Promosie

Beter pakhuise sorg vir verbeterde e-handel-doeltreffendheid

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
M24 Logistiek het e-handel-pakhuise wat van die jongste tegnologie gebruik maak om aflewering na ’n nuwe vlak te neem en jou besigheid te help floreer.Foto: VERSKAF
M24 Logistiek het e-handel-pakhuise wat van die jongste tegnologie gebruik maak om aflewering na ’n nuwe vlak te neem en jou besigheid te help floreer.Foto: VERSKAF

Aandag alle winkeleienaars en e-handel-aanhangers: M24 Logistiek het groot nuus vir jou!

Met hul ultramoderne pakhuise het M24 Logistiek onlangs na 'n hoër e-handel-rat oorgeskakel en kan hulle jou onderneming welkome woema gee.

Danksy stelselintegrasie met 'n verskeidenheid aanlyn winkels, kan jou voorraad direk by hul agterdeur afgelewer word en is dit binne ure beskikbaar vir verkope op jou webwerf.

"Dis diens en doeltreffendheid op sy beste," sê Rika Swart, hoofbestuurder van M24 Logistiek.

"Aanlyn verkope sal na verwagting binne die volgende dekade aansienlik groei. Spoed, gerief en voorraad-nabyheid sal die sleutel wees tot kostedoeltreffendheid en tevrede verbruikers," voeg Rika by.

Verskeie platforms

Die integrasie van M24 Logistiek verseker dat jou produkte beskikbaar is op verskeie platforms, wat die beste voorraadbenutting moontlik maak. Met afleweringspakhuise in Kaapstad en Johannesburg, is jy ontslae van irriterende laastemylkoste en verbeter jy jou aflewertyd. Jy kan selfs vir kopers dieselfde-dag-aflewering bied.

"Ons pakhuise maak voorsiening vir 'n groot verskeidenheid produkte, vanaf klere, skoonheidsprodukte, selfone en rekenaars, tot huisware en alles tussenin," sê Rika.

Tegnologie-baanbrekers

M24 Logistiek het wêreldklas-infrastruktuur wat met die beste tegnologie toegerus is. Hul ervare span tel onder die bestes in die bedryf.

Vinnige, akkurate en kostedoeltreffende seleksie sorg vir vinnige aflewering - niemand het meer lus vir wag nie.

Kliëntetevredenheid is gewaarborg. Danksy akkurate inventarisse en kliëntediensvlak-ooreenkomste het M24 Logistiek 'n sukseskoers van 99,5%. Tot siens, onvolledige bestellings; en hallo, tevrede kopers!

Stelselintegrasie met verskeie aanlyn winkels verseker dat voorraad by hul agterdeur afgelewer word sodat jy binne ure die items op jou webwerf kan verkoop.
Stelselintegrasie met verskeie aanlyn winkels verseker dat voorraad by hul agterdeur afgelewer word sodat jy binne ure die items op jou webwerf kan verkoop.

Hulle bied ook spesiaal vervaardigde verpakkingsoplossings om jou produk se unieke identiteit te beklemtoon en dit te laat uitstaan bo jou mededingers. Die detail is altyd belangrik.

Geen kopsere meer nie!

Onthou jy die spanning van die skielike toenames in volume tydens spesiale promosies, en die opwinding van Swart Vrydag? Daardie stres is ook iets van die verlede.

M24 Logistiek se veranderlike kostemodel en indrukwekkende skaalvermoë verseker jy sal nooit weer met daardie nagmerries opgeskeep wees nie. Hulle het die kapasiteit om die angel uit volume-toenames te haal en 'n seepgladde, soomlose proses vanaf bestelling tot aflewering moontlik te maak.

Die ekstra myl

M24 Logistiek weet die "laaste myl" - die term wat in logistiek gebruik word vir die beweging van goedere vanaf die vervoerdepot tot by die koper se voordeur - is deurslaggewend vir die koop-ervaring.

"Dis hoekom ons die leisels self vashou by aflewering," sê Rika. "Ons koerier-afleweringsdiens is so probleemvry as kan kom.

"Ons kies nie net die mees koste-doeltreffende opsie vir jou nie, ons bestuur ook die koeriers namens jou.

"Ons spog met 'n op-tyd-afleweringskoers van 99%. Jou kliënt sal in elke fase van die aflewering presies weet waar sy pakkie is."

Jy hoef dus nooit weer "waar's my pakkie"-boodskappe te systap nie.

En verder …

M24 Logistiek se dienste eindig nie by die bewys van aflewering wat van die koerier verkry is nie. Hulle hanteer ook die volledige rekonsiliasie van enige eise wat uit die aflewering spruit.

Jy sal ervaar dat jy jou eie droom-e-handelspan tot jou beskikking het.

"As jy op soek is na gespesialiseerde e-handelspakhuise, skaalbare bestellingsnakoming met veranderlike tariewe en probleemvrye laastemyl-oplossings om jou e-handelsonderneming gereed te kry vir die toekoms, druk op ons knoppie," sê Rika.

"Ons wil jou help groei en laat floreer!"

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM