Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê hewige donderstorms Vrydag met gepaardgaande hael kan lei tot oorstromings in die Vrystaat, Noordwes, Gauteng, die weste van KwaZulu-Natal, die suide van Mpumalanga, die verre suidweste van Limpopo en die verre noordooste van die Noord-Kaap.
’n Waarskuwing is ook uitgereik oor toestande wat kan lei tot wegholveldbrande in die Noord-Kaap. Baie warm en ongemaklike toestande word in die noordooste van KwaZulu-Natal verwag.
Gauteng
Bewolk in die suide, andersins gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie later die dag.
• Pretoria: 17 °C tot 28 °C
• Johannesburg: 15 °C tot 25 °C
• Vereeniging: 16 °C tot 28 °C
Mpumalanga
Bewolk in die oggend met miskolle, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele tot verspreide donderbuie later die dag.
• Mbombela: 20 °C tot 29 °C
• eMalahleni: 17 °C tot 28 °C
• Standerton: 15 °C tot 29 °C
• Skukuza: 20 °C tot 33 °C
Limpopo
Bewolk in die oggend met miskolle, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie later die dag.
• Polokwane: 17 °C tot 29 °C
• Tzaneen: 19 °C tot 29 °C
• Musina: 22 °C tot 32 °C
• Lephalale: 21 °C tot 31 °C
• Mokopane: 19 °C tot 31 °C
Noordwes
Gedeeltelik bewolk en baie warm. Bewolk met verspreide donderbuie later die dag.
• Potchefstroom: 17 °C tot 29 °C
• Mahikeng: 20 °C tot 33 °C
• Rustenburg: 19 °C tot 30 °C
• Vryburg: 21 °C tot 33 °C
Vrystaat
Miskolle in die oggend in die ooste, andersins bewolk, winderig en warm tot baie warm. Verspreide donderbuie word later die dag verwag.
• Bloemfontein: 20 °C tot 31 °C
• Bethlehem: 14 °C tot 28 °C
• Kroonstad: 18 °C tot 30 °C
• Ficksburg: 15 °C tot 28 °C
Noord-Kaap
Miskolle in die oggend in die kusgebied, andersins sonnig en baie warm tot uitermatig warm. Gedeeltelik bewolk en winderig met donderbuie in die noordooste later die dag.
• Upington: 23 °C tot 38 °C
• Kimberley: 22 °C tot 35 °C
• Alexanderbaai: 17 °C tot 24 °C
• Sutherland: 13 °C tot 31 °C
Wes-Kaap
Miskolle in die oggend in die verre suidooste, andersins warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk in die ooste.
• Kaapstad: 18 °C tot 30 °C
• Vredendal: 14 °C tot 32 °C
• George: 18 °C tot 26 °C
• Worcester: 19 °C tot 37 °C
• Beaufort-Wes: 19 °C tot 37 °C
Oos-Kaap
Gedeeltelik bewolk en warm in die weste. Baie warm in die binneland.
Gedeeltelik bewolk en warm met motreën in die ooste. Verspreide donderbuie word later die dag in die binneland verwag.
• Gqeberha: 20 °C tot 28 °C
• Graaff-Reinet: 18 °C tot 35 °C
• Oos-Londen: 21 °C tot 27 °C
• Port St. Johns: 21 °C tot 27 °C
• Mthatha: 18 °C tot 30 °C
KwaZulu-Natal
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met verspreide donderbuie in die weste en die suidelike binneland.
• Durban: 23 °C tot 29 °C
• Richardsbaai: 23 °C tot 32 °C
• Pietermaritzburg: 19 °C tot 32 °C
• uMnambithi (Ladysmith): 18 °C tot 32 °C















