Promosie

Geurige winterkerrie met jasmynrys, klapperolie en sesamolie

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto:Verskaf.
Foto:Verskaf.
Foto:Verskaf.
Foto:Verskaf.

Laat die heerlike geure van 'n Thai kerrie jou op reis neem terwyl jy kook - met jasmynrys, sesamolie en klappermelk kan jou mos nie verkeerd gaan nie! Die geure werk saam om mens te laat voel of jy in 'n besige kosmark of dalk by 'n eilandrestaurant sit. Daarby is sappige blokkies varkvleis net die ding om voor te sit as jy lus is vir onthaal, want nie net is dit veelsydig nie, maar dis waarde-vir-geld vleis wat families kan voed.

Sit dit in helder bakkies voor wat die tafel op 'n koue aand sal ophelder. Die verskeidenheid kleure in die gereg -pampoen, lemmetjie en rissie - sal maak dat die inhoud van die borde tot 'n gesellige tafel bydra.

Thai Winterkerrie

Geurig en bekostigbaar!

Genoeg vir 4-6 mense

Voorbereiding: 1 uur

Gaarmaaktyd: 40 min

Bestanddele

  • 600 g Varkvleis, in blokkies gesny
  • 15 ml (1 e) Vissous
  • 1 x 400 ml-blik klappermelk
  • ¼ k Thaise geel kerriepasta
  • 15 ml (1 e) Sesamsaadolie
  • 1 Rooi-ui, gekap
  • 250 g Pampoen, in 2 cm-stukke gesny
  • 1½ k Jasmynrys
  • 100 g Groenbone, punte afgesny en skuins in 3 cm-stukke gesny

Opdiening

  • ½ k vars koljandertakkies
  • 1 lang rooi brandrissie, dun en skuins gesny
  • 3 gesnyde radyse
  • Sesamsaad
  • Lemmetjiewiggies

Maak so

1. Meng die varkvleis, vissous, ¼ k klappermelk en 2 e kerriepasta in 'n groot bak.

2. Voorverhit die oond tot 180 °C met die waaier aan.

3. Verhit 'n groot, vlambestande roosterpan met 'n inhoudsmaat van 8 koppies oor matige hitte. Braai die varkvleis 5 minute of tot verbruin terwyl jy af en toe roer. Plaas in 'n hittebestande bak.

4. Verhit die olie in dieselfde pan oor matige hitte. Voeg die ui by. Braai 4 minute of tot versag terwyl jy roer. Voeg die oorblywende kerriepasta by. Braai 30 sekondes of tot geurig. Voeg die pampoen en rys by. Roer om te bedek. Voeg die oorblywende klappermelk en ¾ k water by. Laat prut vir 10 minute en bedek. Plaas in die oond. Bak 20 minute of tot die rys amper sag is.

5. Roer die bone by die rysmengsel in. Bedek met die varkvleis. Sit die deksel op en bak nog 10 minute of tot die varkvleis net deurgaar en die rys sag is.

Opdiening

1. Strooi die koljander, brandrissie, radys en sesamsaad oor. Sit voor saam met die lemmetjiewiggies.

Vir nog heerlike varkvleisresepte, gaan na www.sapork.co.za.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM