Promosie

5 dinge oor kamp in die Namib

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Voor jy of wanneer jy in Namibië kamp, maak seker jy ken die móéts en moenies.
Voor jy of wanneer jy in Namibië kamp, maak seker jy ken die móéts en moenies. Voor jy of wanneer jy in Namibië kamp, maak seker jy ken die móéts en moenies.
Wanneer jy in Namibië kamp, maak seker jy ken die moets en moenies.
Wanneer jy in Namibië kamp, maak seker jy ken die moets en moenies. Wanneer jy in Namibië kamp, maak seker jy ken die moets en moenies.

Kampeerders is lief vir Namibië. Waarom dan nou nie? 'n Halwe dag se ry en jy is in 'n heel ander landskap. Enige kampeerder wat ook 'n natuurliefhebber is, sal jou egter sê dat jy verantwoordelik moet kamp.

"Voor GPS moes jy op vriende se instruksies ry of net coddiwomple ('n werkwoord wat in die woordeboek beskryf word as ‘to travel in a purposeful manner towards a vague destination') en self ontdek," sê Chris Bedeker, 'n Suid-Afrikaner wat Damaraland in Namibië al jare lank sy huis maak. "In hierdie gedeelte van die wêreld het almal geheime plekke in die veld gehad waarnatoe hulle vir niemand die pad vertel het nie. Daar is plekke wat ons 30 jaar al van weet wat ons nou eers ontdek."

En dit is die vreugde van kamp. Maar om hierdie vreugde te kan geniet, is daar etiketreëls waarvan jy kennis moet neem en sover moontlik by moet probeer bly sodat jou nageslag ook hierdie voorreg kan geniet.

Hierdie karspore lyk dalk vars, maar dit lê al vir jare teen hierdie koppie in Damaraland in die Kunene-streek in die noordweste van Namibië. Wanneer jy in Namibië kamp, ry liefs in 'n vorige kampeerder se spore, want hier hou die natuur jou kar se spore vir jare lank. Foto's: CHRIS BEDEKER
Hierdie karspore lyk dalk vars, maar dit lê al vir jare teen hierdie koppie in Damaraland in die Kunene-streek in die noordweste van Namibië. Hierdie karspore lyk dalk vars, maar dit lê al vir jare teen hierdie koppie in Damaraland in die Kunene-streek in die noordweste van Namibië. Wanneer jy in Namibië kamp, ry liefs in 'n vorige kampeerder se spore, want hier hou die natuur jou kar se spore vir jare lank. Foto's: CHRIS BEDEKER (CHRIS BEDEKER)

1. Bly op die gebaande weë

"Karspore in die Namib lê vir eeue daar," sê Chris. "Ek verstaan mos nie hoekom jy al die moeite en geld uitlê om die skoonheid van 'n ongerepte plek soos Damaraland te kom ervaar en dan kom los jy jou karspore daar in die veld op nuwe plekke, sodat niemand ná jou weer dieselfde ongereptheid kan ervaar nie. Op die gruisvlaktes van die Namib lê die spore van al die karre wat oor die jare hier gearriveer het, nog net so daar."

Bly dus sover moontlik in die vorige kar se spore wanneer jy in die veld inry.

LEES OOK | Namibië is 'n ‘klein landjie'

2. Vra toestemming voor jy afpak

Al is die veld oop en sien jy geen grensdrade nie, beteken dit nie dat jy in niemandsland is nie. As jy 'n huis of selfs net 'n gehuggie bespeur, gaan klop aan en vra of jy maar in die veld kan afpak.

Chris gee 'n voorbeeld van so 'n onbeleefde geleentheid: "Jantjie Rhyn op die plaas Fonteine vertel my eendag hy en sy mense sit die Saterdag lekker rustig daar voor die huis in die koelte, toe kom storm 'n bondel motorbikes met 'n oorverdowende geraas daar styf teen hulle op die werf verby en parkeer onder die groot prosopisbome by sy dam. Daar maak hulle middag, sonder om Jantjie te vra of hulle maar daar kan staan. Jantjie sê hulle het hom nou nie eens kom groet nie. Hy kon net so wel nie daar gewees het nie. Gentleman wat Jantjie is, het hy maar niks gedoen of gesê nie. Toe ek die storie hoor, kom daar 'n soort van wrewel in my bors op wat my wil laat lelik praat oor my medemens. Hoekom loop jaag jy nie met jou bike daar op die grootpad af waar jy niemand pla en aanstoot gee nie?"

LEES OOK | Die Ent van Damaraland

Hou jou voetspoor in die veld so klein as moontlik en bly eerder rondom jou vuurtjie sit tot dit self uitgewoed het.
Hou jou voetspoor in die veld so klein as moontlik en bly eerder rondom jou vuurtjie sit tot dit self uitgewoed het. Hou jou voetspoor in die veld so klein as moontlik en bly eerder rondom jou vuurtjie sit tot dit self uitgewoed het. (SYSTEM)

3. Wie met vuur speel . . .

Jy is die basiese feite en veiligheidsmaatreëls van vuurmaak geleer, maar in woestynlandskap werk dinge bietjie anders.

"As jy jou braaivleisvuur met sand toegooi, gaan jou kleinkinders nog daai onooglike swart houtskool daar kom kry," sê Chris.

Wanneer jy in die woestyn is en daar is niks plantegroei in sig wat kan brand nie, moet eerder nie jou vuur met water of sand blus nie, laat dit net self uitbrand.

"As daar 'n kans vir 'n veldbrand is, moet eerder nie vuurmaak nie," beveel Chris aan. Of ry 'n klein skottelbraai saam sodat jy glad nie die natuur hoef te versteur nie.

"Ek het sulke gereelde spots gehad waar ek oorgestaan het wanneer ek skole in Damaraland moes besoek. As ek na 'n maand of so weer by my plek aankom, dan is daar net 'n vaal kol waar my vuurtjie was. Die wind het al die as weggewaai. En as ons so gelukkig was om 'n buitjie reën te kry intussen, dan was daar nie eens meer 'n vaal kol nie," vertel Chris.

LEES OOK | Tussen duin en see

4. Pak vir alle weersomstandighede en gebeurlikhede

Veral as jy tydens die Junie-skoolvakansie hierdie buurland besoek, gaan die nagte koud-koud wees en die dae vrek warm. Pak dus vir alle gebeurlikhede en sorg dat jy altyd 'n hoed en 'n baadjie byderhand het. Namibiërs sal jou ook aanraai om toe skoene te dra sodat kreature wat in die los sand skuil, nie jou voete kan beetkry nie. As dit dan koud begin word teen skemer, is jy sommer voorbereid daarvoor ook.

LEES OOK | Is die Namib 'n vrou?

5. Optelgoed is nie hougoed nie

Los die veld en alles in dit nes jy dit kom kry het. Moet niks verwyder nie.

Chris gee 'n voorbeeld: "In die woestyn daar duskant Mikberg, op 'n vaalpaadjie wat nie eens op Tracks4Africa verskyn nie en 'n man vyf dae kan ry sonder om 'n ander kar te kry, is daar 'n bakkrans. Dis 'n moerse rots wat daar teen die Mikberg afgerol het en nou ver weg in die vlak lê. Dit was al daar toe die Boesmans duisende jare gelede daar rondgedraf het, want hul bousels en werktuie is oral daar in die rondte te sien. Jare gelede het iemand met 'n hart vir die mistieke daar 'n bewertjie onder die bakkrans opgehang. 'n Poppie gemaak van afvallappies en saadjies en tarentaalvere en ystervarkpenne. Ons het nooit daar verby gery sonder om te stop en te loop wonder oor die geskiedenis van die bewertjie nie.

"Toe eendag in Maart 2021, hou ons daar stil en die bewertjie is weg! Wie kan so laag daal? Ek verloor sommer weer my vertroue in die beskawing heeltemal.

"Maar die storie eindig gelukkig mooi. 'n Maand of wat later ry ons weer daar by die bakkrans agter Mikberg verby. Toe ons so aanry, wonder my vrou, Emmie: ‘Sê nou die bewertjie is terug?' Wat's die kans? En sowaar toe ons om die klip kom, hang dit daar - die selle ou verweerde bewertjie. Het iemand se gewete hom gepla of het die vloek wat ek oor hom of haar uitgespreek het gewerk? Of was dit die ou Boesman-sjamaan wat honderd jaar gelede daar gesit het wat met sy of haar gal gewerk het?

"Ek wil graag glo die bewertjie het eenvoudig self teruggekom na sy huis toe. 'n Man moet versigtig wees met dié soort van goed. Hamlet het immers gesê: ‘There are more things in heaven and earth.'"

LEES OOK | Helikopterrit lewer unieke foto's

Hier is bykomende aktiwiteite en verblyfopsies wat jy ook kan oorweeg:

Tommy's Tours & Safaris

Kom beleef saam met Tommy's Tours & Safaris die klein diertjies van die woestyn! Die Namibwoestyn blyk kaal en leeg te wees, maar inteendeel, daar is volop interessante wesentjies wat dit bewoon. Saam met hul opgeleide gidse kan jy spoorsny en meer leer oor diertjies soos die baie interessante en pragtige Palmato-geitjie. Kyk of jy die oë van Peringuey se adder kan onderskei van die sandkorrels en vind uit hoe lank die Namakwa-verkleurmannetjie se tong nou eintlik is. Die toer word afgesluit met 'n opwindende rit deur die pragtige Namibiese duine en 'n beeldskone uitsig oor die Atlantiese Oseaan.

Bespreek vandag nog jou plek om teleurstelling te voorkom. Skakel gerus +264 81 128 1038 of stuur e-pos na info@livingdeserttours.com.na.

Joe's Beerhouse

Joe's Beerhouse in Windhoek bied 'n uitgebreide spyskaart wat steaks, ribbetjies, eisbein, vark, hoender, asook burgers en pizza, insluit. Heerlike slaaie en vegetariese opsies is ook beskikbaar. Bestel eg Namibiese wildsvleisgeregte soos die Namib Trio (koedoe-, sebra- en springbok-lendeskyfsnitte, bedien met 'n rooiwynsous, skyfies en groentesosatie), krokodilfilet (voorgesit op geroomde spinasie en feta met braaisous en mieliepapkoekies) of Joe's Jägerschnitzel ('n groot gekrummelde wildsvleisschnitzel bedien met Joe se spesiale Jägermeister-sous, 'n groentesosatie en kapokaartappels) en sluk dit af met 'n yskoue bier.

Besigtig gerus hul spyskaart op hul webwerf. Gaste kan ook wegneemetes bestel wat met hul heen-en-weer-diens reg by jou deur afgelewer word. Die diens is beskikbaar vir inwoners én toeriste. Jy kan die etes self kom oplaai of dit by jou huis of gastehuis laat aflewer. Skakel gerus hul landlyn by 061 232 457 om jou bestelling te plaas.

Benewens Joe's Beerhouse se bestaande parkeerplek, is daar bykomende veilige parkering reg oorkant in Ugadstraat beskikbaar waar sekuriteitswagte 'n ogie oor jou voertuig sal hou.

Chameleon Safaris

Die enigste verskil tussen 'n regte verkleurmannetjie en Chameleon Safaris is dat as laasgenoemde eers 'n idee beet het, hulle dit teen 'n drafstap uitvoer.

As 'n span - van die kantoorpersoneel tot die gidse - poog hulle om elke kliënt 'n herinnering te help skep wat altyd een van hul Namibiese hoogtepunte sal bly. Die personeel is 'n vrolike mengsel van gesigte en opregte glimlagte, net soos hul kombinasie van kampering en verblyf wat meer formeel as Canyons, Dunes & Wildlife bekend staan.

Die span kan jou behoeftes blitsvinnig bepaal. Hulle is altyd bereid om jou binne jou begroting te help bly, maar terselfdertyd 'n omvattende ervaring te verseker wat jou genoeg rede sal gee om vir meer terug te keer.

Al hul geskeduleerde safari's sluit etes in en word deur 'n gids gelei wat jou toer 'n fantastiese ervaring van natuurskoon, insiggewende gesprekke en merkwaardige geskiedenis sal maak. Dit klink mos nou na klassieke Namibië!

Taleni Africa

Verken Namibië se twee bekendste besienswaardighede en beleef terselfdertyd die ongelooflike gasvryheid waarvoor Taleni Africa so bekend is.

Klim die hemelhoë rooi sandduine van die Namib en bly digby die ingang na Sossusvlei met 'n keuse van luukse verblyf, selfsorg en kampering. Verken die diereryk van die Etosha Nasionale Park vanaf die bekostigbare Etosha Village wat slegs 2 km van die Okaukuejo-ingang geleë is. Daar is ook kampeerplekke by Etosha Village en Etosha Handelshuis, 'n bekende baken met 'n vulstasie en veelsydige winkel op pad na dié park.

Vir meer inligting skakel gerus 021 930 4564 of stuur e-pos na besprekings@taleni-africa.com.

Swakopmund-munisipaliteit

Swakopmund vier vanjaar sy 131ste bestaansjaar, en die munisipaliteit belê al vir 20 jaar voortdurend in die dorp wat dit vinnig in 'n stad laat ontwikkel.

As Namibië se gewildste vakansiebestemming strek Swakopmund se lysie propvol doendinge wyd en wissel dit van adrenalienbelaai tot luilekker. Die dorp is bekend vir sy wye reeks opwindende aktiwiteite soos vierwielmotorfietsry, bootritte om dolfyne en ander seelewe te sien, branderplankry, diepseeduik, visvang en veel meer. Daar is ook talle restaurante, koffiewinkels, winkelsentrums en besienswaardighede om besoekers te vermaak. Vir die naguile is daar gesellige kroeë en nagklubs.

In 2019 is Swakopmund as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys vir sy skoonheid en netheid.

Wat woestynaktiwiteite en opwindende vakansie-ervarings betref, is Swakopmund beslis een van die belangrikste Namibiese dorpe om te besoek. Dit is sentraal geleë langs die Atlantiese kus.

Namibiese Vleisraad

Namibiese rooivleis word natuurlik geproduseer, daarom is dit so smaaklik en sag!

Die Farm Assured Namibian Meat Scheme (FAN Meat) is 'n skema wat ten doel het om internasionale kopers die versekering te gee dat Namibiese uitvoervleis veilig, gesond, van goeie gehalte en die oorsprong daarvan naspeurbaar is.

Namibië se premiumgehaltevleis word regdeur die waardeketting volgens die hoogste gehalte- en veiligheidstandaarde deur die Namibiese Vleisraad beheer en gewaarborg.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM