republikeine glo dat die regering besonderhede oor die saak wegsteek.

Die lêers wat Dinsdag openbaar gemaak is, het grootliks hofdokumente en ander inligting wat reeds bekend gemaak is, ingesluit. – Reuters


2025-09-03 04:15:00

Kinders in Tennessee moet klasse oor geweerveiligheid bywoon

Kinders so jonk soos vyf jaar oud in die Amerikaanse deelstaat Tennessee sal vanjaar ’n klas oor geweerveiligheid bywoon.

’n Wetsontwerp wat hierdie kursusse verpligtend maak, is in 2024 deur die staatswetgewer aanvaar en die wet tree met die begin van die nuwe akademiese jaar in openbare skole in werking.

Die staatsonderwysdepartement het riglyne uitgereik wat bepaal dat leerlinge van vyf tot agt jaar oud byvoorbeeld ’n vals geweer van ’n regte een moet kan onderskei. – AFP


2025-09-03 05:15:43

President van Pole Woensdag by die Withuis verwag

Pres. Donald Trump gaan Woensdag pres. Karol Nawrocki van Pole by die Withuis terugverwelkom. Hul vergadering sal waarskynlik fokus op Rusland se oorlog in Oekraïne en energiesekuriteit.

Trump het die uitnodiging gestuur dae nadat Nawrocki vroeg in Augustus ingehuldig is en het toe ingegryp om te verseker dat hy by ’n belangrike telefoonoproep oor Oekraïne met Europese leiers aansluit in plaas van sy mededinger Donald Tusk, die Poolse premier.

Nawrocki het in Mei ook die Withuis besoek. – Reuters


2025-09-03 05:20:50

Rusland loods lugaanval op Oekraïne

Rusland het oornag ’n lugaanval op Oekraïne geloods, wat minstens vier spoorwegwerkers beseer het en daartoe gelei het dat Pole sy verdedigingsvliegtuie moes verwyder, het Oekraïense en Poolse owerhede Woensdag gesê.

Die aanvalle het gekom terwyl pres. Wladimir Poetin ’n militêre parade in Beijing bygewoon het.

Lugaanvalwaarskuwings het ure lank oor Oekraïne heen geklink, met ontploffings wat in nege van sy 24 streke gehoor is.

Benewens die spoorwegwerkers is vyf mense ook beseer. – Reuters


2025-09-03 05:26:52

‘VSA se oorlogskepe by Karibiese Eilande gaan oor omverwerping van regerings’

Pres. Daniel Ortega van Nicaragua het Dinsdag gesê dat die ontplooiing van Amerikaanse oorlogskepe in die Karibiese Eilande nie oor die “klug” van ’n dwelmoorlog gaan nie.

Amerika sê die ontplooiing van oorlogskepe in die suidelike Karibiese Eilande, naby Venezuela se territoriale water, is ’n operasie teen dwelmsmokkelary.

Ortega het die Trump-administrasie Dinsdag in ’n toespraak daarvan beskuldig dat hy oorlogskepe ontplooi “om Latyns-Amerikaanse regerings te intimideer” en bygevoeg “hulle doen dit om mense te intimideer en vir die omverwerping van regerings”. – AFP


2025-09-03 06:10:50

Man steek 3 dood in Seoel

’n Man het Woensdag drie mense by ‘n pizza-restaurant in Seoel, Suid-Korea, doodgesteek.

Die aanval is in die Gwanak-distrik uitgevoer deur die restaurant se eienaar, wat in ’n dispuut met kontrakteurs betrokke geraak het voordat hy drie mense gesteek het.

Die polisie het gereageer op ’n oproep van iemand wat gesê het: “Help my, ek is gesteek.” Die slagoffers, twee mans en een vrou, is hospitaal toe geneem, maar dood verklaar.

Die verdagte, wat in sy 40’s is, het op die toneel “probeer om sy eie lewe te neem”, maar is gekeer. – Reuters


2025-09-03 06:15:37

Granate naby VN-personeel in Libanon laat val

Die Verenigde Nasies (VN) se tussentydse mag in Libanon (Unifil) sê Israeliese hommeltuie het Dinsdagoggend vier granate naby vredesbewaarders laat val.

Die bewaarders was besig om padversperrings op te ruim wat toegang tot ’n VN-basis belemmer het.

“Dit is een van die ernstigste aanvalle op Unifil-personeel en -bates sedert die ooreenkoms oor die staking van vyandelikhede verlede November.”

Een granaat het binne 20 meter van VN-personeel en -voertuie getref en drie binne ongeveer 100 meter. – Reuters


2025-09-03 06:27:49

Kim se dogter maak seldsame internasionale verskyning

Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, het saam met Joe Ae, sy dogter en moontlike erfgenaam, na Beijing gereis om Woensdag se massiewe militêre parade by te woon, het staatsmediabeelde getoon.

Dit is die eerste bekende internasionale verskyning deur die tiener, wat verskeie Noord-Koreaanse wapentoetse saam met haar pa bygewoon het.

Ontleders sê dit is ’n duidelike teken van haar belangrikheid in die Kim-dinastie se opvolgplanne. – AFP

This picture taken on May 14, 2024 and released from North Korea's official Korean Central News Agency (KCNA) on May 15, 2024 shows North Korea's leader Kim… This picture taken on May 14, 2024 and released from North Korea's official Korean Central News Agency (KCNA) on May 15, 2024 shows North Korea's leader Kim Jong Un (R) and his daughter Ju Ae (L) attending the inauguration ceremony of Jonwi Street in Pyongyang. (Photo by KCNA VIA KNS / AFP) / South Korea OUT / SOUTH KOREA OUT / ---EDITORS NOTE--- RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY CREDIT "AFP PHOTO/KCNA VIA KNS" - NO MARKETING NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS / THIS PICTURE WAS MADE AVAILABLE BY A THIRD PARTY. AFP CAN NOT INDEPENDENTLY VERIFY THE AUTHENTICITY, LOCATION, DATE AND CONTENT OF THIS IMAGE --- / (STR/AFP)

’n Foto wat op 14 Mei 2024 geneem is en op 15 Mei 2024 deur Noord-Korea se amptelike Koreaanse Sentrale Nuusagentskap beskikbaar gemaak is, wys Noord-Korea se leier, Kim Jong-oen, en Joe Ae, sy dogter, op ’n geleentheid in Pjongjang. Foto: AFP/KNCA/KNS


2025-09-03 07:29:13

Kremlin hoop Trump maak grap oor ‘sameswering’

Die Kremlin hoop dat pres. Donald Trump se opmerking dat die leiers van Rusland, China en Noord-Korea teen Amerika saamsweer, ’n grap was.

“Ek dink nie sonder ironie nie, het hy gesê dat hierdie drie na bewering teen die VSA saamsweer,” het Joeri Oesjakof, pres. Wladimir Poetin se raadgewer oor buitelandse beleid, gesê.

Dit was toe Oesjakof uitgevra is oor Trump se inskrywing op sosiale media waarin hy beweer dat Poetin, pres. Xi Jinping en Kim Jong-oen in Beijing bymekaargekom het om teen Washington saam te sweer. – AFP


2025-09-03 07:52:05

Kommando’s ontplooi vir reddingspogings in Afganistan

Afganistan het Woensdag kommandotroepe uit die lug ontplooi om oorlewendes uit die puin van huise in bergagtige gebiede te red nadat aardbewings die land getref het.

Minstens 1 400 mense is weens die skuddings dood.

Die eerste aardbewing van 6,0 het tot wydverspreide skade en verwoesting gelei toe dit Sondag omstreeks middernag gebeur het.

’n Tweede aardbewing van 5,5 het Dinsdag paniek veroorsaak en reddingspogings belemmer toe dit tot rotsstortings in die berge gelei het en dorpe in afgeleë gebiede van die buitewêreld afgesny het. – Reuters


2025-09-03 08:25:06

Poetin tree 'straffeloos' op met nuwe aanvalle

Pres. Wolodimir Zelenski sê pres. Wladimir Poetin van Rusland, wat tans in Beijing is, toon sy “straffeloosheid” met nuwe aanvalle op Oekraïne.

“Poetin toon sy straffeloosheid. En dit vereis ongetwyfeld ’n reaksie van die wêreld. Dit is slegs as gevolg van die gebrek aan voldoende druk, dat hierdie aggressie voortduur,” het Zelenski gesê voor vergaderings met amptenare van die Baltiese en Nordiese lande in Denemarke. – AFP


2025-09-03 08:31:42

Israel lanseer nuwe satelliet vir spioenasie

Israel het ’n nuwe spioenasiesatelliet in ’n wentelbaan gelanseer.

“Die lansering van die Ofek 19-satelliet gister is ’n prestasie van die hoogste vlak. Min lande beskik oor hierdie vermoëns,” het Israel Katz, Israeliese minister van verdediging, oor die lansering gesê.

“Dit is ook ’n boodskap aan al ons vyande, waar hulle ook al is: Ons hou julle te alle tye en in elke situasie dop.” – AFP


2025-09-03 09:21:21

Israeliese weermag beweeg dieper in Gasastad

Die Israeliese weermag het Woensdag dieper in Gasastad beweeg, met soldate en tenks wat Sjeikh Radwan, een van die grootste en digs bevolkte woonbuurte, binnegedring het.

In onlangse weke het Israeliese magte deur Gasastad se buitenste voorstede gevorder en is nou net ’n paar kilometer van die middestad af ten spyte van internasionale oproepe om die offensief te staak.

Minstens 24 Palestyne is Woensdag weens aanvalle in Gasa dood. – Reuters

The grandmother of three-year-old Ibrahim al-Mabhuh, who survived an Israeli air strike on a house that killed his parents and two sisters, according to medics, holds him in Gaza City The grandmother of three-year-old Ibrahim al-Mabhuh, who survived an Israeli air strike on a house that killed his parents and two sisters, according to medics, holds him in Gaza City, September 3, 2025. REUTERS/Ebrahim Hajjaj (EBRAHIM HAJJAJ/REUTERS)

Die ouma van die driejarige Ibrahim al-Mabhoeh, wat ’n Israeliese lugaanval op ’n huis oorleef het waarin sy ouers en twee susters dood is, hou hom Woensdag in Gasastad vas. Foto: Reuters


2025-09-03 09:40:41

Engeland gaan verkoop van energiedrankies aan kinders onder 16 verbied

Engeland gaan die verkoop van energiedrankies met ’n hoë kafeïeninhoud, soos Red Bull, aan jeugdiges onder 16 jaar verbied.

“Deur te verhoed dat winkels hierdie drankies aan kinders verkoop, help ons om die fondamente te bou vir gesonder en gelukkiger geslagte wat kom,” het Wes Streeting, minister van gesondheid, gesê.

Daar word geglo dat tot ’n derde van 13- tot 16-jariges in Engeland energiedrankies drink ten spyte daarvan dat die meeste supermarkte ’n vrywillige verbod ingestel het. – AFP


2025-09-03 10:10:24

Eilandnasie gaan gedeporteerdes van Australië huisves

Australië gaan die Stille Oseaan-nasie Nauru A$2,5 miljard oor drie dekades betaal om gedeporteerdes te huisves.

Premier Anthony Albanese se sentrum-linkse regering sal na verwagting Donderdag ’n wet aanvaar wat dit makliker maak om burgers wat nie van Australië is nie na derde lande te deporteer.

Australië het verlede Vrydag ’n ooreenkoms met Nauru onderteken om mense te hervestig wat weens hul misdaadgeskiedenis vlugteling-visums geweier is. – Reuters


2025-09-03 10:26:51

Ignoreer Merz se sienings, sê Kremlin

Die Kremlin sê Friedrich Merz, bondskanselier van Duitsland, se sienings oor die vredesgesprekke tussen Oekraïne en Rusland moet geïgnoreer word nadat hy ’n reeks “ongunstige” aanmerkings oor pres. Wladimir Poetin van Rusland gemaak het.

Merz het Dinsdag in ’n onderhoud gesê dat Poetin “miskien die grootste oorlogsmisdadiger van ons tyd” is en dat daar geen plek is vir toegeeflikheid teenoor sulke individue nie.

Dmitri Peskof, Kremlin-woordvoerder, sê dit is onmoontlik om Merz se menings in ag te neem ná die aanmerkings. – Reuters


2025-09-03 11:08:42

Rubio besoek Mexiko, Ecuador

Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake, sal Woensdag met Mexikaanse leiers vergader tydens sy eerste ampsbesoek aan die land.

Rubio se besoek is deel van die Trump-administrasie se omvattende optrede teen onwettige immigrante en dwelmkartelle. Dit het ook ten doel om China se invloed in Latyns-Amerika teen te werk.

Rubio doen Mexikostad en Ecuador aan waar hy met presidente en ministers vergader. – Reuters

Secretary of State Marco Rubio arrives to meet with President of Mexico Claudia Sheinbaum at Felipe Angeles International Airport on September 02, 2025 in… ZUMPANGO DE OCAMPO, MEXICO - SEPTEMBER 02: U.S. Secretary of State Marco Rubio arrives to meet with President of Mexico Claudia Sheinbaum at Felipe Angeles International Airport on September 02, 2025 in Zumpango de Ocampo, Mexico. (Photo by Hector Vivas/Getty Images) (Hector Vivas/Getty Images)

Aankoms van VSA-minister

Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake, arriveer op die Felipe Ángeles- internasionale lughawe in Zumpango de Ocampo, Mexiko. Foto: Getty Images


2025-09-03 11:18:12

VAE waarsku Israel oor besetting van Wesoewer

Israel se pogings om dele van die besette Wesoewer te annekseer verteenwoordig ’n skeidslyn vir die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) wat nie oorgesteek moet word nie.

“Die anneksasie van die Wesoewer is ’n rooilyn vir die VAE,” het Lana Noesseibeh, die VAE se assistent-minister van buitelandse sake belas met politieke aangeleenthede, gesê.

Die VAE is een van die min Arabiese lande wat Israel erken.

Die besette Wesoewer is ’n gebied wat Israel sedert 1967 beheer, maar wat internasionaal as betwis beskou word en deels vir ’n toekomstige Palestynse staat geoormerk is.

Israel het planne aangekondig om sekere dele van die Wesoewer te beset, wat internasionaal kritiek ontlok het. – AFP


2025-09-03 11:26:57

Britse ekonomie nie gebroke, sê minister

Rachel Reeves, Britse minister van finansies, hou voet by stuk dat die Britse ekonomie nie gebroke is nie en sê sy sal haar jaarlikse begroting op 26 November indien.

Hernude kommer heers oor Brittanje se vermoë om sy finansies te beheer. Die land se regeringsleenkoste is die hoogste in die Groep van Sewe-ekonomieë. So ook sy inflasie, wat die Bank van Engeland se vermoë beperk om rentekoerse te verlaag.

“Brittanje se ekonomie is nie gebroke nie. Maar ek weet dit werk nie goed genoeg vir werkende mense nie,” het Reeves Woensdag in ’n videoboodskap gesê. – Reuters


2025-09-03 11:35:47

Indië steier weens moesonreën

People wade through a flooded road with their belongings People wade through a flooded road with their belongings after a rise in the water level of river Yamuna due to heavy monsoon rains, in New Delhi, India, September 3, 2025. REUTERS/Bhawika Chhabra (Bhawika Chhabra/REUTERS)

Mense probeer Woensdag met hul besittings hul weg vind oor ’n oorstroomde pad ná ’n styging in die watervlak van die Yamuna-rivier weens swaar moesonreën in Nieu-Delhi, Indië. Foto: Reuters


2025-09-03 12:17:37

EU waarsku teen anti-Westerse front

Die teenwoordigheid van Rusland en Noord-Korea se leiers langs pres. Xi Jinping van China by ’n reuseparade in Beijing Woensdag is deel van pogings om ’n anti-Westerse “nuwe wêreldorde” te vestig, waarsku Kaja Kallas, die Europese Unie (EU) se buitelandse beleidshoof.

Kallas beskou die parade as “’n regstreekse uitdaging vir die internasionale stelsel wat op reëls gebaseer is”.

Die betrokkenheid van Noord-Korea en Iran, beide onder sanksies en internasionaal geïsoleer, teenoor China en Rusland dui op die vorming van ’n blok lande wat Westerse invloed en beleid teenstaan. – AFP


2025-09-03 12:34:03

Vroue in Indonesië betoog teen polisiewreedheid, parlementêre luuksheid

Honderde vroue geklee in pienk het Woensdag in Djakarta, Indonesië, betoog teen polisiegeweld en oormatige voordele vir parlementslede.

Met besems as simbool vir hul betoging het die vroue hervormings geëis en plakkate rondgeswaai met slagspreuke soos “hervorm die polisie” en “jou soet beloftes veroorsaak diabetes”.

Die betogings het verlede week landwyd versprei nadat ’n Indonesiese polisievoertuig ’n motorfietsbestuurder doodgery het.

Minstens 10 mense is in die geweld dood. Die polisie moes traangas en rubberkoeëls gebruik om die oproeriges uitmekaar te jaag. – Reuters

Protests outside parliament building in Jakarta A woman uses a lip tint while attending a protest against lawmakers' perks and police brutality, where protestors are brandishing brooms as a symbol of their calls for reform, outside the Indonesian parliament building in Jakarta, Indonesia, September 3, 2025. REUTERS/Willy Kurniawan TPX IMAGES OF THE DAY (Willy Kurniawan/REUTERS)

'n Vrou gebruik lipstiffie terwyl sy Woensdag 'n protesoptog teen wetgewers se voordele en polisiebrutaliteit buite die Indonesiese parlementsgebou in Djakarta bywoon. Foto: Reuters


2025-09-03 12:43:16

Inhegtenisneming van skrywer in Brittanje lei tot twis oor vryheid van spraak

Die inhegtenisneming van 'n Emmy-bekroonde komedieskrywer weens die beweerde belediging van transgender mense aanlyn, het 'n twis in Brittanje oor vryheid van spraak ontketen.

Die Ierse skrywer Graham Linehan, wat die gewilde 1990's-sitkom Father Ted se mede-skepper was, sê hy is Maandag deur die polisie op die Heathrow-lughawe in Londen in hegtenis geneem weens sy plasings op sosiale media.

Die metropolitaanse polisie in Londen sê 'n man is in hegtenis geneem in verband met die aanhitsing van geweld op sosiale media. – AFP


2025-09-03 12:49:12

Pous op ’n ysterperd

Pope Leo XIV sits on a BMW motorbike on the day of his general audience in St. Peter's Square at the Vatican Pope Leo XIV sits on a BMW motorbike on the day of his general audience in St. Peter's Square at the Vatican September 3, 2025. Vatican Media/­Handout via REUTERS ATTENTION EDITORS - THIS IMAGE WAS PROVIDED BY A THIRD PARTY. TPX IMAGES OF THE DAY (Vatican Media/via REUTERS)

Pous Leo XIV poseer Woensdag vir foto’s op 'n BMW-motorfiets op St. Petrusplein in die Vatikaanstad. Foto: Vatikaanse Media via Reuters


2025-09-03 13:07:19

Trump ontvang Poolse president by Withuis

Pres. Donald Trump sal pres. Karol Nawrocki van Pole Woensdag by die Withuis verwelkom vir 'n vergadering wat waarskynlik sal fokus op die beveiliging van energie en Rusland se oorlog in Oekraïne.

Trump het Nawrocki in Mei in die Withuis onthaal en hom op 'n kritieke oomblik in die Poolse verkiesing ondersteun. Nawrocki het die liberale Rafal Trzaskowski 'n maand later in die verkiesing verslaan.

Pole, 'n lid van Navo, grens aan sowel Rusland as die oorloggeteisterde Oekraïne. – Reuters


2025-09-03 13:24:29

Portugal meld voëlgriep-uitbreking op eendeplaas naby Lissabon aan

Portugal het Woensdag 'n uitbreking van hoogs patogene voëlgriep onder plaaspluimvee aangemeld.

Die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (WOAH) sê die verspreiding van voëlgriep het kommer onder regerings en die pluimveebedryf laat ontstaan nadat dit die afgelope paar jaar swerms oor die wêreld heen verwoes het, voorraad ontwrig het, hoër voedselpryse aangevuur het en die risiko van menslike oordrag verhoog het.

Die H5N1-virus is in 257 650 eende in die dorp Samora Correia naby Lissabon opgespoor, wat die dood van 1 011 voëls veroorsaak het, sê die WOAH, met verwysing na 'n verslag wat opgestel is deur Portugese owerhede. – Reuters


2025-09-03 13:26:25

'n Koning verdwerg deur boeke

Britain's King Charles visits Birmingham Daniel Joyce, Newman Archivist and Librarian, Birmingham Oratory, Reverend Anton Guziel and Britain's King Charles arrive inside the library during a tour of The Oratory of St. Philip Neri following the canonisation of Cardinal John Henry Newman in Birmingham, England September 3, 2025. Chris Jackson/Pool via REUTERS (Chris Jackson/via REUTERS)

Daniel Joyce, Newman-argivaris en bibliotekaris van die Birmingham Oratorium, eerwaarde Anton Guziel en koning Charles III Woensdag in die biblioteek vir 'n toer van die Kapel van St. Philip Neri ná die heiligverklaring van kardinaal John Henry Newman in Birmingham, Engeland. Foto: Reuters


2025-09-03 13:34:18

7 migrante vermis in Middellandse See

Sewe mense word vermis en 41 ander is na Italië se Lampedusa-eiland gebring nadat 'n boot met migrante in die Middellandse See in die moeilikheid beland het, sê Sea-Watch, 'n Duitse nieregeringsorganisasie.

Die oorlewendes, van wie die meerderheid Soedannese is, was ses dae ter see voordat hulle Dinsdagaand laat op Lampedusa aangekom het.

Hulle is deur die Aurora, 'n Sea-Watch skip, gered nadat hulle hulp van die Tunisiese owerhede geweier het.

Volgens die getuienis van diegene aan boord het die boot Libië op 27 Augustus verlaat, maar in internasionale waters tussen Tunisië en Malta gestrand geraak. – AFP


2025-09-03 14:03:01

Waar gaan ons hulp vandaan kom?

An Afghan man sits amid the remains of a damaged house, in the aftermath of an earthquake at the Dara-i-Nur district of Nangarhar province on September 3, 2025. An Afghan man sits amid the remains of a damaged house, in the aftermath of an earthquake at the Dara-i-Nur district of Nangarhar province on September 3, 2025. Hope was quickly fading of finding survivors in the rubble of homes devastated by the weekend's powerful 6.0-magnitude quake in eastern Afghanistan, as emergency services struggled to reach remote villages on September 3. (Photo by AFP) (-/AFP)

’n Afgaanse man sit Woensdag op die puin van ’n huis ná die naweek se kragtige aardbewing van 6 in die ooste van Afganistan. Foto: AFP


2025-09-03 14:06:06

Israel sê hy het Hamas-aanval op minister gefnuik

Shin Bet, Israel se binnelandse intelligensiediens, het Woensdag gesê dit het ’n plan gefnuik om Itamar Ben Gvir, die minister van nasionale veiligheid, te vermoor en dat lede van ’n Hamas-sel in hegtenis geneem is.

Die beplande Hamas-aanval teen die regse minister sou hommeltuie belaai met plofstof behels het, het Shin Bet gesê.

Volgens Shin Bet is lede van ’n Hamas-sel uit die Hebron-gebied in die besette Wesoewer in hegtenis geneem en is daar op die hommeltuie beslag gelê. – Reuters


2025-09-03 14:26:32

Poetin belowe om voort te veg in Oekraïne, mits …

Pres. Wladimir Poetin van Rusland het Woensdag onderneem om voort te gaan met die oorlog in Oekraïne as ’n vredesooreenkoms nie bereik kan word nie.

"Ek dink daar is ’n lig aan die einde van die tonnel," het Poetin aan verslaggewers in Beijing, China, gesê, en bygevoeg: "Kom ons kyk hoe die situasie ontwikkel. Indien nie (geen vredesooreenkoms), sal ons al ons take militêr moet oplos."

Poetin het ook gesê dat Russiese magte "op alle fronte" vorder in Oekraïne. – AFP

Russian President Putin holds press conference at end of China visit Russian President Vladimir Putin speaks during a press conference, at the end of his visit to China for the Tianjin SCO Summit and the military parade to mark the 80th anniversary of the end of World War Two, in Beijing, China, September 3, 2025. REUTERS/Maxim Shemetov/Pool (Maxim Shemetov/REUTERS)

Pres. Wladimir Poetin van Rusland hou Woensdag in Beijing, China, ’n nuuskonferesie ná afloop van ’n beraad daar. Foto: Reuters


2025-09-03 14:41:54

Poetin sê hy is gereed om Zelenski te ontmoet – in Moskou

Hy is gereed is om gesprekke te voer met pres. Wolodimir Zelenski as die Oekraïense president na Moskou kom, het pres. Wladimir Poetin van Rusland Woensdag gesê, maar het bygevoeg dat dit nog gesien moet word of so ’n vergadering die moeite werd is.

Op ’n nuuskonferensie aan die einde van sy besoek aan China het Poetin gesê: "Wat ’n vergadering met Zelenski betref, ek het nooit die moontlikheid van so ’n vergadering uitgesluit nie. Maar is daar enige nut? Kom ons kyk."

Volgens Poetin moet Oekraïne na sy mening krygswet opskort, ’n verkiesing hou, en ’n referendum oor territoriale kwessies hou as die land vordering wil maak. – Reuters


2025-09-03 15:01:58

Nee, ek dink dit sal beter lyk só om

82nd Venice Film Festival - Photocall for the movie "The Voice of Hind Rajab" in competition Joaquin Phoenix poses during a photocall for the movie "The Voice of Hind Rajab" in competition, at the 82nd Venice Film Festival, Venice, Italy, September 3, 2025. REUTERS/Yara Nardi TPX IMAGES OF THE DAY (Yara Nardi/REUTERS)

Die akteur Joaquin Phoenix poseer Woensdag in ’n fotosessie vir die rolprent The Voice of Hind Rajab op die 82ste Venesiese Rolprentfees. Foto: Reuters


2025-09-03 15:13:52

2025 se somer warmste nóg in China

China het in 2025 sy warmste somer ervaar sedert hiervan rekord gehou word, het die land se meteorologiese owerheid Woensdag gesê.

Brittanje, Japan en Suid-Korea het vroeër dié week ook rekord-somertemperature aangemeld.

Van Junie tot Augustus het "groot dele van China intense hitte ervaar, met die nasionale gemiddelde temperatuur wat 22,31 grade Celcius bereik het".

Dit is die warmste somer sedert daar in 1961 met rekordhouding  begin is, het die Chinese Meteorologiese Administrasie (SMA) gesê.

Temperature in die hoofstad, Beijing, het in Junie tot byna 40 grade Celcius gestyg. – AFP


2025-09-03 15:34:40

Trump sê (weer) Hamas moet alle gyselaars vrylaat

Pres. Donald Trump het Woensdag sy oproepe herhaal dat Hamas alle gyselaars moet vrylaat en gesuggereer dat Israel se oorlog in Gasa sou eindig as hulle dit doen.

"Sê vir Hamas om ONMIDDELLIK al 20 Gyselaars terug te gee (Nie 2 of 5 of 7 nie!), en dinge sal vinnig verander. DIT SAL EINDIG!," het hy in ’n plasing op Truth Social gesê. – Reuters


2025-09-03 15:43:26

Oekraïne verwerp Poetin-Zelenski-ontmoeting in Moskou

Pres. Wladimir Poetin se voorstel om met pres. Wolodimir Zelenski in Moskou te vergader, is onaanvaarbaar, het die Oekraïense regering Woensdag gesê.

Andri Sibiha, Oekraïne se minister van buitelandse sake, het gesê minstens sewe lande, insluitend Oostenryk, die Vatikaan, Switserland en drie Golfstate, is gereed om ’n vergadering aan te bied.

"Dit is ernstige voorstelle en pres. Zelenski is enige tyd gereed vir so ’n vergadering," het hy op X gesê.

"Nogtans hou Poetin aan om met almal te speel deur opsetlik onaanvaarbare voorstelle te maak." – Reuters


2025-09-03 16:04:45

Israel maak gereed vir offensief

An Israeli army tank rolls along the separation fence on the border with the Gaza Strip in southern Israel, on September 3, 2025. An Israeli army tank rolls along the separation fence on the border with the Gaza Strip in southern Israel, on September 3, 2025. Israel intensified its military build-up on September 2 as reservists began responding to call-up orders ahead of a planned offensive on Gaza City, despite mounting pressure at home and abroad to end the nearly two-year campaign in the Palestinian territory. (Photo by Jack GUEZ / AFP) (JACK GUEZ/AFP)

’n Israeliese tenk ry Woensdag langs ’n heining aan die grens met die Gasastrook in die suide van Israel voor ’n beplande offensief teen Gasastad. Foto: AFP


2025-09-03 16:09:38

Netanyahu noem Belgiese premier ‘swak leier’

Benjamin Netanyahu, die Israelse premier, het sy Belgiese eweknie Woensdag ’n "swak leier" genoem, ’n dag nadat België aangekondig het dat dit Palestina as ’n staat erken.

"Die Belgiese premier (Bart) de Wever is ’n swak leier wat probeer om Islamitiese terrorisme te sus deur Israel op te offer.

"Hy wil die terreur-krokodil voer voordat dit België verslind," het Netanyahu se kantoor gesê in ’n plasing op sy amptelike X-rekening. – AFP


2025-09-03 16:20:30

Trump sê hy wag op Poetin se besluit

Pres. Donald Trump het Woensdag gesê hy het geen verdere boodskap vir pres. Wladimir Poetin nie en wag op ’n besluit aangesien dit voorkom asof Rusland min belangstelling daarin toon om sy oorlog met Oekraïne te beëindig.

"Hy weet waar ek staan en hy sal op die een of ander manier ’n besluit neem,” het Trump aan verslaggewers by die Withuis gesê.

“Wat ook al sy besluit is, ons sal óf gelukkig daarmee wees, óf ongelukkig – en as ons ongelukkig is, sal julle sien dinge gebeur." – Reuters


2025-09-03 16:38:21

Trump sê hy kan troepe na New Orleans ook stuur

Pres. Donald Trump het Woensdag gesê hy kan die weermag ook na die deelstaat Louisiana stuur om misdaad daar te bekamp, ná soortgelyke ingrepe in Washington DC.

Trump, wat met verslaggewers gepraat het aan die begin van ’n vergadering met  Karol Nawrocki, Poolse president, het gesê sy administrasie bepaal tans of soldate na Chicago of “ ’n plek soos New Orleans” gestuur moet word.

“Ons gaan moontlik Louisiana toe en dan is daar New Orleans, wat ’n misdaadprobleem het,” sê Trump.“Ons sal dit binne sowat twee weke regstel.” – Reuters


2025-09-03 17:06:36

Trump praat Donderdag met Zelenski

Pres. Donald Trump sal Donderdag met pres. Wolodimir Zelenski gesprek voer, het ’n amptenaar van die Withuis gesê nadat die Oekraïense president en Europese leiers vroeër gesê het dat hulle ’n oproep verwag.

“Ek voer binnekort ’n gesprek met hom en ek sal min of meer weet wat ons gaan doen,” het Trump Woensdag aan joernaliste in die Oval Office gesê toe pres. Karol Nawrocki van Pole besoek afgelê het.

’n Amptenaar van die Withuis het dit later bevestig: “Pres. Trump het na Zelenski verwys. Hulle sal môre praat.” – AFP


2025-09-03 17:18:16

Amerika se militêre operasies teen dwelmkartelle ‘sal voortduur’

Pete Hegseth, Amerikaanse minister van verdediging, sê militêre operasies teen dwelmkartelle sal voortduur, wat die weg baan vir ’n volgehoue militêre veldtog in Latyns-Amerika, selfs al bly basiese vrae oor ’n dodelike aanval op ’n vaartuig uit Venezuela onbeantwoord.

11 mense is Dinsdag dood toe die Amerikaanse weermag ’n vaartuig uit Venezuela geteiken het wat na bewering onwettige dwelms vervoer het.

Dit is die eerste operasie sedert pres. Donald Trump se onlangse ontplooiing van oorlogskepe na die suidelike Karibiese Eilande.

Min is bekend oor die aanval, insluitend watter wettige regverdiging gebruik is of watter dwelms aan boord was.

Hegseth het Woensdag gesê sulke operasies sal voortduur.

“Ons het bates in die lug, bates in die water, bates op skepe, want dit is ’n dodelik ernstige sending vir ons, en dit sal nie met dié aanval endig nie,” het hy gesê. – Reuters

Defense Secretary Pete Hegseth listens to President Donald Trump talk to journalists after signing executive orders in the Oval Office at the White House on… WASHINGTON, DC - AUGUST 25: U.S. Defense Secretary Pete Hegseth listens to President Donald Trump talk to journalists after signing executive orders in the Oval Office at the White House on August 25, 2025 in Washington, DC. Furthering his federal takeover of the capital city’s law enforcement, Trump signed orders ending cashless bail in the District of Columbia, mandating prosecution for people who desecrate the American flag -- including by burning it -- and other orders. (Photo by Chip Somodevilla/Getty Images) (Chip Somodevilla/Getty Images)

Agter elke president is daar ’n minister.

Pete Hegseth, Amerikaanse minister van verdediging, staan agter pres. Donald Trump op ’n nuuskonferensie by die Withuis. Foto: Getty Images


2025-09-03 17:29:21

Amerikaanse gesant in Parys voor koalisie-vergadering

Steve Witkoff, Amerikaanse spesiale gesant, is in Parys, Frankryk, voor ’n vergadering van die “koalisie van die gewilliges”, ’n groep lande wat Oekraïne teen Rusland steun.

Volgens bronne sal Witkoff waarskynlik Donderdag samesprekings met die Oekraïense afvaardiging voer.

Pres. Wolodimir Zelenski het vroeër Woensdag gevra vir meer druk op Rusland voor ’n besoek aan Europese bondgenote wat hy hoop planne vir veiligheidswaarborge vir sy land sal oplewer te midde van Rusland wat sy aanvalle voortsit. – Reuters


2025-09-03 17:43:03

Huisarres

Final phase of Brazil’s former President Bolsonaro's trial continues on charges of plotting a coup to overturn the 2022 election, in Brasilia Brazil's former President Jair Bolsonaro stands at his home while under house arrest, amid the final phase of Brazil's former President Jair Bolsonaro's trial, accused of plotting a coup after his electoral defeat, in Brasilia, Brazil, September 23 2025. REUTERS/Diego Herculano (DIEGO HERCULANO/REUTERS)

Oudpres. Jair Bolsonaro van Brasilië tuis onder huisarres in Brasilia, Brasilië. Hy staan tereg op aanklagte dat hy ’n staatsgreep beplan het ná sy verkiesingsnederlaag. Foto: Reuters


2025-09-03 17:50:38

‘Europa gereed om veiligheidswaarborge aan Oekraïne te bied’

Europa is nou gereed om veiligheidswaarborge aan Oekraïne te bied sodra ’n vredesooreenkoms onderteken is om die oorlog te beëindig, het pres. Emmanuel Macron Woensdag op ’n vergadering met pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne in Parys gesê.

“Ons is gereed, ons, die Europeërs, om die veiligheidswaarborge aan Oekraïne en Oekraïners te bied die dag waarop ’n vredesooreenkoms onderteken word,” sê Macron voor Donderdag se spitsberaad van Europese leiers.

Macron voeg by dat die besonderhede van die waarborge “uiters vertroulik” is, maar dat die voorbereiding vroeër al op ’n vergadering van ministers van verdediging “voltooi is”. – AFP

French President Macron and Ukraine's President Zelenskiy meet in Paris French President Emmanuel Macron and Ukraine's President Volodymyr Zelenskiy wave as they meet at the Elysee Palace, in Paris, France, September 3, 2025. REUTERS/Sarah Meyssonnier (Sarah Meyssonnier/REUTERS)

‘Kyk hoe kyk hulle vir ons...’

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk en pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne waai Woensdag by die Elysee-paleis in Parys, Frankryk, vir die media. Foto: Reuters


2025-09-03 18:02:45

Talle beseer toe Lissabon se kabeltrem ontspoor

’n Onbekende aantal mense is Woensdag beseer toe Lissabon se Gloria-kabeltrem, ’n gewilde aantreklikheid onder toeriste, ontspoor het.

Volgens CNN Portugal is sowat 20 mense in die ongeluk beseer. Die kabeltrem neem mense op en af teen ’n heuwel in die Portugese hoofstad.

“Wat ons op die oomblik kan sê, is daar is verskeie slagoffers. Ons is nie bewus van enige sterftes nie, maar ons kom nou eers by die toneel aan,” het Paulo Sousa, skofhoof van die brandbestryders in Lissabon, gesê. – Reuters


2025-09-03 18:15:31

VSA, Mexiko vorm hoëvlakgroep om grense beter te beveilig

Noue samewerking tussen Mexiko en Amerika help om die beveiliging van hul grense te versterk, die smokkel van fentaniel te verminder en die uitruil van intelligensie te bevorder, het dié twee lande Woensdag gesê.

In ’n gesamentlike verklaring wat uitgereik is tydens ’n besoek aan Mexiko deur Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake, sê die twee regerings hulle het ’n hoëvlak-inwerkingstellingsgroep gestig wat gereeld sal vergader om op te volg oor gesamentlike verbintenisse en optrede deur die onderskeie lande. – Reuters


2025-09-03 18:29:27

Duitsland se Merz wil met staal-, motorbedryf vergader oor ondersteuning

Friedrich Merz, Duitse bondskanselier, sal binnekort met bestuurders van die staal- en die motorbedryf op twee afsonderlike spitsberade vergader om te bespreek hoe om ondersteuning te bied in tye van hoë koste en tariewe.

Merz, wat nie datums verskaf het nie, sê dis absoluut noodsaaklik om Duitsland se ekonomie, die wêreld se derde grootste ná Amerika en China, te versterk in die lig van groeiende mededinging van die buiteland.

“Die Duitse staalbedryf is in 'n moeilike situasie,” sê Merz, met verwysing na uiters hoë Amerikaanse invoerbelasting.

“Ek wil hê ons moet staalproduksie in Duitsland op lang termyn handhaaf. Ons wil met produsente en werkersverteenwoordigers bespreek hoe ons hierdie doelwit kan bereik.” – Reuters


2025-09-03 18:37:47

Magsvertoon

BEIJING, CHINA - SEPTEMBER 03: The flag-guarding air echelon flies over Tiantan (Temple of Heaven) Park during a grand gathering to commemorate the 80th… BEIJING, CHINA - SEPTEMBER 03: The flag-guarding air echelon flies over Tiantan (Temple of Heaven) Park during a grand gathering to commemorate the 80th anniversary of the victory in the Chinese People's War of Resistance against Japanese Aggression and the World Anti-Fascist War on September 3, 2025 in Beijing, China. (Photo by Song Jiaru/VCG via Getty Images) (VCG/VCG via Getty Images)

Chinese lugmagvlieëniers vlieg Woensdag met helikopters oor ’n tempel tydens ’n massiewe parade van militêre magsvertoon in Beijing, China. Foto: Getty Images


2025-09-03 19:01:19

Minstens 3 mense sterf toe Lissabon se kabeltrem ontspoor

Minstens drie mense het Woensdag gesterf toe Lissabon se geskiedkundige Gloria-kabeltrem, wat veral onder toeriste gewild is, ontspoor het.

Sowat 20 mense is ook beseer, het die stad se nooddienste gesê.

Beeldmateriaal van die toneel wys die kabeltrem, wat mense op en af teen ’n heuwel in die Portugese hoofstad vervoer, is byna heeltemal vernietig, en reddingswerkers wat mense uit die wrak trek.

Dit was nie onmiddellik duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie. – Reuters


2025-09-03 19:05:34

Kabeltrem ontspoor in Lissabon

Police and firefighters work on the site of a funicular railway accident in Lisbon, on September 3, 2025. Police and firefighters work on the site of a funicular railway accident in Lisbon, on September 3, 2025. The accident of a funicular railway caused several dead and seriously injured in Lisbon, announced the Portugal's President of the Republic. (Photo by PATRICIA DE MELO MOREIRA / AFP) (PATRICIA DE MELO MOREIRA/AFP)

Die polisie en reddingspersoneel op die toneel waar Lissabon se geskiedkundige Gloria-kabeltrem Woensdag ontspoor het. Foto: AFP


2025-09-03 19:30:48

Iran het produksie van verrykte uraan versnel – kernwaghond

Iran het sy voorraad van hoogs verrykte uraan verhoog net voordat ’n 12 dae lange oorlog met Israel uitgebreek het, toon ’n vertroulike verslag van die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA), wat AFP Woensdag onder oë gehad het.

Luidens die kwartaalverslag van die Verenigde Nasies se kernwaghond het Iran teen 13 Junie na raming 440,9 kg uraan tot 60% verryk, ’n toename van 32,3 kg sedert 17 Mei. – AFP


2025-09-03 19:41:40

Laat die gyselaars dadelik vry!

Protesters gather for a demonstration organised by the families of Israelis held hostage by Palestinian militants in the Gaza Strip, calling for their release… Protesters gather for a demonstration organised by the families of Israelis held hostage by Palestinian militants in the Gaza Strip, calling for their release and for a ceasefire in the war in Gaza, in central Jerusalem on September 3, 2025. Israel intensified its military build-up on September 2 as reservists began responding to call-up orders ahead of a planned offensive on Gaza City, despite mounting pressure at home and abroad to end the nearly two-year campaign in the Palestinian territory. (Photo by Menahem Kahana / AFP) (MENAHEM KAHANA/AFP)

Betogers in Jerusalem eis Woensdag die onmiddelike vrylating van Israeliese gyselaars en ’n skietstilstand in die oorlog in die Gasastrook. Foto: AFP


2025-09-03 20:00:30

Minstens 15 sterf al in Lissabon-tremongeluk

Minstens 15 mense het Woensdag gesterf en sowat 18 is beseer nadat Lissabon se geskiedkundige Gloria-kabeltrem, wat veral onder toeriste gewild is, ontspoor en in ’n gebou ingeploeg het, het ’n woordvoerder van die nooddienste aan verslaggewers gesê.

Die owerhede wou nie die slagoffers identifiseer of hul nasionaliteite bekend maak nie, maar het gesê dat buitelandse burgers onder die slagoffers is.

“Dit is ’n tragiese dag vir ons stad. Lissabon is in rou. Dit is ’n tragiese, tragiese voorval,” het Carlos Moedas, burgemeester van die Portugese hoofstad, aan verslaggewers gesê.

Pres. Marcelo Rebelo de Sousa het in ’n verklaring die hoop uitgespreek dat die owerhede binnekort sal vasstel wat die ongeluk veroorsaak het. – Reuters

Police and firefighters work on the site of a funicular railway accident in Lisbon, on September 3, 2025. Police and firefighters work on the site of a funicular railway accident in Lisbon, on September 3, 2025. The accident of a funicular railway caused several dead and seriously injured in Lisbon, announced the Portugal's President of the Republic. (Photo by PATRICIA DE MELO MOREIRA / AFP) (PATRICIA DE MELO MOREIRA/AFP)

Die polisie en reddingswerkers op die toneel waar Lissabon se geskiedkundige Gloria-kabeltrem Woensdag ontspoor het. Foto: AFP


2025-09-03 20:21:43

Vermiste ‘Nazi-skildery’ in Argentinië teruggevind

Argentynse amptenare het Woensdag aangekondig dat hulle ’n ikoniese skildery wat dekades gelede deur die Nazi's gesteel is, teruggevind het.

Amptenare het klopjagte uitgevoer op huise in die kusstad Mar del Plata op soek na die kunswerk, ’n portret van Contessa Colleoni deur die Italiaanse kunstenaar Giuseppe Ghislandi, nadat dit op ’n foto in ’n eiendomsadvertensie gewaar is.

Die skildery, wat 80 jaar lank vermis was, is gelys op ’n databank van kunswerke wat deur die Nazi’s gesteel is.

Volgens ’n Nederlandse koerant behoort die huis in die eiendomsadvertensie aan Patricia Kadgien, dogter van Friedrich Kadgien, ’n senior amptenaar in Adolf Hitler se regering wat ná die Tweede Wêreldoorlog na Argentinië geëmigreer het. Hy is in 1979 oorlede. – Reuters

Argentina officials recover missing painting stolen by Nazis and seen in real estate photo Federal Attorney General of Mar del Plata Daniel Adler listens as Assistant Prosecutor Carlos Martinez addresses the media next to curator Ariel Bassano as a portrait of Contessa Colleoni by Italian artist Giuseppe Ghislandi, hangs on the wall, after Argentina officials recovered the iconic painting stolen decades ago by the Nazis, after it was spotted in a real estate photo, in Mar del Plata, Argentina September 3, 2025. REUTERS/Jose Scalzo (Jose Scalzo/REUTERS)

Daniel Adler, federale prokureur-generaal van Mar del Plata, luister terwyl die assistent-aanklaer Carlos Martinez die media toespreek voor ’n skildery van Contessa Colleoni deur die Italiaanse kunstenaar Giuseppe Ghislandi nadat Argentynse amptenare die ikoniese skildery teruggevind het. By hulle staan die kurator Ariel Bassano.  Foto: Reuters


2025-09-03 20:25:20

Een van die gelukkige oorlewendes

Aftermath of deadly magnitude-6 earthquake in Afghanistan A victim of a deadly magnitude-6 earthquake that struck Afghanistan on Sunday waits after getting treatment at a mobile clinic setup inside a school, in Nurgal district, Kunar province, Afghanistan, September 3, 2025. REUTERS/Sayed Hassib TPX IMAGES OF THE DAY (SAYED HASSIB/REUTERS)

’n Jong slagoffer van die naweek se verwoestende aardbewing in Afganistan ná behandeling Woensdag in ’n mobiele kliniek by ’n skool. Meer as 1 400 mense het in die aardbewing omgekom. Foto: Reuters


2025-09-04 03:36:33

Trump na hoogste hof om sy invoertariewe te verdedig

Pres. Donald Trump se administrasie het Woensdag Amerika se hoogste hof gevra om ’n saak aan te hoor wat daarop gemik is om sy omvattende tariewe te behou nadat ’n laer hof die meeste van die heffings ongeldig verklaar het.

Die departement van justisie het geappelleer teen ’n uitspraak van 29 Augustus deur ’n federale appèlhof, wat bevind het dat Trump sy gesag oorskry het deur ’n wet aan te haal wat vir noodgevalle bedoel is om die tariewe in te stel.

Die tariewe bly tans van krag terwyl die regsgedinge aan die gang is. – Reuters


2025-09-04 04:02:55

Rusland ontken GPS-blokkering van EU-hoë se vliegtuig

Maria Zakharova, woordvoerder van die Russiese ministerie van buitelandse sake, sê bewerings dat Rusland Sondag agter die blokkering van die GPS-sein van ’n vliegtuig was, is vals en paranoia.

Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, was aan boord.

Russiese owerhede word daarvan beskuldig dat hulle die GPS-sein van die vliegtuig geblokkeer het toe dit in Bulgarye moes land. – Reuters


2025-09-04 04:19:33

Hamas herhaal bereidwilligheid vir ooreenkoms oor gyselaars

Hamas het Woensdag herhaal hy is gereed vir ’n omvattende ooreenkoms oor Gasa waar alle Israeliese gyselaars vrygelaat word in ruil vir die vrylating van ’n aantal Palestynse gevangenes.

Die groep se opmerkings het gekom kort ná pres. Donald Trump se beroep aan Hamas om al 20 gyselaars vry te laat.

Die kantoor van Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het Hamas se kommentaar in ’n verklaring gekritiseer. “Ongelukkig is dit nog ’n draai deur Hamas met niks nuuts daarin nie.” – Reuters


2025-09-04 04:27:46

Wrak gevind van vliegtuig wat Maandag verdwyn

Reddingswerkers in Indonesië het die verbrande wrak gevind van ’n helikopter wat Maandag met agt mense aan boord op Borneo-eiland vermis geraak het.

Die lyk van een persoon is ongeveer 100 meter vanaf die wrak gevind.

“Gegrond op ons aanvanklike waarneming was daar ander slagoffers binne die helikopter, maar ons kon weens die weer nie die getal bevestig nie,” het ’n amptenaar gesê. –AFP


2025-09-04 04:37:06

Nasionale dag van rou in Portugal ná dodelike trem-ongeluk

Portugal hou Donderdag ’n nasionale dag van rou nadat 15 mense Woensdag dood en minstens 18 beseer is toe Lissabon se geskiedkundige Glória-kabeltrem, wat veral onder toeriste gewild is, ontspoor en in ’n gebou ingeploeg het.

Die slagoffers, onder wie buitelanders, is almal uit die wrakstukke gehaal.

Die Portugese regering het gesê die land sal Donderdag ’n dag van rou waarneem om die slagoffers te herdenk, wie se identiteite nie onmiddellik beskikbaar was nie. – AFP


2025-09-04 04:52:25

Venezuela beskuldig Amerika van moord

Diosdado Cabello, minister van binnelandse sake van Venezuela, het Amerika daarvan beskuldig dat hy 11 buitegeregtelike moorde gepleeg het nadat Amerikaanse magte ’n snelboot aangeval het.

Washington beweer die vaartuig het aan ’n misdaadbende behoort en het dwelms vanaf Venezuela vervoer.

“Hulle het 11 mense sonder behoorlike proses vermoor. Ek vra of dit gedoen kan word,” het Cabello gesê. – AFP


2025-09-04 05:00:23

Rusland noem veiligheidswaarborge vir Oekraïne ‘gevaarlik’

Rusland sê die veiligheidswaarborge wat Kijif soek, is “waarborge van gevaar vir die Europese vasteland”.

Dit kom voor gesprekke tussen pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne en Europese leiers oor sulke waarborge.

“Die idees van die Kijif-leier, wat wesenlik presies dieselfde is as die inisiatiewe van Europese borge... is absoluut onaanvaarbaar,” het Maria Zakharova, woordvoerder van Rusland se ministerie van buitelandse sake, gesê. – AFP


2025-09-04 05:06:26

Minstens 29 dood toe boot in Nigerië sink

Minstens 29 mense is in Nigerië dood toe ’n boot gesink het terwyl dit sowat 80 mense oor ’n rivier in die deelstaat Niger vervoer het.

Die ongeluk het Dinsdag op die Malale-rivier plaasgevind.

“Die oorsaak is toegeskryf aan oorlading en ’n botsing met ’n boomstomp,” het die Staat-noodbestuursagentskap (Sema) in ’n verklaring gesê.

Sema het gesê 29 lyke is uit die rivier gehaal, twee word nog vermis en 50 mense is gered. – AFP


2025-09-04 05:13:47

Turkye verbied konsert deur pro-Israel-sanger

Turkse owerhede het ’n beplande konsert Vrydag in Istanbul deur Enrico Macias (86) verbied ná beroepe vir betogings teen die Franse sanger se pro-Israel-standpunte.

Die Istanbul- provinsiale regering sê hy wil enige betogings by die konsert “teen die volksmoord van die terroriste-staat Israel in Gasa en sy ondersteuners” voorkom.

Die sanger het gesê hy tree al 60 jaar lank in Turkye op en is “diep verbaas en hartseer” om nie te kan optree nie. – AFP


2025-09-04 06:28:48

Israel gaan ‘10 plae van die Bybel’ oor Hoethi’s bring

Israel Katz, Israel se verdedigingsminister, het Donderdag beloof om die Bybelse 10 plae van Egipte oor Jemen se Hoethi-rebelle te bring nadat hulle hul missielaanvalle teen Israel verskerp het.

“Die Hoethi’s vuur weer missiele op Israel af. ’n Plaag van duisternis, ’n plaag teen die eersgeborenes. Ons sal al 10 plae voltrek,” het Katz gesê.

Die Israeliese weermag het gesê ’n missiel wat uit Jemen geskiet is, het Donderdag buite Israeliese grondgebied te lande gekom. – AFP

U.S. Defense Secretary Hegseth hosts Israeli counterpart at Pentagon WASHINGTON DC, UNITED STATES - JULY 18 : U.S. Secretary of Defense Pete Hegseth (not seen) welcomes Defense Minister Israel Katz during an official ceremony at the Pentagon in Washington, United States on July 18, 2025. (Photo by Yasin Ozturk/Anadolu via Getty Images) (Anadolu/Anadolu via Getty Images)

Israel Katz, Israel se verdedigingsminister. Foto: Getty Images/Anadolu


2025-09-04 07:12:39

Afganistan: Nog lyke uit die puin gehaal

Vrywilligers en reddingswerkers het Donderdag nog lyke uit die puin van vernietigde geboue in die ooste van Afganistan verwyder.

Dit kom vier dae ná ’n aardbewing van 6,0 wat tot die dood van minstens 1 470 mense gelei het.

“Ons kan nie ophou hoop dat beseerde mense nog lewend onder die puin lê nie,” het Hamdoellah Fitrat, ’n woordvoerder van die Taliban, gesê.

Die dodetal sal waarskynlik styg. Minstens 3 700 mense is ook beseer. – AFP


2025-09-04 07:25:56

‘Roboskuld’-skandaal gaan Aussie-regering miljoene kos

Die Australiese regering gaan honderdmiljoene dollar uitbetaal om die land se grootste klasaksie in die geskiedenis te skik oor ’n skema wat vals eise van skuldterugbetalings aan welsynsontvangers gestuur het.

Die “roboskuld”-skandaal, wat van 2015 tot 2019 geduur het, het sulke angs by werksoekers, pensioenarisse, studente en versorgers veroorsaak dat sommige dit oorweeg het om hulself om die lewe te bring.

Donderdag se skikking, wat onderworpe is aan goedkeuring deur die federale hof, sal AUD$475 miljoen in vergoeding aan diegene betaal wat deur die skema geraak is. – AFP


2025-09-04 07:35:14

WHO verwyder van lys wat verminderde buitelandse finansiering sal ontvang

Die Withuis het stilweg die Wêreldhandelsorganisasie verwyder van die lys van organisasies wat geraak word deur die besluit om buitelandse hulp met $4,9 miljard te verminder. Die lys is verlede Vrydag bekend gemaak.

Demokratiese wetgewers het gesê die administrasie se eensydige vermindering was onwettig omdat die finansiering deur die kongres gemagtig was.

’n Bron wat vertroud is met die saak het gesê die finansiering aan die WHO word nie meer verminder nie, maar het geen verdere besonderhede gegee nie. – Reuters


2025-09-04 08:28:20

Vlae hang halfstok, dodetal styg ná ongeluk in Lissabon

Vlae het Donderdag halfstok gehang oor Portugal heen nadat minstens 17 mense dood is toe Lissabon se geskiedkundige Gloria-kabeltrem, wat veral onder toeriste gewild is, Woensdag ontspoor en in ’n gebou ingeploeg het.

Een en twintig mense is aanvanklik beseer, van wie sommige oornag gesterf het, het die Sao Jose-hospitaal gesê.

Die owerhede het nie die slagoffers geïdentifiseer of hul nasionaliteite bekend gemaak nie, maar het gesê buitelandse burgers is onder die oorledenes. – Reuters, AFP


2025-09-04 08:34:58

Google-dienste in Turkye, verskeie gebiede onderbreek

Sommige Google-dienste insluitend YouTube was nie Donderdag in Turkye en sommige dele van Europa beskikbaar nie.

Die vereniging vir vryheid van uitdrukking het gesê die onderbreking het omstreeks 10:00 plaaslike tyd in Turkye begin.

Die plaaslike waghond oor kuberveiligheid het ’n tegniese verslag van Google versoek, het Omer Fatih Sayan, adjunkminister van telekommunikasie, gesê.

’n Kaart wat deur Sayan geplaas is, het Turkye, groot dele van die suidooste van Europa, en sommige dele van Oekraïne, Rusland en Wes-Europa getoon wat deur die onderbreking geraak is. – Reuters


2025-09-04 08:39:48

Rutte: Rusland het g’n sê oor ontplooiing van troepe in Oekraïne

Rusland het geen vetoreg oor die ontplooiing van Westerse magte in Oekraïne as deel van veiligheidswaarborge indien ’n skietstilstand gesluit word nie, sê Mark Rutte, sekretaris-generaal van Navo.

“Hoekom is ons geïnteresseerd in wat Rusland oor troepe in Oekraïne dink? Dit is ’n soewereine land. Dit is nie vir hulle om te besluit nie.”

Leiers van ’n sogenaamde koalisie van die gewilliges wat deur Frankryk en Brittanje gelei word, is gereed om later Donderdag samesprekings te hou om bydraes tot die beplande veiligheidswaarborge te verstewig. – AFP


2025-09-04 09:06:13

China ontken Trump se komplot-bewerings

China het Donderdag sy besluit verdedig om die leiers van Rusland en Noord-Korea na herdenkings van die einde van die Tweede Wêreldoorlog te nooi.

Dit volg op pres. Donald Trump se beskuldiging dat hulle teen Amerika saamsweer.

“Dit is om saam met lande – en mense wat lief is vir vrede – te werk en om die geskiedenis te onthou, die nagedagtenis van martelaars te koester, vrede te koester, en ’n toekoms te bou,” het Guo Jiakun, woordvoerder van die Chinese ministerie van buitelandse sake, gesê.

“China se ontwikkeling van diplomatieke betrekkinge met ’n land is nooit teen ’n derde party gerig nie.” – AFP


2025-09-04 09:23:02

Harvard wen hofsaak teen Trump-administrasie

’n Federale regter het Woensdag uitspraak gelewer dat pres. Donald Trump se administrasie onwettig ongeveer $2,2 miljard in toekennings aan die Harvard-Universiteit beëindig het.

Die beslissing is ’n groot oorwinning vir Harvard. Harvard het ’n sentrale fokus van die administrasie se breë veldtog geword om federale finansiering as hefboom te gebruik om verandering by Amerikaanse universiteite af te dwing, waar Trump sê antisemitiese en “radikale linkse” ideologieë ’n houvas het. – Reuters


2025-09-04 09:28:03

2 soldate in Colombië aan die brand gesteek

Twee Colombiaanse soldate is ernstig beseer nadat petrol oor hulle gegooi en hulle aan die brand gesteek is.

Die voorval het plaasgevind tydens ’n operasie om ’n kokaïne-laboratorium in ’n landelike gebied van die Putumayo-departement, wat aan Ecuador grens, te vernietig.

’n Oproer het plaasgevind waartydens ’n “groep burgers die beamptes met vuur aangeval het om die proses te verhinder”, het die weermag in ’n verklaring gesê. – AFP


2025-09-04 10:01:06

Artikels waaraan Kim raak ná vergadering skoongemaak

Nadat Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, Woensdag met pres. Wladimir Poetin van Rusland vergader het, het Noord-Koreaanse personeel versigtig artikels afgevee wat deur Kim aangeraak is.

Volgens ontleders is dit deel van sekuriteitsmaatreëls om buitelandse spioene teen te werk.

Beeldmateriaal het die staat se buitengewone maatreëls getoon om enige leidrade oor Kim se gesondheid te verberg.

Twee personeellede het die vertrek in Beijing waar Kim en Poetin meer as twee uur vergader het, noukeurig skoongemaak. – Reuters


2025-09-04 10:11:43

Voormalige minister van Zambië tronkstraf met harde arbeid opgelê

Joseph Malanji, voormalige minister van buitelandse sake van Zambië, is Donderdag tot vier jaar gevangenisstraf met harde arbeid weens korrupsie gevonnis.

Malanji is in laat 2021 in hegtenis geneem omdat hy na bewering verduisterde staatsfondse gebruik het om eiendom te verkry, insluitend twee helikopters.

Die skuldigbevinding is ’n seldsame oorwinning vir staatsaanklaers in die land, wat deur Transparency International se indeks van 2024 as een van die wêreld se mees korrupte lande bestempel word. – AFP


2025-09-04 10:47:36

Maleisië vra TikTok om ouderdomme te verifieer

Maleisië het die video-platform TikTok aangemoedig om verifikasie van ouderdomme vir gebruikers te implementeer nadat die firma se topbestuur gedagvaar is om vinniger aksie te eis om skadelike inhoud te beperk.

Fahmi Fadzil, minister van kommunikasie van Maleisië, sê hy is “baie ontevrede” met TikTok se pogings om skadelike inhoud te beperk, maar dat dit toegelaat sal word om met owerhede saam te werk om die kwessie op te los.

Australië het verlede jaar kinders onder 16 verbied om TikTok te gebruik. – Reuters


2025-09-04 12:10:02

Aardbewing in Afganistan dodelikste in dekades

Die dodetal weens die kragtige aardbewing wat die oostelike dele van Afganistan die naweek getref het, het Donderdag tot meer as 2 200 gestyg.

Dit is nou die dodelikste aardbewing wat die land in dekades beleef het.

Die Taliban-regering sê die oorgrote meerderheid van die slagoffers is in die Koenar-provinsie, waar 2 205 mense gesterf het en 3 640 beseer is.

Die aardbewing met ’n sterkte van 6 het die bergagtige streek wat aan Pakistan grens Sondag getref. – AFP


2025-09-04 12:19:01

Rubio reis na Ecuador

Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake, sal na verwagting Donderdag verbeterde veiligheidsamewerking in die geweldgeteisterde Ecuador bespreek.

Rubio sal pres. Daniel Noboa van Ecuador ontmoet, wat soldate ontplooi het om geweld te bestry wat die land van een van Latyns-Amerika se veiligste na een van sy gevaarlikste verander het.

Die vergadering tussen Rubio en Noboa kom twee dae nadat Amerikaanse magte 11 lede van ’n dwelmsindikaat in ’n aanval doodgemaak het.

Volgens pres. Donald Trump was die oorledenes deel van Tren de Aragua, ’n Venezolaanse bende wat hy as ’n terreurorganisasie beskou. – AFP


2025-09-04 12:34:17

Oekraïne se bondgenote stem saam oor voortgesette hulp

Oekraïne se bondgenote het Donderdag ooreengekom oor die noodsaaklikheid om intensiewe hulp aan die land te bied sodat hy sy verdediging kan voortsit en dat blywende vrede robuuste veiligheidswaarborge vereis, sê Petr Fiala, die Tsjeggiese premier.

“Dit is nodig om voort te gaan met druk op Rusland met die doel om toestande vir regverdige en blywende vrede te skep,” het Fiala in Praag gesê, ná gesprekke wat virtueel sowel as in Parys, Frankryk, tussen lande in die “koalisie van die gewilliges” gehou is. – Reuters


2025-09-04 12:35:15

Kom ons leer speel-speel...

Britain's Prince and Princess of Wales visit the Natural History's newly transformed gardens Britain's Catherine, Princess of Wales, Patron of the Natural History Museum, and Britain's William, Prince of Wales visit the museum's newly transformed gardens and meet children and young people taking part in learning programmes which see them connecting with nature and boosting biodiversity in urban areas, in London, Britain September 4, 2025. Eddie Mulholland/Pool via REUTERS (Eddie Mulholland/via REUTERS)

Prins William en Catherine, prinses van Wallis, besoek kinders Donderdag in die Natuurhistoriese Museum in Londen, waar leerprogramme aangebied word om die natuur en biodiversiteit in stedelike gebiede te bevorder. Foto: Reuters


2025-09-04 13:10:34

Diewe slaan toe op Franse museum, steel Chinese porselein ter waarde van miljoene

Diewe het Donderdag vroegoggend drie porseleinwerke ter waarde van sowat €9,5 miljoen (ongeveer R193 miljoen),  geklassifiseer as nasionale skatte, uit ’n Franse museum gesteel.

Die Adrien Dubouché Nasionale Museum in Limoges het bevestig dat die inbrekers toegang deur ’n venster verkry het.

Volgens 'n bron na aan die ondersoek is “twee buitengewoon belangrike Chinese porseleinborde uit die 14de en 15de eeu” asook ’n Chinese vaas uit die 18de eeu gesteel.

Niemand is nog in verband met die diefstal in hegtenis geneem nie. – AFP


2025-09-04 13:12:39

Rusland glo ‘leier’ op gebied van prostetiese ledemate

Rusland het Donderdag gesê die aantal soldate wat gewond is in die oorlog met Oekraïne het die land 'n wêreldleier met die voorsiening van prostetiese ledemate gemaak.

Anna Tsiwiljowa, Russiese adjunkminister van verdediging, het op 'n ekonomiese forum in die stad Wladiwostok gesê dat gewonde soldate wat van die slagveld terugkeer, daartoe bygedra het dat Rusland sy innovasie inspan om prostetiese ledemate te vervaardig.

"Ons lei waarskynlik nou op daardie gebied," het sy gesê. Dit is nie bekend gemaak hoeveel Russiese soldate sedert die uitbreking van die oorlog gewond is nie. – AFP

ST PETERSBURG, RUSSIA - 2024/04/30: Russian military personnel during a rehearsal for the May 9 Victory Parade on Palace Square. ST PETERSBURG, RUSSIA - 2024/04/30: Russian military personnel during a rehearsal for the May 9 Victory Parade on Palace Square. (Photo by Artem Priakhin/SOPA Images/LightRocket via Getty Images) (SOPA Images/SOPA Images/LightRocket via Gett)

Slaggereed...

Russiese soldate neem deel aan ’n oefening in St. Petersburg. Volgens Rusland het die aantal soldate wat gewond is in die oorlog teen Oekraïne, die land 'n wêreldleier in prostetiese ledemate gemaak. Foto: Getty Images


2025-09-04 13:17:08

Pous vergader met Israeliese president, vra vir skietstilstand

Pous Leo het die "tragiese situasie in Gasa" op 'n vergadering Donderdag met Isaac Herzog, Israeliese president, bespreek, sê die Vatikaan.

Die pous het aangedring op 'n skietstilstand en die vrylating van die oorblywende gyselaars wat deur die Palestynse militante groep Hamas aangehou word. Hy het ook sy steun vir 'n tweestaatoplossing vir die dekades lange Israel-Palestynse konflik herhaal.

Leo, wat in Mei deur die wêreld se kardinale verkies is, het 'n meer versigtige toon as sy voorganger, Franciskus, ingeneem wanneer dit kom by Israel se militêre veldtog in Gasa. – Reuters


2025-09-04 13:28:09

Giorgio Armani sterf

Die wêreldberoemde Italiaanse modeontwerper Giorgio Armani is Donderdag in die ouderdom van 91 oorlede, het sy maatskappy bevestig.

Armani was sinoniem met moderne Italiaanse styl en elegansie, en het oor dekades heen die modebedryf wêreldwyd beïnvloed. Hy het nie net as ontwerper uitgestyg nie, maar was ook ’n meesterlike sakeman: Die Armani-groep het jaarliks ’n omset van sowat 2,3 miljard euro (ongeveer $2,7 miljard) behaal. Armani is op 11 Julie 1934 in Piacenza, Italië, gebore. Hy het sy loopbaan in die modewêreld in die 1960’s begin en sy eie handelsmerk, Armani, in 1975 gestig.

Armani se minimalistiese styl, met netjiese lyne en materiale van hoë gehalte, het hom beroemd gemaak onder Hollywood-sterre, sakelui en modekenners oor die wêreld heen. – Reuters

TOPSHOT - Italian designer Giorgio Armani acknowledges the applause at the end of his presentation for Armani Prive during the Women's Haute-Couture… TOPSHOT - Italian designer Giorgio Armani acknowledges the applause at the end of his presentation for Armani Prive during the Women's Haute-Couture Spring/Summer 2025 Fashion Week to mark its 20th anniversary, in Paris on January 28, 2025. (Photo by JULIEN DE ROSA / AFP) (Photo by JULIEN DE ROSA/AFP via Getty Images) (JULIEN DE ROSA/AFP via Getty Images)

'n Pionier groet

'n Argieffoto van Januarie 2025 van die Italiaanse ontwerper Giorgio Armani wat op die applous van die skare reageer aan die einde van sy aanbieding vir Armani Prive op die Women's Haute-Couture Lente-Somer 2025 Modeweek ter viering van die 20ste bestaansjaar daarvan, in Parys. Armani is Donderdag in die ouderdom van 91 oorlede. Foto: AFP


2025-09-04 14:01:03

Gebroke lewens en harte in Gasa

EDITORS NOTE: Graphic content / A Palestinian woman cries as she carries the body of a baby killed in Israeli strikes on Gaza City at dawn, before a funeral… EDITORS NOTE: Graphic content / A Palestinian woman cries as she carries the body of a baby killed in Israeli strikes on Gaza City at dawn, before a funeral procession outside the Al-Shifa hospital on September 4, 2025, amid the war between Israel and the Hamas militant movement. Hamas's 2023 attack that triggered the war resulted in the deaths of 1,219 people, mostly civilians, according to an AFP tally based on Israeli figures. Israel's retaliatory offensive has killed at least 63,746 Palestinians, most of them civilians, according to figures from the health ministry in Hamas-run Gaza that the United Nations considers reliable. (Photo by Omar AL-QATTAA / AFP) (OMAR AL-QATTAA/AFP)

’n Palestynse vrou huil terwyl sy die lykie van ’n baba vashou wat vroeg Donderdag in 'n Israeliese aanval op Gasastad gesterf het. Foto: AFP


2025-09-04 14:09:33

Nuwe ebola-uitbreking in DRK verklaar

Die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) se gesondheidsministerie het Donderdag ’n nuwe uitbreking van die dodelike ebola-virus verklaar nadat 28 gevalle en 16 sterftes aangemeld is. – Reuters


2025-09-04 14:32:22

Maddie-verdagte wat vrygelaat word, steeds 'gevaarlik' – aanklaer

’n Duitse aanklaer het Donderdag gewaarsku dat Christian Brueckner, die hoofverdagte in die 2007-verdwyning van die Britse kleuter Madeleine (Maddie) McCann, steeds "fundamenteel gevaarlik" is.

Brueckner word na verwagting vandeesmaand uit die tronk vrygelaat waar hy aangehou is ná sy skuldigbevinding op ’n onverwante saak.

In ’n onderhoud met AFP het Christian Wolters gesê ’n psigiatriese kenner wat onlangs vir Brueckner geassesseer het, het tot die gevolgtrekking gekom dat hy waarskynlik "verdere seksuele misdrywe" sal pleeg, en bygevoeg dat "ons moet aanvaar dat hy weer sal oortree". – AFP

Christian B, the man suspected by German authorities of murdering missing British girl Madeleine McCann ("Maddie"), arrives at court for a session in his trial of an unrelated case, on June 4, 2024. Christian B has yet to be charged in the Maddie case, but stands trial in Germany for two unrelated child sex offences and three counts of rape. (Photo by Julian Stratenschulte / POOL / AFP) (JULIAN STRATENSCHULTE/AFP)

Christian Brueckner, wat deur die Duitse owerhede van die moord op die vermiste Britse meisie Madeleine (Maddie) McCann verdink word, verskyn in Junie 2024 in die hof in ’n onverwante saak. Foto: AFP


2025-09-04 15:00:26

26 lande wil omsien na Oekraïne se veiligheid – Macron

26 lande het ingestem om tot Oekraïne se veiligheid by te dra ná die bereiking van 'n skietstilstand of vredesooreenkoms met Rusland, het pres. Emmanuel Macron van Frankryk Donderdag gesê.

"Ons het vandag 26 lande wat formeel verbind het – sommige ander het nog nie ’n standpunt ingeneem nie – om as ’n 'gerusstellingsmag' troepe in Oekraïne te ontplooi … ," het Macron aan verslaggewers gesê ná ’n vergadering van Oekraïne se Europese bondgenote.

Hy het bygevoeg dat "hierdie mag nie probeer om enige oorlog teen Rusland te voer nie". – AFP

France's President Emmanuel Macron (R) and Ukraine's President Volodymyr Zelensky arrive to chair the Coalition of the Willing Summit, at The Elysee… France's President Emmanuel Macron (R) and Ukraine's President Volodymyr Zelensky arrive to chair the Coalition of the Willing Summit, at The Elysee presidential Palace in Paris, on September 4, 2025. European leaders and Ukrainian President Volodymyr Zelensky meet in Paris on September 4, 2025, in a new effort to pile pressure on Russia's President Vladimir Putin after he vowed Russia will fight on in Ukraine if no peace deal is reached. (Photo by Ludovic MARIN / POOL / AFP) (LUDOVIC MARIN/AFP)

Press. Emmanuel Macron van Frankryk (regs) en Wolodimir Zelenski van Oekraïne kom Donderdag aan by ’n vergadering in Parys, Frankryk, een van Oekraïne se Europese bondgenote. Foto: AFP


2025-09-04 15:38:31

Trump brom oor EU-lande wat Russiese olie koop – Zelenski

Pres. Donald Trump het Donderdag sy frustrasie uitgespreek oor Europese lande wat steeds Russiese olie aankoop, het die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, gesê ná ’n telefoongesprek tussen Trump en Europese leiers by ’n beraad oor Oekraïne.

"President Trump is baie ontevrede daaroor dat Rusland se olie deur Europa aangekoop word. Onder meer is daar twee lande, ons weet dat dit Hongarye en Slowakye is," het Zelenski aan verslaggewers in Parys gesê ná ’n vergadering van Oekraïne se bondgenote om veiligheidswaarborge vir die land te bespreek. – AFP


2025-09-04 15:49:13

Oekraïne moet ’n ‘staal-ystervark’ word – EU-hoof

Oekraïne moet ’n “staal-ystervark” word, oneetbaar vir huidige en toekomstige aggressors, het Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, Donderdag gesê ná ’n vergadering van Oekraïne se bondgenote om veiligheidswaarborge vir die land te bespreek.

"Dit beteken dat hulle gewapende magte moet hê wat sterk, goed toegerus en modern is. Ons verdedigingsbedrywe versnel samewerking om dit te bewerkstellig," het sy in ’n verklaring gesê. – Reuters


2025-09-04 16:07:17

Ek hoop my motorfiets is amfibies …

Monsoon rains and rising water levels in Gujrat Vehicles move along a flooded road following monsoon rains and rising water levels of the Chenab River, in Gujrat, Punjab province, Pakistan, September 4, 2025. REUTERS/Stringer TPX IMAGES OF THE DAY (Stringer/REUTERS)

Voertuie beur Donderdag deur die vloedwater van ’n oorstroomde pad nadat moessonreën die watervlakke van die Chenabrivier in Gujrat, in Pakistan se Punjab-provinsie, baie hoog laat styg het. Foto: Reuters


2025-09-04 16:13:54

Beskuldigde in Liverpool-sokkertragedie ontken skuld

’n Britse man wat daarvan beskuldig word dat hy in Mei vanjaar met sy voertuig by sokkerondersteuners ingejaag het wat Liverpool se verowering van die Premierliga-titel gevier het, het Donderdag skuld op 31 aanklagte ontken.

Paul Doyle (53), ’n pa van drie van Liverpool, word van onder meer roekelose bestuur aangekla, asook die opset om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak.

In die voorval in Liverpool se middestad is 134 mense beseer. – AFP


2025-09-04 16:43:25

Washington DC dagvaar regering oor ontplooiing van troepe

Washington DC het ’n regsgeding teen die Trump-administrasie aanhangig gemaak oor die ontplooiing van Nasionale Garde-troepe in die hoofstad.

"Gewapende soldate behoort nie Amerikaanse burgers op Amerikaanse grond te polisieer nie," sê Brian Schwalb, die stad se prokureur-generaal, in 'n X-plasing.

"Die gedwonge militêre besetting van die Distrik Columbia skend ons plaaslike outonomie en basiese vryhede. Dit moet beëindig word." – Reuters

Trump orders National Guard and increased federal law enforcement in Washington, D.C. Members of the National Guard patrol near Dupont Circle weeks after U.S. President Donald Trump deployed the National Guard and ordered an increased presence of federal law enforcement in Washington, D.C., U.S., September 2, 2025. REUTERS/Leah Millis (Leah Millis/REUTERS)

Lede van die Nasionale Garde patrolleer vandeesweek ’n straat in Washington DC. Foto: Reuters


2025-09-04 17:18:13

Macron nie welkom in Israel ‘oor erkenning van Palestina’

Israel het Donderdag aangekondig dat pres. Emmanuel Macron van Frankryk nie tot die land toegelaat sal word solank as wat Parys planne het om ’n Palestynse staat amptelik te erken nie.

Gideon Sa’ar, Israel se minister van buitelandse sake, sê “daar is geen ruimte” vir ’n presidensiële besoek terwyl Frankryk voortgaan met planne en pogings wat Israel se belange benadeel nie.

Volgens Israeliese media het Benjamin Netanyahu, Israeliese premier, reeds vroeër ’n versoek van Macron afgewys om later die maand ’n kort besoek aan Israel te bring voor die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering, waar Macron van plan is om Palestina formeel te erken. – AFP


2025-09-04 17:31:35

Nóg ’n kragtige aardbewing tref Afganistan

’n Aardbewing van 6,2 het Donderdag die suidooste van Afganistan getref, het die Duitse sentrum vir geowetenskappe bevestig.

Die aardbewing het op ’n diepte van 10 km voorgekom.

Die jongste skudding volg op ’n reeks aardbewings vroeër dié week in die ooste van die land wat meer as 2 200 mense dood gelaat en meer as 3 600 beseer het. Dorpe is platgevee en duisende mense is ontheem.

Sondag se aardbewing van 6,0, een van die dodelikstes in Afganistan die afgelope paar jaar, het reeds grootskaalse verwoesting in die Kunar- en Nangarhar-provinsies gesaai. – Reuters


2025-09-04 17:47:33

Vlugvoetig...

Dansers het vandeesweek in Buenos Aires, Argentinië, byeengekom vir die jaarlikse Wêreld-tangokampioenskapskompetisie. Foto: AP


2025-09-04 17:58:57

1 sterf, 6 beseer in mesaanval in Kanada

Een persoon is dood en ses ander beseer in  ’n mesaanval Donderdag in die plaaslike gemeenskap Hollow Water First Nation, sowat 217 km noord van die Kanadese stad Winnipeg.

Volgens die Kanadese polisie is “minstens ses slagoffers hospitaal toe gebring en een persoon is dood”. Die verdagte het in die voorval gesterf.

Nood- en ondersoekspanne is vinnig na die toneel ontbied. Die motief of die oorsaak van die aanval is onbekend. – AFP


2025-09-04 18:17:27

‘Israel beheer 40% van Gasastad’, bloedige aanvalle duur voort

Israel se weermag beheer 40% van Gasastad, het dié land Donderdag bekend gemaak.

"Ons hou aan om Hamas se infrastruktuur te vernietig,” sê brig.genl. Effie Defrin, Israeliese weermagwoordvoerder.

“Ons beheer 40% van die gebied in Gasastad.”

Defrin het verwys na die Zeitoun- en die Sjeik Radwan-woonbuurt. “Die operasie gaan in die volgende paar dae uitgebrei word.”

Volgens Gasa se gesondheidsowerhede is 54 mense Donderdag in Israeliese aanvalle oor die gebied heen dood.

Die meeste sterftes het in Gasastad voorgekom, waar Israeliese magte deur die buitewyke gevorder het en nou net ’n paar kilometer van die middestad is. – Reuters

Smoke rises after an explosion in Gaza, as seen from the Israeli side of the border Smoke rises after an explosion in Gaza, as seen from the Israeli side of the border, September 4, 2025. REUTERS/Amir Cohen (Amir Cohen/REUTERS)

Gasa-slagting duur voort

Digte rook hang in die lug ná 'n ontploffing Donderdag in Gasa, soos gesien vanaf die Israeliese kant van die grens. Foto: Reuters


2025-09-04 18:25:59

Israel veroordeel ‘volksmoord’-opmerking

Israel het Donderdag opmerkings van Teresa Ribera, visepresident van die Europese Kommissie, gekritiseer waarin sy die oorlog in Gasa 'n “volksmoord” noem.

Israel het Ribera daarvan beskuldig dat sy ’n “spreekbuis vir Hamas-propaganda” is. “Ons veroordeel die ongegronde bewerings wat deur die uitvoerende visepresident van die Europese Kommissie gemaak is,” skryf Oren Marmorstein, woordvoerder van die Israeliese departement van buitelandse sake, op X.

“In plaas daarvan om die lasterlike ‘volksmoord’-opmerkings na te praat wat Hamas versprei, moes Ribera gevra het om die vrylating van alle gyselaars en dat Hamas sy wapens neerlê sodat die oorlog kan eindig.” – AFP


2025-09-04 18:34:50

Op hul pos. . .

U.S. Secretary of State Marco Rubio meets with Ecuador's President Daniel Noboa in Quito Soldiers stand guard outside the Palacio de Carondelet during the visit of U.S. Secretary of State Marco Rubio, in Quito, Ecuador September 4, 2025. REUTERS/Karen Toro (Karen Toro/REUTERS)

Soldate staan wag buite die Carondelet-paleis tydens ’n besoek Donderdag van Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake, aan Quito, hoofstad van Ecuador. Foto: Reuters


2025-09-04 18:46:21

Europa moet ekonomiese druk op China toepas oor sy steun aan Rusland, sê Trump

Pres. Donald Trump het Donderdag Europese lande aangespoor om ekonomiese druk op China te plaas weens sy steun vir Rusland se inval in Oekraïne, sê die Withuis.

Dis onseker watter poging Trump volgende gaan aanwend om vrede te bewerkstellig nadat sy pogings vir bemiddeling tussen Rusland en Oekraïne misluk het.

Amerika het reeds besluit om sanksies teen Indië in te stel as straf vir die aankoop van Russiese olie. Trump het dit tot dusver nie met China gedoen nie, al voer dié ook baie Russiese olie in. – AFP


2025-09-04 19:01:19

Ter viering van die profeet se geboorte

Egyptians take part in a procession celebrating the birth of Islam's Prophet Mohammad in Cairo's old Islamic quarter of Azhar on September 4, 2025. Egyptians take part in a procession celebrating the birth of Islam's Prophet Mohammad in Cairo's old Islamic quarter of Azhar on September 4, 2025. (Photo by AFP) (-/AFP)

Egiptenare neem Donderdag deel aan ’n optog in Kaïro se ou Islamitiese buurt Azhar ter viering van die geboorte van Islam se profeet Mohammed. Foto: AFP


2025-09-04 19:10:30

Kragmaatskappy gedagvaar oor dodelike LA-veldbrand

Die Amerikaanse regering het Donderdag ’n regsgeding aanhangig gemaak teen ’n groot kragmaatskappy weens veldbrande in Suid-Kalifornië, insluitend een van die reusebrande wat in Januarie deur die Los Angeles-gebied gewoed het.

Volgens die departement van justisie is daar geen twyfel nie dat Southern California Edison verantwoordelik was vir die sogenaamde Eaton-brand, waarin 19 mense gesterf en duisende huise vernietig is.

Dié brand was een van twee wat in Januarie deur die groter Los Angeles versprei het, aangedryf deur sterk wind. – AFP


2025-09-04 19:33:20

Nazi se dogter in Argentinië aangekla oor gesteelde kunswerke

Die dogter en skoonseun van ’n Nazi wat in die Tweede Wêreldoorlog kuns van Europese Jode gesteel het, is Donderdag in ’n Argentynse hof aangekla van die verberging van gesteelde kunswerke, insluitend 22 werke deur die Franse skilder Henri Matisse.

Die egpaar het in die kollig beland nadat ’n 18de-eeuse skildery, wat destyds van ’n Nederlandse kunsversamelaar gesteel is, verlede maand in ’n Argentynse eiendomsadvertensie raakgesien is.

Die skildery is afgeneem in die huis van ’n dogter van Friedrich Kadgien, ’n Nazi wat ná die oorlog na Argentinië gevlug het en in 1978 daar oorlede is.

Die polisie het met 'n ondersoek begin en verskeie klopjagte uitgevoer om die skildery op te spoor, net om 22 werke uit die 1940's deur Matisse en ander werke, waarvan die oorsprong nog bepaal moet word, te ontdek.

Die kunswerke is in besit van lede van die Kadgien-familie in die Argentynse kusdorp Mar del Plata gevind, het amptenare gesê. – AFP

Argentine Patricia Kadgien (C), daugther of SS financial guru Friedrich Kadgien, one of several high-ranking Nazis to escape to Argentina after the war,… Argentine Patricia Kadgien (C), daugther of SS financial guru Friedrich Kadgien, one of several high-ranking Nazis to escape to Argentina after the war, attends a hearing after being arrested in Mar del Plata, Buenos Aires province on September 4, 2025. Argentine authorities recovered an 18th century painting stolen by Nazis from a Dutch Jewish art collector over a week after it appeared in a property ad only to suddenly vanish. The "Portrait of a Lady" by Italian baroque painter Giuseppe Ghislandi was hanging above a green sofa in the living room of Patricia Kadgien' house. (Photo by AFP) (STRINGER/AFP)

Patricia Kadgien (middel), ’n dogter van die Nazi Friedrich Kadgien, verskyn Donderdag in ’n hof in Mar del Plata, Argentinië, in verband met die verberging van gesteelde kunswerke. Foto: AFP


2025-09-04 20:01:44

Nuwe ster skitter op die Walk of Fame

Actor Jessica Chastain unveils her star on the Hollywood Walk of Fame in Los Angeles Actor Jessica Chastain poses during the ceremony honoring her with a star on the Hollywood Walk of Fame in Los Angeles, California, U.S., September 4, 2025. REUTERS/Mario Anzuoni (Mario Anzuoni/REUTERS)

Die aktrise Jessica Chastain poseer Donderdag by haar ster nadat dit op die Hollywood Walk of Fame in Los Angeles, Kalifornië, onthul is. Foto: Reuters


2025-09-04 20:12:38

Erkenning van Palestynse staat sal probleme skep – Rubio

U.S. Secretary of State Marco Rubio meets with Ecuador's President Daniel Noboa in Quito U.S. Secretary of State Marco Rubio greets supporters after a joint press conference with Ecuador's Foreign Minister Gabriela Sommerfeld at the Palacio de Carondelet in Quito, Ecuador, September 4, 2025. REUTERS/Karen Toro (Karen Toro/REUTERS)

Amerika het aan ander lande gesê die erkenning van ’n Palestynse staat sal meer probleme veroorsaak, het Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake, Donderdag gesê.

“Ons het aan al hierdie lande gesê, ons het hulle almal gewaarsku, ons het gesê as julle hierdie erkenning-ding doen, dit is alles vals, dit is nie eens werklik nie; as julle dit doen, gaan julle probleme veroorsaak,” het Rubio in Quito gesê, waar hy met pres. Daniel Noboa en sy Ecuadoriaanse ampsgenoot vergader het.

“Daar gaan ’n reaksie wees; dit gaan dit moeiliker maak om ’n skietstilstand te kry...” het Rubio bygevoeg. – Reuters


2025-09-05 03:25:51

Biden ondergaan operasie om kankerselle te verwyder

Joe Biden (82), voormalige Amerikaanse president, het onlangs ’n operasie ondergaan om kankerselle uit sy vel te verwyder en herstel goed, het NBC News Donderdag berig met verwysing na ’n woordvoerder.

Die prosedure word algemeen gebruik om die mees algemene vorme van velkanker te behandel.

Die operasie kom net maande nadat Biden in Mei onthul het dat metastatiese prostaatkanker by hom gediagnoseer is.

’n Woordvoerder het Donderdag nie onmiddellik op ’n versoek om kommentaar gereageer nie. – Reuters


2025-09-05 03:49:00

Albanese praat met Trump oor minerale, sekuriteit

Anthony Albanese, premier van Australië, sê hy het kritieke minerale sowel as sekuriteit en handel met pres. Donald Trump in ’n telefoonoproep bespreek, voor ’n moontlike vergadering by die Verenigde Nasies vandeesmaand.

Albanese, wat nog nie persoonlik met Trump vergader het nie, het gesê die oproep met Trump was “warm en konstruktief”.

“Ons het ons handels- en ekonomiese verhouding sowel as gebiede vir groei, insluitend kritieke minerale, bespreek. Ons het ook gedeelde veiligheidsbelange tussen die VSA en Australië bespreek.” – AFP


2025-09-05 03:53:25

3 dood in aanval op Charkif-streek

Drie mense is laat Donderdag dood in ’n Russiese aanval op ’n dorpie in die Charkif-streek van die Oekraïne, het die hoof van die streek se militêre administrasie gesê.

Twee mans en een vrou is dood. Twee mense is ook gewond.

Sommige van die slagoffers was padherstelwerkers. – AFP


2025-09-05 04:04:20

31 dood, 50 000 ontheem weens geweld in Ghana

Minstens 31 mense is dood en byna 50 000 ontheem in skermutselings tussen gemeenskappe in die noorde van Ghana wat laat verlede maand begin het.

Meer as 13 000 mense het oor die grens na die Ivoorkus gevlug.

Die geweld in die Savannah-streek het op 24 Augustus naby die Ivoorkus-grens uitgebreek.

Die konflik het begin toe die plaaslike hoofman ’n stuk grond aan ’n private ontwikkelaar verkoop het, sonder die breër toestemming van die gemeenskap.

Toe die ontwikkelaar probeer het om toegang tot die grond te kry, het inwoners gewelddadig weerstand gebied. – AFP


2025-09-05 04:13:00

Trump gaan naam van departement van verdediging verander

Pres. Donald Trump gaan die naam van die departement van verdediging na die departement van oorlog verander, het die Withuis Donderdag aangekondig.

Hoewel die departement se amptelike naam in die wet vasgelê is, magtig Trump in ’n uitvoerende bevel die gebruik van die nuwe etiket as ’n “sekondêre titel” deur sy administrasie.

Verdedigingsamptenare word toegelaat om “sekondêre titels soos “minister van oorlog” in amptelike korrespondensie, openbare kommunikasie, seremoniële kontekste en nie-statutêre dokumente binne die uitvoerende gesag” te gebruik. – AFP


2025-09-05 04:21:35

DRK verklaar nuwe uitbreking van Ebola

Gesondheidsowerhede in die Demokratiese Republiek die Kongo het ’n nuwe uitbreking van Ebola verklaar, wat sedert die einde van Augustus 15 lewens geëis het.

Die nuwe uitbreking is in die sentrale Kasai-provinsie.

Agt en twintig vermoedelike gevalle is in die Kasai-provinsie aangeteken, volgens voorlopige syfers.

Die laaste uitbreking van Ebola in die land was drie jaar gelede en het ses lewens geëis.

Dit is die 16de uitbreking wat in die land aangeteken is. – AFP


2025-09-05 04:37:00

15 dood in busongeluk in Sri Lanka

Vyftien mense is dood nadat ’n bus met plaaslike toeriste byna 300 meter in Sri Lanka geval het, het die polisie Vrydag gesê.

Die ongeluk het Donderdagaand in die bergagtige Ella-gebied plaasgevind, ongeveer 130 km oos van die hoofstad, Colombo.

Sestien mense is ook beseer.

Die groep was op pad huis toe ná ’n vakansie in die heuwels toe die bus ’n ander voertuig getref, deur relings gebars en toe oor die kant geval het. – AFP


2025-09-05 05:43:10

Naskokke tref Afganistan

Twee kragtige naskokke het die ooste van Afganistan binne ’n tydperk van 12 uur geskud, het die Duitse Navorsingsentrum vir Geowetenskappe (GFZ) gesê.

’n Reuters-ooggetuie het gesê voortdurende naskokke het die Nangarhar-provinsie getref en besonderhede van die skade word steeds ingesamel.

Vrydag het ’n aardbewing van 5,4 getref, ure ná een laat Donderdagaand.

Meer as 2 200 mense is sedert die eerste aardbewing Sondag ure voor middernag dood. – Reuters

Death toll jumps over to 1,400 as earthquake devastates eastern Afghanistan KUNAR, AFGHANISTAN - SEPTEMBER 02: A man is seen outside near severely damaged houses after a 6.0-magnitude earthquake struck Afghanistan's eastern Kunar province on September 02, 2025. The quake hit central Afghanistan on Sunday, killing at least 1,400 people and injuring 3,251 others, causing much devastation in the eastern provinces of Kunar and Nangarhar. (Photo by Haroon Sabawoon/Anadolu via Getty Images) (Anadolu/Anadolu via Getty Images)

’n Man word gesien tussen erg beskadigde huise in die Kunar-provinsie nadat ’n aardbewing Afganistan getref het. Foto: Getty Images/Anadolu


2025-09-05 06:47:56

Poetin waarsku weer teen Westerse troepe in Oekraïne

Pres. Wladimir Poetin sê dat Westerse troepe wat in Oekraïne ontplooi word, wettige teikens vir Moskou sal wees om aan te val.

Rusland voer lank aan een van sy redes vir die oorlog in Oekraïne is om te verhoed dat Navo die land as lid toelaat en sy magte in Oekraïne plaas.

“Daarom, as sommige troepe daar verskyn, veral nou, tydens militêre operasies, gaan hierdie wettige teikens vir vernietiging wees.

“En as besluite geneem word wat tot vrede lei, tot langtermynvrede, dan sien ek eenvoudig geen sin in hul teenwoordigheid op die gebied van Oekraïne nie, punt.” – Reuters


2025-09-05 06:57:06

Rusland lewer humanitêre hulp aan Afganistan

Rusland het ’n vragvliegtuig met humanitêre hulp na Afganistan gestuur nadat minstens 2 200 mense dood is weens ’n kragtige aardbewing.

Rusland se noodministerie het gesê hy het 20 ton voedsel aan Kaboel afgelewer.

“Op instruksies van die president van die Russiese Federasie word beplan om in die nabye toekoms ’n tweede besending humanitêre hulp te stuur.”

Moskou het vroeër vanjaar die eerste land geword wat die Taliban-regering amptelik erken het ná hul oorname in 2021. – AFP


2025-09-05 07:07:17

Tot 450 werkers vas by Hyundai-aanleg in Amerika

Tot 450 werkers by ’n Hyundai Motor-aanleg wat in Georgia gebou word, is in ’n groot klopjag deur Amerikaanse owerhede in hegtenis geneem, wat tot die staking van bouwerk gelei het.

Die klopjag, wat Donderdag gehou is, het die projek tydelik in die wiele gery.

’n Agent by die Amerikaanse departement van binnelandse veiligheid het gesê verskeie Amerikaanse agentskappe het ’n “geregtelik gemagtigde handhawingsoperasie uitgevoer, aangesien ons aktief ’n ondersoek na onwettige indiensnemingspraktyke doen”. – Reuters


2025-09-05 07:34:52

Werk aan veiligheidswaarborge moet versnel word, sê Zelenski

Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne sê die tempo van werk aan veiligheidswaarborge vir Oekraïne moet versnel word ná wat hy ’n “betekenisvolle” gesprek met Mark Rutte, sekretaris-generaal van Navo, genoem het.

“Dit is belangrik om so produktief moontlik saam met Amerika te wees. Dit is belangrik om ons lugverdediging te versterk,” het Zelenski op Telegram geskryf. – Reuters


2025-09-05 07:54:03

‘Hou op China by oorlog insleep’

Beijing sê hy is “sterk gekant teen” beroepe om ekonomiese druk op China te plaas.

Dit kom nadat pres. Donald Trump Europese lande aangespoor het om dit te doen weens die oorlog in Oekraïne.

“Ons is sterk gekant teen die praktyk om China voortdurend by die saak (van die oorlog) in te sleep en ons is sterk gekant teen die oplegging van sogenaamde ekonomiese druk op China,” het Guo Jiakun, woordvoerder van die ministerie van buitelandse sake, gesê. – AFP


2025-09-05 08:31:49

Lees ’n boekie, kom vinniger uit die tjoekie

Gevangenes in Oesbekistan sal vir vonnisvermindering in aanmerking kan kom as hulle boeke lees wat deur owerhede gekies is om “korrekte geestelike en morele waardes” te kweek.

Wetgewers het Donderdag ’n wysiging van die strafwet goedgekeur wat die skema vir ongeveer 13 500 gevangenes instel, almal behalwe diegene wat lewenslange tronkstraf opgelê is.

Vir elke boek wat gelees word, kan die vonnis met drie dae verminder word, maar nie meer as 30 dae per jaar nie.

’n Spesiale komitee sal verifieer of die gevangene die boek wel gelees het. – AFP


2025-09-05 08:49:07

Duitse polisie soek na leerling wat onderwyser aanval

Die polisie in Duitsland is op soek na ’n leerling wat ’n onderwyser by ’n skool in die stad Essen gesteek het, het die Bild-koerant Vrydag berig.

Die polisie het op X gesê dat ’n onderwyser in ’n aanval beseer is en dat die polisie-operasie voortduur. – Reuters


2025-09-05 09:03:43

Hamas-video wys glo twee gyselaars in Gasastad

Hamas het Vrydag beeldmateriaal bekend gestel van twee gyselaars wat tydens die aanval op Israel op 7 Oktober 2023 gevange geneem is.

Die video wys een gyselaar in ’n motor wat deur ’n woonbuurt ry en ’n beroep op die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, doen om nie ’n beplande militêre offensief uit te voer om Gasastad te verower nie.

’n Ander gyselaar word later in die video, wat glo op 28 Augustus opgeneem is, gesien.

AFP kon nie die video of die datum waarop dit verfilm is onmiddellik verifieer nie. – AFP


2025-09-05 09:22:27

Thailand se nuwe premier gekies

Anutin Charnvirakul is Vrydag in ’n parlementêre stemming tot premier van Thailand verkies. Hy het die kandidaat van die Shinawatra-familie se eens dominante regerende party verslaan en daarmee ’n week van chaos en ’n politieke dooiepunt beëindig.

Met die beslissende steun van die opposisie het Anutin maklik die drumpel van meer as die helfte van die stemme in die laerhuis wat nodig is om premier te word, oorskry.

Dit volg op die verwydering verlede week van Paetongtarn Shinawatra as premier. – Reuters

Thailand's parliament votes for a new prime minister following the Constitutional Court's removal of PM Paetongtarn in Bangkok Bhumjaithai Party leader and prime ministerial candidate Anutin Charnvirakul arrives at the parliament ahead of the vote for a new prime minister, following the Constitutional Court's removal of Prime Minister Paetongtarn Shinawatra from office for an ethics violation, in Bangkok, Thailand, September 5, 2025. REUTERS/Patipat Janthong (Patipat Janthong/REUTERS)

Anutin Charnvirakul, nuwe premier van Thailand. Foto: Reuters


2025-09-05 09:53:03

19 in en om Gasastad dood

Negentien mense is Vrydag in ’n reeks Israeliese aanvalle in en om Gasastad dood.

Mahmud Bassal, woordvoerder van Gasa se verdedigingsagentskap, sê die aanvalle het geboue en tente getref wat ontheemde inwoners in verskeie woonbuurte en aan die buitewyke van die stad huisves.

Die Israeliese weermag, wat deur AFP gekontak is, het tydraamwerke en koördinate versoek om kommentaar te lewer oor spesifieke voorvalle. – AFP


2025-09-05 10:08:33

Trump het ‘siniese benadering’ tot oplos van oorlog

Pres. Donald Trump se benadering tot diplomasie is “nogal sinies”, maar in ’n positiewe sin, het Dmitri Peskof, Kremlin-woordvoerder, gesê.

Peskof het Trump se posisie gekontrasteer met dié van Europese lande wat, volgens hom, alles in hul vermoë doen om ’n vreedsame skikking van die oorlog in Oekraïne te belemmer.

“In teenstelling hiermee is Trump baie meer konstruktief. Hy is, in die goeie sin van die woord, nogal sinies. In terme van: ‘Hoekom veg as jy kan handel dryf?’ En gebaseer op hierdie belange van Amerika, doen hy alles om oorloë stop te sit.” – Reuters


2025-09-05 10:28:04

Leerling vas wat glo onderwyser steek

’n Leerling wat glo Vrydag ’n onderwyser by ’n beroepskollege in die Duitse stad Essen gesteek het, is vasgetrek.

’n Verdagte is aangekeer nadat hy van die toneel gevlug het.

“Die polisie het vuurwapens in die inhegtenisneming gebruik, waartydens die verdagte beseer is,” het die polisie gesê.

Die Bild-koerant het berig dat die slagoffer ’n vroulike onderwyseres is wat in die maag gesteek is en ’n noodoperasie moes ondergaan. – AFP


2025-09-05 11:21:33

Brittanje se hertogin van Kent sterf

Katharine, hertogin van Kent, veral bekend om haar lang verbintenis met die Wimbledon-tennistoernooi, is in die ouderdom van 92 jaar oorlede, het die Buckingham-paleis Vrydag gesê.

Gebore as Katharine Worsley het sy haar by die koninklike familie aangesluit toe sy in 1961 met prins Edward, die hertog van Kent, getroud is nadat sy hom vyf jaar tevore ontmoet het toe hy in militêre barakke in Noord-Engeland gestasioneer was. – Reuters

LONDON, ENGLAND - JULY 02: Katharine, Duchess of Kent, Rajinder Singh MBE, Prince Edward, Duke of Kent and Catherine, Duchess of Cambridge attend Wimbledon… LONDON, ENGLAND - JULY 02: Katharine, Duchess of Kent, Rajinder Singh MBE, Prince Edward, Duke of Kent and Catherine, Duchess of Cambridge attend Wimbledon Championships Tennis Tournament at All England Lawn Tennis and Croquet Club on July 02, 2021 in London, England. (Photo by Karwai Tang/WireImage) (Karwai Tang/WireImage)

Hertogin van Kent sterf

’n Argieffoto van Katharine, hertogin van Kent (links), tydens die Wimbledon-tenniskampioenskappe in Londen, Engeland, op 2 Julie 2021. Saam met haar is prins Edward, die hertog van Kent, en Catherine, toe nog die hertogin van Cambridge.

Foto: Getty Images


2025-09-05 11:29:53

Zelenski sê 'duisende' Westerse troepe kan ontplooi word

Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne sê "duisende" Westerse troepe kan moontlik ontplooi word as deel van veiligheidswaarborge in ’n vredesooreenkoms om die oorlog met Rusland te beëindig.

"Dit sal beslis nie enkelsyfers wees nie, maar in die duisende. En dit is ’n feit, maar dit is nog ’n bietjie te vroeg om daaroor te praat," het Zelenski Vrydag tydens ’n nuuskonferensie met die president van die Europese Raad, António Costa, in die weste van Oekraïne gesê. – AFP


2025-09-05 11:37:39

Dokument wys Duitse regering wil toerusting, wapentuig aankoop

Die Duitse regering beplan om teen die einde van die jaar parlementêre goedkeuring vir sowat 80 verdedigingsprojekte te kry, insluitend vir die aankoop van bykomende Eurofighter-stralers en Patriot- en IRIS-T SLM-missiele.

’n Regeringsdokument lys 81 projekte wat die drempel van €25 miljoen ($29 miljoen) oorskry.

Die aankope moet deur die Duitse parlement se begrotingskomitee goedgekeur word.

Dit is nie bekend wie anders betrokke is by die projekte of watter maatskappy die toerusting of wapentuig vervaardig nie. – Reuters


2025-09-05 11:49:42

Gebede by graf van moeder Teresa

Sisters of Missionaries of Charity and devotee followers pray in front of the tomb of Saint Mother Teresa at Mother House in Kolkata, India, on September 5, 2025, during the feast day celebration of Saint Mother Teresa. The day marks the death anniversary of Saint Mother Teresa. (Photo by Debarchan Chatterjee/NurPhoto via Getty Images) (NurPhoto/NurPhoto via Getty Images)

Lede van die Sendelinge van Liefdadigheid, ’n Katolieke orde vir vroue wat in 1950 deur moeder Teresa gestig is, bid Vrydag by haar graf in Kolkata, Indië. Moeder Teresa is op 5 September 1997 oorlede.

Foto: Getty Images


2025-09-05 12:14:12

Britse adjunkpremier bedank

Angela Rayner, Brittanje se adjunkpremier, het Vrydag bedank nadat ’n ondersoek bevind het dat sy die ministeriële kode oortree deur te min eiendomsbelasting te betaal.

Rayner se bedanking is ’n groot slag vir die beleërde Arbeidersregering van Keir Starmer, Britse premier.

Rayner, ’n vooraanstaande figuur onder die party se linkses, het vroeër vandeesweek erken dat sy nie genoeg betaal het tydens die aankoop van ’n woonstel nie.

“Gegewe die bevindinge en die impak op my familie, het ek dus besluit om te bedank,” skryf Rayner in ’n brief aan Starmer. Sy het bygevoeg dat sy ook as minister van behuising en die adjunkleier van die Arbeidersparty bedank. – AFP

DUDLEY, ENGLAND- MARCH 28: Labour Deputy Leader Angela Rayner launches the party's campaign for the May 2 local elections in the Dudley North constituency on… DUDLEY, ENGLAND- MARCH 28: Labour Deputy Leader Angela Rayner launches the party's campaign for the May 2 local elections in the Dudley North constituency on March 28, 2024 in Dudley, United Kingdom. The Conservatives took this red wall seat from Labour in 2019. Starmer and Rayner are highlighting how they think government's levelling up agenda has failed. (Photo by Eddie Keogh/Getty Images) (Eddie Keogh/Getty Images)

Britse adjunkpremier erken sy betaal te min belasting

’n Argieffoto van Angela Rayner, Britse adjunkpremier, tydens die Arbeidersparty se verkiesingsveldtog in Dudley, Brittanje, in Maart 2024. Foto: Getty Images


2025-09-05 12:23:19

Egipte sal nie verplasing van Palestyne duld

Egipte sê dat hy nie die massa-verplasing van Palestyne en wat die land as volksmoord in Gasa beskryf sal duld nie.

“Verplasing is nie ’n opsie nie en dit is ’n skeidslyn vir Egipte. Ons sal nie toelaat dat dit gebeur nie,” het Badr Abdelatty, Egiptiese minister van buitelandse sake, Vrydag aan verslaggewers in Nicosia gesê.

“Verplasing beteken likwidasie en die einde van die Palestynse saak en daar is geen wettige, morele of etiese gronde om mense uit hul vaderland te sit nie,” het hy gesê. – Reuters


2025-09-05 12:27:42

Britte moenie skrik as almal se fone gelyk lui

Miljoene selfone oor Brittanje heen sal Sondag gelyktydig ’n sirene laat loei as deel van die regering se pogings om beter voor te berei vir nasionale noodgevalle.

Die landwye toets kom terwyl amptenare poog om die land se veerkragtigheid te verskerp te midde van meer gereelde ekstreme weersomstandighede en kommer oor Rusland se oorlog in Oekraïne.

Om 15:00 (14:00 GT) sal die meeste van Brittanje se 87 miljoen selfone en tablette soos ’n sirene loei en ongeveer 10 sekondes vibreer, sê die regering.

Gebruikers sal ook ’n boodskap ontvang wat lui die waarskuwing is slegs ’n oefening, in wat slegs die tweede toets van die nasionale noodwaarskuwingstelsel is ná die eerste in 2003. – AFP


2025-09-05 13:14:40

Franse wil 'Nostradamus'-radar versterk om missiele op te spoor

Frankryk se ministerie van verdediging het hom ten doel gestel om 'n radarstelsel uit die 1990's te verbeter as deel van die land se pogings om sy vroeë waarskuwingsverdediging te versterk.

Die langafstandopsporingstelsel genaamd Nostradamus in Normandië is Europa se enigste radar wat so ver soos Moskou kan sien. Die Franse regering wil nou die tegnologie, wat in 1995 ontwikkel is, verbeter.

Die doelwit is in reaksie op pres. Donald Trump wat dit vroeër duidelik gemaak het dat hy verwag dat Europa meer sal doen om homself te beskerm en nie langer op Amerika daarvoor moet staatmaak nie. – AFP


2025-09-05 13:16:23

Ons het nou Indië en Rusland verloor, sê Trump

Pres. Donald Trump het Vrydag gesê Indië en Rusland is "verlore" nadat hul leiers vandeesweek met China se pres. Xi Jinping vergader het.

Trump het sy ergernis teenoor die twee lande uitgespreek terwyl "China 'n nuwe wêreldorde" probeer bevorder.

"Dit lyk asof ons Indië en Rusland verloor het aan die diepste, donkerste China. Mag hulle 'n lang en voorspoedige toekoms saam hê!" skryf Trump in 'n sosialemediaplasing.

Trump het ook 'n foto van die drie leiers by die beraad in China geplaas. – Reuters


2025-09-05 13:17:43

Israel fokus nou op Gasastad se hoë geboue

Die Israeliese weermag het Vrydag 'n hoë gebou in Gasastad vernietig kort nadat hy aangekondig het dat hoë geboue, wat deur Hamas gebruik word, geteiken sou word voordat Israeliese soldate die stadsentrum sal inneem.

Israel sê hy het "beduidende Hamas-terreuraktiwiteite binne 'n wye verskeidenheid van infrastruktuurterreine in Gasastad, en veral in hoë geboue, geïdentifiseer".

Die weermag het bygevoeg dat hy dit "in die komende dae" sal teiken. – AFP

Israeli strike hits building in Gaza City Palestinians run as a building hit by an Israeli air strike collapses, in Gaza City, September 5, 2025. REUTERS/Mahmoud Issa TPX IMAGES OF THE DAY (Mahmoud Issa/REUTERS)

Hoë geboue nou in Israel se visier . . .

Palestyne hardloop Vrydag terwyl 'n gebou wat deur 'n Israeliese lugaanval getref is in Gasastad ineenstort.

Foto: Reuters


2025-09-05 14:00:32

Farage laat die vonke spat

Britain's Reform UK Party national conference in Birmingham Britain's Reform UK party leader Nigel Farage gestures as he attends the party's national conference at the National Exhibition Centre in Birmingham, Britain, September 5, 2025. REUTERS/Isabel Infantes TPX IMAGES OF THE DAY (Isabel Infantes/REUTERS)

Nigel Farage, leier van die Britse Reform UK-party, Vrydag by die party se nasionale konferensie in Birmingham, Brittanje. Foto: Reuters


2025-09-05 14:13:32

WGO hef noodtoestand oor a-pokke op

A-pokke is nie meer ’n openbare wêreldgesondheidsnoodtoestand nie, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) Vrydag ná ’n volgehoue afname in gevalle en sterftes in die Demokratiese Republiek die Kongo en ander geraakte lande aangekondig.

"Om die noodtoestand op te hef beteken natuurlik nie dat die bedreiging verby is nie," het Tedros Adhanom Ghebreyesus, WGO-hoof, op ’n mediakonferensie gesê nadat hy besluit het om die WGO se hoogste noodstatus, wat meer as ’n jaar gelede ingestel is, op te hef. – AFP


2025-09-05 14:29:57

Hamas stel video van 2 Israeli-gyselaars vry

Hamas se gewapende vleuel het Vrydag beeldmateriaal vrygestel wat twee gyselaars wys wat in die aanval op Israel in Oktober 2023 gevange geneem is.

Die video wys die gyselaar Guy Gilboa-Dalal in ’n motor wat deur ’n woonbuurt met vernietigde geboue beweeg. Hy versoek Benjamin Netanyahu, Israeliese premier, hiertydens om nie die beplande militêre offensief op Gasastad uit te voer nie. Hy sê in Hebreeus dat hy in Gasastad is en dat die beeldmateriaal op 28 Augustus verfilm is.

Aan die einde van die video word gewys hoe hy ’n ander gyselaar, Alon Ohel, ontmoet. Dit is die eerste keer dat beeldmateiaal van Ohel vrygestel word.

AFP kon nie die video of die datum waarop dit verfilm is onmiddellik verifieer nie. – AFP


2025-09-05 15:01:44

Voorgestelde Tesla-pakket kan Musk eerste triljoenêr maak

Tesla se direksie het Vrydag ’n betaal-en-prestasiepakket voorgestel wat Tesla se uitvoerende hoof, Elon Musk, die wêreld se eerste triljoenêr kan maak indien die Amerikaanse vervaardiger van elektriese motors sekere teikens onder sy leiding bereik.

Die plan, wat vir 10 jaar geld en deur aandeelhouers goedgekeur moet word, behels die toekenning van aandele aan Musk gegrond op Tesla se markwaarde. – AFP

Elon Musk In Krakow, Poland Elon Musk, owner of Tesla and the X (formerly Twitter) platform, attends a symposium on fighting antisemitism titled 'Never Again : Lip Service or Deep Conversation' in Krakow, Poland on January 22nd, 2024. Musk, who was invited to Poland by the European Jewish Association (EJA) has visited the Auschwitz-Birkenau concentration camp earlier that day, ahead of International Holocaust Remembrance Day. (Photo by Beata Zawrzel/NurPhoto via Getty Images) (NurPhoto/NurPhoto via Getty Images)

Elon Musk Foto: Getty Images


2025-09-05 15:34:55

Starmer ontslaan Britse Laerhuis se leier

Keir Starmer, die Britse premier, het Lucy Powell, leier van die Britse Laerhuis, Vrydag afgedank. Dié stap is deel van ’n groter reorganisasie van sy kabinet wat veroorsaak is deur die bedanking van Angela Rayner, die adjunkpremier, vroeër Vrydag weens ’n belastingfout.

Powell het gesê Starmer het haar ingelig dat hy van plan is om haar met ’n nuwe Laerhuis-leier te vervang.

Intussen word berig dat David Lammy, die Britse minister van buitelandse sake, aangestel as die nuwe adjunkpremier in die plek van Rayner. – Reuters


2025-09-05 16:01:41

Byt jy my, steek ek jou

A man holds a live scorpion with his tongue during the 2025 Jola Cultural Festival (Futampaff) in Thiobon, Casamance region, on August 6, 2025. The Festival is a significant cultural event for the Jola people, marking the transition from boyhood to manhood. As part of the rites, young initiates prepare to enter the sacred forest, a deeply spiritual journey guided by tradition and ancestral wisdom. The ceremony also teaches the importance of respecting elders and women, learning how to share, and embracing principles of success and community. (Photo by Muhamadou BITTAYE / AFP) (MUHAMADOU BITTAYE/AFP)

’n Man hou Vrydag ’n lewende skerpioen met sy tong vas op die Jola-kultuurfees in Thiobon, Senegal. Die fees is ’n belangrike kulturele geleentheid vir die Jola-mense en is ’n belangrike oorgang vir seuns na manwees. Foto: AFP


2025-09-05 16:10:50

Portugal se somer warmste in 94 jaar

Portugal, wat in Augustus verwoestende veldbrande moes bestry, het vanjaar sy warmste somer sedert 1931 aangeteken, met temperature 1,5 °C bo die gemiddelde vir 1991 tot 2020, het die land se nasionale meteorologiese agentskap (Ipma) Vrydag gesê.

Die somer was ook die droogste sedert 1931, met slegs 24% van die gemiddelde normale reënval vir die tydperk van 1991 tot 2020, het Ipma gesê. – AFP


2025-09-05 16:34:28

VSA stuur glo vegvliegtuie na Puerto Rico teen dwelmkartelle

Amerika stuur 10 F-35-vegvliegtuie na Puerto Rico as deel van pres. Donald Trump se belofte om toe te slaan op dwelmkartelle in die Karibiese Eilande, het bronne vertroud met die situasie Vrydag aan AFP gesê.

Die ontplooiing van die vegvliegtuie na die Amerikaanse grondgebied vind plaas te midde van groeiende spanning oor Amerika se militêre opbou in die streek.


2025-09-05 17:09:32

Saoedi-vlootoffisier in Frankryk gevonnis vir verkragting

’n Hof in Frankryk het Vrydag ’n Saoedi-vlootoffisier tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ’n vrou in Frankryk in 2021. Die voorval het in die stad Brest in die weste van Frankryk gebeur.

Meshari Al Shamrani is in absentia verhoor. Hy is tydens die ondersoek onder geregtelike toesig vrygelaat, maar het versuim om in Januarie met die polisie in verbinding te tree.

’n Lasbrief is uitgereik vir sy inhegtenisneming. – Reuters


2025-09-05 17:18:19

Naby die frontlinie...

Ukrainian serviceman walks at a position near a front line in Donetsk region A serviceman of the 141st Separate Mechanized Brigade of the Ukrainian Armed Forces walks at a position near a front line, amid Russia's attack on Ukraine, in Donetsk region, Ukraine September 3, 2025. REUTERS/Stringer TPX IMAGES OF THE DAY (Stringer/REUTERS)

’n Oekraïense soldaat op pad na die frontlinie te midde van ’n Russiese aanval in die Donetsk-streek in Oekraïne. Foto: Reuters


2025-09-05 17:26:29

New Yorkse goewerneur stel Covid-entstof beskikbaar aan almal

Kathy Hochul, goewerneur van die Amerikaanse deelstaat New York, het Vrydag ’n uitvoerende bevel onderteken wat aptekers magtig om Covid-19-inentings toe te dien aan enigiemand wat dit wil hê.

Sy word daarmee die jongste Demokratiese goewerneur wat probeer om die Trump-administrasie se nuwe beperkinge op inentings teen te werk.

Die bevel, wat Hochul tydens ’n besoek aan ’n laerskool onderteken het, is vir 30 dae van krag, hoewel die goewerneur sê sy gaan dit verleng soos nodig totdat die staatswetgewer in Januarie vergader en ’n meer permanente oplossing oorweeg.

Nuwe weergawes van die entstof is slegs beskikbaar vir Amerikaners ouer as 65 jaar of diegene met sekere onderliggende mediese toestande. – Reuters


2025-09-05 17:31:14

Arabiese Bond: Palestynse staat onontbeerlik vir vrede

Die Arabiese Bond sê vreedsame naasbestaan in die Midde-Ooste kan nie bereik word sonder ’n Palestynse staat en ’n einde aan wat hulle beskryf as Israel se “vyandige praktyke” nie.

In ’n resolusie, wat deur Egipte en Saoedi-Arabië ingedien en Donderdag aanvaar is, sê die bond “die versuim om ’n regverdige oplossing vir die Palestynse saak te bereik en die vyandige praktyke van die besettende mag” bly groot struikelblokke vir “vreedsame naasbestaan” in die streek.

Die resolusie was deel van ’n groter byeenkoms in Kaïro wat Vrydag afgesluit het toe Arabiese ministers van buitelandse sake ’n “gesamentlike visie vir veiligheid en samewerking in die streek” goedgekeur het. – AFP


2025-09-05 17:36:30

Robotte speel sokker in China

CHONGQING, CHINA - SEPTEMBER 05: Humanoid robots of Team China (blue) and humanoid robots of Team Thailand take part in a 3v3 soccer game during 2025… CHONGQING, CHINA - SEPTEMBER 05: Humanoid robots of Team China (blue) and humanoid robots of Team Thailand take part in a 3v3 soccer game during 2025 Asia-Pacific Robot World Cup Chongqing International Invitational on September 5, 2025 in Chongqing, China. (Photo by Zhou Yi/China News Service/VCG via Getty Images) (China News Service/China News Service via Getty Ima)

Humanoïde robotte van China (blou) en Thailand speel Vrydag in ’n sokkerwedstryd tydens die 2025 Asië-Stille Oseaan Robot Wêreldbeker op die Chongqing internasionale uitnodigingstoernooi in Chongqing, China.

Foto: Getty Images


2025-09-05 18:02:55

Man (57) naby kontrolepunt in Wesoewer doodgeskiet

Die Palestynse departement van gesondheid sê Israeliese magte het Vrydag ’n 57-jarige man naby ’n kontrolepunt in die besette Wesoewer doodgeskiet.

Die Israeliese weermag sê soldate het “ ’n terroris uitgeskakel”.

Volgens die departement is die man, ’n burgerlike, naby ’n kontrolepunt suid van Nabloes doodgeskiet.

Die Israeliese weermag sê die man het ’n verdagte voorwerp na soldate gegooi en dat hulle toe “standaardprosedures gevolg het om die bedreiging te verwyder”. – AFP


2025-09-05 18:22:09

Libanese regering steun weermag se plan om Hezbollah te ontwapen

Die Libanese kabinet het Vrydag ’n plan van die land se weermag verwelkom om Hezbollah te ontwapen en gesê soldate sal begin om dit uit te voer.

Daar is egter nog nie op ’n tydlyn vir die implementering daarvan besluit nie.

Die kwessie van Hezbollah se ontwapening het ’n sentrale beleidspunt in Libanon geword sedert verlede jaar se verwoestende oorlog met Israel wat die magsbalans, wat lank deur die Irans gesteunde Sjia-Moslem-groep oorheers is, omvergewerp het.

Die VSA en Saoedi-Arabië het hul oproepe versterk dat die groep sy wapens moet neerlê. – Reuters

MEISS AL JABAL, LEBANON JANUARY 27: Lebanese army deployed to the region and take precautionary measures by blocking several roads as Lebanese residents eager to return to their homes protested against the United Nations Interim Force in Lebanon (UNIFIL), preventing the passage of vehicles in the area on January 27, 2025. Despite the ceasefire agreement reached with Lebanon, the Israeli army has not withdrawn from the occupied areas and continues its tense presence in the Al-Mafilha area of Meiss Al Jabal, a town in Lebanon's Nabatieh Governorate. (Photo by Houssam Shbaro/Anadolu via Getty Images) (Anadolu/Anadolu via Getty Images)

Op patrollie

Libanese soldate patrolleer Meiss Al Djabal, ’n dorp in die suide van Libanon, met pantservoertuie. Die Libanese kabinet het Vrydag ’n plan van die land se weermag verwelkom om Hezbollah te ontwapen. Foto: Getty Images


2025-09-05 18:39:01

Bessent kap na Fed in ‘Wall Street Journal’-artikel

Scott Bessent, Amerika se minister van finansies, het Vrydag ’n beroep gedoen vir ’n “onafhanklike, niepartydige ondersoek” na die Federale Reserweraad (Fed) en gewaarsku dat die Fed se uitgebreide rol sy onafhanklikheid bedreig.

Bessent lug sy mening in ’n artikel in die Wall Street Journal dat die Fed se geloofwaardigheid en politieke legitimiteit in die gedrang is vanweë sy optrede buite sy oorspronklike mandaat.

Hy beklemtoon in die artikel dat die instelling moet fokus op sy wetlike opdrag: maksimum werkverskaffing, stabiele pryse en matige langtermynrentekoerse. – AFP


2025-09-05 19:02:02

Uit met jou!

Britain's Reform UK Party national conference in Birmingham Security services remove a protester from the venue during the Britain's Reform UK party's national conference at the National Exhibition Centre in Birmingham, Britain, September 5, 2025. REUTERS/Isabel Infantes (Isabel Infantes/REUTERS)

Veiligheidswagte verwyder Vrydag ’n betoger uit die lokaal waar die nasionale konferensie van Brittanje se Reform UK-party in Birmingham gehou word. Foto: Reuters


2025-09-05 19:13:34

Groot skuiwe in Britse kabinet gemaak

Yvette Cooper is Vrydag aangestel as die Britse minister van buitelandse sake en vervang David Lammy, wat as adjunk-premier en minister van justisie sal dien, het die kantoor van Keir Starmer, Britse premier, in ’n verklaring gesê.

Dié aanstellings is die betekenisvolste van die kabinetskommeling ná die bedanking vroeër Vrydag van Angela Rayner, die gewese adjunk-premier, ná ’n belastingfout.

Shabana Mahmood, tans die minister van justisie, gaan Cooper as minister van binnelandse sake vervang. Nuwe ministers is ook aangestel in onder meer die departemente van omgewing, van behuising en van werk en pensioene. – Reuters

British government holds a reshuffle following the resignation of Deputy Prime Minister Angela Rayner in London Yvette Cooper, who has been appointed to the role of Foreign Secretary, leaves 10 Downing Street, during a reshuffle by the British government following the resignation of Deputy Prime Minister Angela Rayner in London, Britain, September 5, 2025. REUTERS/Jack Taylor (Jack Taylor/REUTERS)

Yvette Cooper, wat aangestel is as die nuwe Britse minister van buitelandse sake, verlaat Vrydag die Britse premierswoning by 10 Downing Street in Londen. Foto: Reuters


2025-09-05 19:35:40

Mandela-kleinseun op hulpskip na Gasa

’n Kleinseun van oudpres. Nelson Mandela het Vrydag gesê hy sal hom by pro-Palestynse aktiviste aansluit wat probeer om deur Israel se vlootblokkade van die Gasastrook te breek met ’n hulpflottielje wat vanaf Tunisië vaar.

"Ons as die Suid-Afrikaanse afvaardiging het spesifiek gekies om ons by die Global Sumud-flottielje hier in Tunisië aan te sluit om vanuit ’n Afrika-perspektief te sê: Afrika is deel van hierdie stryd," het Mandla Mandela aan joernaliste in die Tunisiese hoofstad, Tunis, gesê.

"As Afrikane weet ons baie goed wat dit beteken om onder besetting en onderdrukking te leef," het hy gesê.

Die flottielje sal volgens die organiseerders Sondag vaar en poog om hulle by ander Gasa-gebonde skepe aan te sluit wat reeds vanaf Spanje en Italië vertrek het. – AFP


2025-09-05 20:02:29

Lig in die korrupsie-duisternis

Anti-government protests in Novi Sad A drone view shows anti-government protestors lighting mobile phones flashlights and demand accountability over corruption scandals and alleged abuses of power across country, in Novi Sad, Serbia, September 5, 2025. REUTERS/Djordje Kojadinovic TPX IMAGES OF THE DAY (Djordje Kojadinovic/REUTERS)

’n Lugfoto van teen-regeringsbetogers in Novi Sad, Serwië, wat hul selfoonligte gebruik om aandag te vestig op beweerde magsmisbruik oor die land heen en verantwoordbaarheid te eis oor korrupsieskandale. Foto: Reuters


2025-09-05 20:10:02

EU beboet Google met $3,47 mjd. oor advertensies

Die Europese Unie (EU) het Google Vrydag ’n massiewe boete van $3,47 miljard opgelê weens sy voorkeur vir sy eie advertensiedienste.

Die boete is opgelê ondanks pres. Donald Trump se vroeëre waarskuwings om nie Amerikaanse tegnologiereuse te teiken nie.

"Google het sy dominante posisie in advertensie-tegnologie misbruik en uitgewers, adverteerders en verbruikers skade berokken. Hierdie gedrag is onwettig ingevolge die EU se mededingingreëls," het die EU gesê.

Google het onmiddellik aangekondig dat hy gaan appelleer. Trump het in reaksie gedreig met vergeldende tariewe indien die EU nie die boete herroep nie. – AFP

Icon from Google app on iphone screen 02 September 2025, Lower Saxony, Norden: The logo of the Google app can be seen on the display of a smartphone on September 2, 2025, while an index finger approaches the application icon. Google is a US technology company and its best-known Internet search engine, which allows users to search for information on the World Wide Web. The parent company of Google LLC is Alphabet Inc. (symbol image, symbol photo, illustration, symbolic photo, illustrative photo, theme image, general image, theme photo) Photo: Matthias Balk/dpa (Photo by MATTHIAS BALK / dpa Picture-Alliance via AFP) (MATTHIAS BALK/dpa Picture-Alliance via AFP)

Foto ter illustrasie. Foto: AFP


2025-09-05 20:31:06

Trump beveel terugkeer na ‘departement van oorlog'

Pres. Donald Trump het Vrydag ’n uitvoerende bevel onderteken wat die Amerikaanse departement van verdediging hernoem na die “departement van oorlog”, ’n benaming wat dit gehad het tot ná die Tweede Wêreldoorlog toe amptenare probeer het om die Pentagon se rol in konflikvoorkoming te beklemtoon. – Reuters

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM