Promosie

Breek die stilte oor doofheid

Die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) op Worcester vier vanjaar 139 jaar van diens aan dowes en persone met gehoorverlies. NID se visie is die ontwikkeling van die volle potensiaal van persone met gehoorverlies in Suid-Afrika deur noodsaaklike dienste van gehalte aan hulle te lewer.

Die uitdagings wat dowes ervaar, kom hoofsaaklik voor in die gebied van taalverwerwing en kommunikasie.

NID is 'n organisasie sonder winsbejag en is afhanklik van die ondersteuning van die publiek om hul in staat te stel om voortdurend hierdie dienste soos onderrig, opleiding, sorg en steundienste te kán lewer.

NID kom dikwels voor dié vraag te staan: "Waarom het dowes ondersteuning nodig?" Die uitdagings wat dowes ervaar, kom hoofsaaklik voor in die gebied van taalverwerwing en kommunikasie.

'n Gebrek aan voldoende kommunikasie plaas beperkings op hul algemene mens­like dag-tot-dag-bedrywighede en dit het 'n geweldige impak op hul lewens.

'n Ontegemoetkomende en ontoeganklike horende wêreld veroorsaak dat dowes uitgesluit voel, hulself onttrek en in afsondering begin leef.

Verskeie pogings en projekte word deur NID geloods om die horende gemeenskap meer bewus te maak van hierdie kwessies en hulle toe te rus om met dowes te kan kommunikeer, meer tegemoetkomend met dowes te wees en hulle te betrek.

Maak vandag jou hand en hart oop vir dowes en persone met gehoorverlies.

Jy kan die verskil wees in 'n dowe persoon se lewe. Jy kan die stilte en eensaamheid verbreek en in die plek daarvan 'n gevoel van behoort en deel wees skep.

* Vir meer inligting stuur e-pos na nid@nid.org.za en besoek www.nid.org.za.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM