Promosie

GEBORG | Wat kook dié vakansie?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
GEBORG | Wat kook dié vakansie?

As jy verkies om by die huis te bly en die feestelikhede saam met vriende en familie te vier, hoekom probeer jy nie 'n paar maklike resepte met een van Absa se top-tien-ekstrasuiwerolyfolies (EVOO's) nie? Dit is ideaal vir bak, braai en selfs op roomys!

Waag om anders te wees met EVOO-kombinasies

Die beste geurkombinasies word verkry wanneer die geskikte styl olie met 'n spesifieke gereg gepaar word.

Verskillende aromas kan verskeie geregte opkikker.

Meer intense vrugte-olies komplementeer byvoorbeeld kosse met die mees intense geure en vir 'n spesiale nagereg, sal baie delikate olies weer subtiele geure verbeter, sonder om jou nagereg te oorheers.

Wees altyd op die uitkyk vir die SA Olive CTC-seël op 'n bottel ekstrasuiwerolyfolie. Dit is 'n seël van vertroue en dit is 'n waarborg dat die verskaffer "toegewy is tot voldoening" aan die verskaf van gehalte-ekstrasuiwerolyfolie. Dit bevestig dat die EVOO 100% plaaslik (Suid-Afrikaans) vervaardig word en ook dat dit outentiek is.

Probeer gerus dié heerlike spinasie-en-sampioen-filotert.
Probeer gerus dié heerlike spinasie-en-sampioen-filotert. Probeer gerus dié heerlike spinasie-en-sampioen-filotert.

Spinasie-en-sampioen-filotert met gemarineerde tamatie

Dié resep van Zola Nene bedien vier tot ses mense.

¼ koppie ekstrasuiwerolyfolie

2 takkies roosmaryn

1 opgekapte knoffelhuisie

2 eetlepels olyfolie

250 g opgesnyde sampioene

2 eetlepels Zola's Feast Flavour Bomb Spice Mix

400 g opgesnyde spinasie

250 g roomkaas, teen kamertemperatuur

½ koppie gerasperde cheddarkaas

Sout en peper

2 groot eiers

4 velle filodeeg

1teelepel Dijon-mosterd

1 teelepel heuning

2 teelepels heuning

½ koppie suurlemoensap

¼ koppie ekstrasuiwerolyfolie

2 eetlepels opgekapte pietersielie

1 bakkie kersie-tamaties, in die helfte gesny

Sout en peper

• Voorverhit die oond tot 180°C en plaas 'n bakplaat in die oond.

• Plaas olyfolie, roosmaryn en knoffel in 'n kastrol. Verhit liggies tot die knoffel begin sis.

• Draai dan die hitte af en sit dit eenkant sodat dit kan intrek.

• Verhit nog 2 eetlepels olyfolie in ‘n groot pan. Voeg sampioene by en braai dit op hoë hitte in die pan totdat die sampioene begin bruin raak teen die kant.

• Voeg Zola's Feast Flavour Bomb Spice Mix by en braai vir 'n paar sekondes in die pan.

• Voeg die spinasie by en meng dit goed totdat alle vloeistof in die blare verdamp het.

• Meng die roomkaas en die cheddarkaas saam in 'n bak, voeg sout en peper by en proe voordat jy die eiers saam meng.

• Meng dan die spinasiemengsel hierby en roer dit goed deur.

• Smeer die knoffel-en-roosmaryn-mengsel op elke vel deeg. Pak dit dan op mekaar in 'n oorkruispatroon.

• Smeer 'n ronde koekpan van 20 cm met 'n los bodem met olyfolie uit, en pak die hopie deeg daarin.

• Voeg die vulsel by en druk dit af om lugholtes te vermy.

• Bak dit in die oond vir 30 minute, totdat die deeg goudbruin is, en die vulsel gestol het.

• Laat dit afkoel tot kamertemperatuur voordat jy dit opsny en bedien.

• Vir die tamaties, klits die mosterd, heuning, suurlemoensap, olyfolie en pietersielie saam. Voeg die tamaties by en voeg speserye by vir die geur.

Volg gerus Zola Nene se 10 EVOO-kookwenke.

Klik hier vir meer resepte.

Die perfekte geskenk

Maak seker dat jy EVOO's deel maak van jou Kersfees-lysie.
Maak seker dat jy EVOO's deel maak van jou Kersfees-lysie. Maak seker dat jy EVOO's deel maak van jou Kersfees-lysie. (SYSTEM)

"Vloeibare goud" is die perfekte geskenk dwarsdeur die jaar. Dit is ideaal vir verjaarsdae, aandete- en sosiale partytjies, asook Paasfees, Kersfees of enige ander vieringe.

Enige tyd wanneer jy jou geliefdes, vriende en familie wil bederf met 'n geskenk, is daar geen beter manier om jou liefde te wys as met 'n vloeibare wondermiddel van goud nie.

Plaaslik vervaardigde EVOO's is geredelik beskikbaar en bekostigbaar en is beproef en getoets om te verseker dat die gehalte in die bottel sy gewig in goud werd is. Kies en keur uit die uitstekende gehalte-EVOO's van die uitgesoekte wen-olyfplase wat aangekondig is by die onlangse Absa Top-10-toekennings, wat die beste 10 olies van die 2022-oes ten toon stel.

So, hoekom gryp jy nie 'n paar bottels om jou Kerskouse vol te maak nie? Jy mag dalk net die "geur van die maand" wees!

Dié bekroonde EVOO's spreek van gehalte.
Dié bekroonde EVOO's spreek van gehalte. Dié bekroonde EVOO's spreek van gehalte.

Hierdie artikel is moontlik gemaak deur Absa. Die blad isbetaal en die inhoud verskaf deur die adverteer. Netwerk24 aanvaar geenaanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM