In 'n veranderende wêreld waar onsekerheid hoogty vier, bied goud altyd gemoedsrus.
'n Alternatiewe belegging is 'n bate wat nie in een van die konvensionele beleggingskategorieë val nie.
Dit sluit in kuns en antieke ware, puik wyn, eiendom, klassieke motors, kriptogeld, luukse horlosies, goue munte en penning- of muntversamelings.
Deur alternatiewe beleggings by jou portefeulje te voeg, verminder dit blootstelling aan enige enkele bate of risiko. Tóg kan party van hierdie alternatiewe onvoorspelbaar of onstabiel wees en verdere blootstelling tot gevolg hê.
Dit is waar goud die voortou neem en hom van die ander onderskei. Regdeur die geskiedenis is daar min ander beleggings gewilder as goud as 'n verskansing teen feitlik enige onstuimigheid - van inflasie tot ekonomiese onrus en valutaskommelings tot selfs oorloë.
Rael Demby, bedryfshoof van The South African Gold Coin Exchange en The Scoin Shop, glo diversifikasie kan beleggers help om die impak van onbestendigheid op die mark te verminder.
"Ons lewe in 'n wisselvallige wêreld. Goud bied 'n veilige bate wat altyd sy waarde behou. Krugerrande, goue munte en versamelstukke onderskei hulself as die uiterste vorm van alternatiewe bate."


Koop hierom goud
Hier is 'n paar praktiese redes waarom jy dit moet oorweeg om in hierdie tye goud aan te koop.
Eiendom: Goud is tasbaar en beweeglik. As 'n edelmetaal het goud unieke eienskappe vanweë sy skaarsheid, duursaamheid, verwisselbaarheid, skoonheid, roesbestandheid, verdeelbaarheid en smeebaarheid. Daarbenewens is goud 'n uiters likiede bate. Ander alternatiewe bates is redelik illikied. Beleggers kan dit byvoorbeeld moeilik vind om 'n skaars bottel wyn, 'n antieke motor of 'n stuk antieke ware te verkoop, maar dit is nie die geval met goud nie.
Beperkte aanbod:Die aanbod van goud is beperk, wat sy rol as 'n waardedraer verhoog. Die wêreldwye aanbod van goud neem jaarliks met ongeveer 1,5% toe. Goud se unieke eienskappe, soos hierbo genoem, maak daarvan 'n uitstekende waardedraer. Goud blyk die algehele wenner te wees as waardedraer ná duisende jare van mededinging teen ander kommoditeitgeldeenhede.
Geskiedenis en stabiliteit: Anders as papiergeld, munte en ander bates, het goud sy waarde deur tyd behou. Mense sien goud as 'n manier om hul rykdom te bewaar en van een generasie na 'n volgende oor te dra. Sedert die vroegste tye het mense die unieke eienskappe van die edelmetaal na waarde geag. Dit is die metaal waarop ons terugval wanneer ander vorms van geldeenheid nie werk nie, wat beteken dat dit altyd 'n sekere waarde as versekering teen moeilike tye het.
Amptelike steun: Sentrale banke en regerings oor die wêreld heen besit goud as 'n reserwebate.
Boonop het sentrale banke en regerings sedert die finansiële krisis meer goud aangekoop om hul geldeenheidreserwes te diversifiseer en om hul steun op die Amerikaanse dollar as 'n reserwebate te verminder. Indien sentrale banke goud koop omdat hulle glo goud dien as 'n waardedraer, waarom anders optree?
Baie mense is met reg besorg oor waar hulle 'n toevlug kan vind teen die onbestendigheid van die wêreldwye finansiële stelsel, die verminderende waarde van fiat-valuta en kommer oor inflasie. Mense het 'n behoefte aan die sekerheid van 'n betroubare "waardedraer". 'n Waardedraer is 'n bate wat geberg en weer onttrek kan word en sy koopwaarde nog behou.
Demby sê: "Daar is redes om senuagtig te voel, soos byvoorbeeld geopolitieke onstabiliteit, inflasionistiese kommer en druk op wêreldwye finansiële stelsels. Tóg, deur goudmunte by jou portefeulje in te sluit, bly 'n opsie, veral ten opsigte van Krugerrande."
Krugerrande, wat oorspronklik in 1967 in Suid-Afrika gemunt is, was die eerste in sy soort in die wêreld.
Krugerrand maak geskiedenis
Die Kruggerrand was die eerste moderne staafgoudmunt. Dit het bestaan uit een ons troois suiwer goud in 'n munt gemeng met 'n koperallooi vir stewigheid om 'n 22-karaat goue munt te lewer, waarvan meer as 50 miljoen onse oor die wêreld heen verkoop is. Dit het die Krugerrand die mees verhandelde likiede staafgoudmunt ter wêreld gemaak.
So, wat is die gevolgtrekking? Goud moet na regte 'n belangrike deel van 'n gediversifiseerde beleggingsportefeulje wees.Dit het nog altyd sy waarde op lang termyn behou. Deur die jare het dit as 'n verskansing teen inflasie en die erosie van groot geldeenhede gedien.
Skilder- en muntkuns ontmoet

Ook bekend as die "Mona Lisa van die Noorde" ewenaar Johannes Vermeer se Meisie met die pêrel Leonardo da Vinci se meesterwerk wat betref blootstelling.
Die Amerikaanse skrywer Tracy Chevalier het in 1999 haar gelyknamige boek, geïnspireer deur Vermeer se bekendste werk gepubliseer.
Meer as vyf miljoen eksemplare van The Girl with a Pearl Earringis verkoop en dit is verwerk tot 'n rolprent met Scarlett Johansson en Colin Firth in die hoofrolle.
Die skildery het dus al 'n boek en rolprent geïnspireer en pryk op die voorblaaie van talle kunsboeke, kussings, T-hemde, sakke en meer. Die Monnaie de Paris (Paryse munt) bring nou ook hulde aan dié meesterwerk met 'n ¼ ons goue munt en 'n ½ kg silwer munt.
So, waarom gryp dié kunswerk mense so aan?
Kunskenners verwys na die kwaliteite wat dit uniek maak. Die werk is pragtig met die treffende blou en geel van die meisie se kopdoek wat teen 'n swart agtergrond aangebring is asook die glinsterende pêrel wat meesterlik met net 'n paar kwashale uitgebeeld is.
Kunskenners verwys ook na die kundige manier waarop lig in die werk vasgevang is, die skadu's op haar vel en in die meisie se oë.
Maar dit gaan nie net oor die tegniese aspekte van die werk nie - daar skuil ook intrige in die storie van die Meisie met die pêrel.
Dis een van die mees geliefde kunswerke ter wêreld, maar wie was die model? Waarom is sy geverf? Waaraan dink sy terwyl sy na ons staar?
Is haar groot oë en halwe glimlag 'n teken van onskuld of probeer sy die kyker verlei? Waarom dra sy die oorring?
Nog 'n tergende geheim is die verhouding (indien enige) tussen Vermeer en die model vir sy befaamde werk.
Die werk is tussen 1665 en 1666 voltooi. Dit is verkoop en vir 200 jaar is dit onbekend wie die skildery gehad het.
'n Versamelaar het dit in die laat 19de eeu op 'n veiling in Den Haag gekoop en ontdek dit is 'n Vermeer nadat die werk skoongemaak is.
Met die dood van die versamelaar in 1902 is dit aan die Mauritshuis-kunsgalery in Den Haag geskenk, waar dié ikoniese werk steeds hang.
The Scoin Shop
Deur die jare het min beleggings goud in gewildheid geëwenaar as 'n verskansing teen byna enige soort moeilikheid, van inflasie, ekonomiese omwenteling en valutaskommelinge, tot oorlog.
Diversifikasie kan help om die impak van markonbestendigheid te beperk. Goud bied 'n veilige hawe-bate wat altyd waarde behou. Krugerrande, goue munte en versamelstukke onderskei hulself as die topkeuse vir alternatiewe bates.
Klik hier vir meer inligting oor Krugerrande en goud.
















