Promosie

Gehoor van BBC Brit se nuwe vasvraprogram? Dis waarom jy nie The Chase moet misloop nie

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Met die charismatiese Engelse akteur Bradley Walsh as aanbieder, bring dié opwindende vasvraprogram vier vreemdelinge byeen wat as span die formidabele "Chaser" uitdaag.

Met hul gesamentlike kennis, humor en strategie sal die deelnemers die "Chaser", 'n vasvra-genie wat vasbeslote is om te verhoed dat hulle die gesogte geldprys wen, probeer uitoorlê.

Bradley Walsh, aanbrieder van "The Chaser". Foto: Verskaf.
Bradley Walsh, aanbrieder van "The Chaser". Foto: Verskaf.

Ontmoet die uitdagers

Mark Labbett (The Beast)

Mark is een van die program se oorspronklike deelnemers, saam met Shaun Wallace. Hy is in 1965 gebore, van Devon, het 'n wiskundegraad van die Universiteit van Oxford en was 'n wiskunde-onderwyser voordat hy op TV verskyn het.

Shaun Wallace (The Dark Destroyer)

Shaun is in 1960 gebore en was 35 jaar 'n strafreg-prokureur. Hy het in 2004 geïnteresseerd geraak toe hy die eerste Afrikaan geword het wat Mastermind gewen het. Hy het hom in 2009 saam met Mark Labbett as een van die twee oorspronklike uitdagers by The Chase aangesluit.

Anne Hegerty (The Governess)

Anne het in 2010 by The Chase aangesluit as die eerste vroue-uitdager. In die 1980's was sy 'n joernalis voordat sy 'n spookskrywer en proefleser geword het.

Paul Sinha (The Sinnerman)

Paul het in 2011 as die vierde uitdager by die program aangesluit. Hy is in 1970 gebore en het hom as dokter bekwaam. Hierna het hy as algemene praktisyn en 'n junior dokter in hospitale gewerk voordat hy 'n komediant geword het.

Jenny Ryan (The Vixen)

Jenny het in 2015 'n uitdager geword, maar word sedert die begin met die program geassosieer aangesien sy die vrae vir die eerste episode in 2009 opgestel het. In 2019 het sy aan die Britse sangkompetisie, Celebrity X Factor, deelgeneem, waarin sy tot die eindronde deurgedring en algeheel derde geëindig het.

Die uitdagers: Anne Hegerty (The Governess), Mark Labbett (The Beast), Jenny Ryan (The Vixen),  Shaun Wallace (The Dark Destroyer) en Paul Sinha (The Sinnerman).   Foto: Verskaf.
Die uitdagers: Anne Hegerty (The Governess), Mark Labbett (The Beast), Jenny Ryan (The Vixen), Shaun Wallace (The Dark Destroyer) en Paul Sinha (The Sinnerman). Foto: Verskaf.

Toets jou eie kennis tuis saam met die familie terwyl julle kyk hoe die deelnemers dit uitspook. The Chase belowe om kykers op die punte van hul stoele vasgenael te hou terwyl hulle kyk wie as wenner uit die stryd gaan tree.

Kry al jou vermaak op BBC Brit

BBC Brit is jou eenstop-kanaal vir gesinsvermaak - met iets om te geniet elke aand van die week. Vir diegene wat mal is oor drama, seisoen 3 van Miss Scarlet and the Duke begin op Maandag 26 Junie om 20:00, terwyl aanhangers van die heerlike komedie-drama Ghosts bly sal wees om te weet die reeks keer op Vrydag 30 Junie om 20:35 terug vir 'n derde seisoen. Kykers kan ook uitsien na Midsomer Murders op Donderdae om 20:00.

As jy op soek is na boeiende vasvraprogramme en die beste in Britse komedie, dan is BBC Brit (DStv-kanaal 120) die perfekte bestemming vir 'n aand van gehalte-vermaak.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM