Wat is die meeste Land Cruisers wat jy nóg op een plek gesien het? Of in een konvooi? Hoe klink 491 Land Cruisers wat op dieselfde dag op dieselfde plek byeen is? En 413 Land Cruisers wat saam in 'n bewegende konvooi ry oor 'n afstand van 20 km?

Dié Afrika-rekord is verlede jaar op die jaarlikse Hankook Land Cruiser-fees opgestel en dit is nou weer sulke tyd. Die byeenkoms word van 6 tot 8 September by die Sondela Natuurreservaat en Spa buite Bela-Bela in Limpopo gehou. Dit is vanjaar die sewende jaar dat dié geleentheid plaasvind en telkens is die vorige jaar se rekord verbeter.

Veldroete
Vanjaar is die doelwit dan ook om verlede jaar se rekord te verbeter. Die konvooi oor 20 km sal weer 'n veldroete by Sondela wees, met 'n paar lekker uitdagings langs die pad.
Die byeenkoms word deur Trio Events gereël en die rekordpoging word deur die SA Book of Records, wat deur die Radical Group bestuur word, geverifieer.
Eienaars en liefhebbers van Land Cruisers kan regmaak vir 'n hele naweek se gesellige saamkuier.

Hoe om deel te neem
- Alle deelnemers aan die rekordpoging moet hul Land Cruiser vooraf aanlyn registreer by www.ekspo.co.za.
- Jy kan ook direk met die Trio Event-kantoor skakel vir registrasie. Bel Tersia by 071 659 9915 of stuur vir haar e-pos na accounts@ekspo.co.za om jou te help.
- Laat registrasie kan nog op Saterdag 7 September by die kantoor op die perseel gedoen word, maar deelnemers word aangemoedig om vroegoggend reeds daar te wees om die stormloop te vermy.
- Boskamp-kampering is ongelukkig reeds uitverkoop, maar Sondela bied ook alternatiewe verblyf in die oord. Besprekings hiervoor kan regstreeks by 014 736 8900 gedoen word.
- Sondela is sowat 80 km noord van Pretoria, langs die N1-hoofweg by die Bela-Bela-afrit. Die oord is goed toegerus en bied 'n verskeidenheid aktiwiteite vir die hele gesin, waaronder bergfietsroetes.
- Meer inligting is by www.sondela.com beskikbaar.
- Sondela is natuurlik ook die tuiste van die gewilde kykNET Buite-ekspo Limpopo wat vroeër vandeesmaand deur Trio Events aangebied is.
Wat om te verwag

Aktiwiteite wat tydens die Hankook Land Cruiser-feesaangebied gaan word, sluit in 'n viertrek-hindernisbaan, LA Sport Land Cruiser se versnelrenne op gruis, uitstallings van buiteleweprodukte, kindervermaak, helikopterritte en 'n heerlike verskeidenheid stalletjies met eet- en drinkgoed.
Die fees is 'n geleentheid vir die hele gesin en Sondela se geriewe bied by uitstek die geleentheid vir oud en jonk om uit te span!
Jimmy's Steakhouse Sauces borg die verhoog met vermaakkunstenaars.
Die fees is 'n geleentheid vir die hele gesin en Sondela se geriewe bied by uitstek die geleentheid vir oud en jonk om uit te span!
Vir meer inligting!
Hou ook jou plaaslike Land Cruiser-platform, Land Cruiser-klubs en verwante sosialemedia-rekenings dop vir meer inligting. Vorige deelnemers sal ook via 'n databasis inligting oor die byeenkoms van
Trio Events ontvang.
Die borge
Borge vir die geleentheid sluit in die naamregborg
Hankook, asook Jimmy's Steakhouse Saucesen Tokia 4x4en mediavennote soos Beeld, Pretoria FM, Die Pos/The Post, aBr Magazine, Lekker Kampplekkemet meer as 207 000 volgelinge op hul Facebook-blad), Kamp-Mal (met meer as 176 000 Facebook-volgelinge) en Netwerk24.












