Promosie

Inskrywings van hoogstaande gehalte

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die wenner in 2019 was 'n matrikulant van Limpopo. Pieter Hoogenboezen, destydse onderhoofseun van die Hoërskool Pietersburg in Polokwane. Hy het aanvanklik fisioterapie gestudeer totdat hy vanjaar vir medies gekeur is. Van links is Pieter en sy ouers, Hans en Eldi Hoogenboezem van Tolwe naby die Botswana-grens, saam met die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, prof. Francis Petersen. Foto: CHARL DEVENISH
Die wenner in 2019 was 'n matrikulant van Limpopo. Pieter Hoogenboezen, destydse onderhoofseun van die Hoërskool Pietersburg in Polokwane. Hy het aanvanklik fisioterapie gestudeer totdat hy vanjaar vir medies gekeur is. Van links is Pieter en sy ouers, Hans en Eldi Hoogenboezem van Tolwe naby die Botswana-grens, saam met die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, prof. Francis Petersen. Foto: CHARL DEVENISH

Die standaard van inskrywings vir die 40ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie alleen is al 'n viering van vier dekades waarin daar erkenning gegee is aan veelsydige uitblinkers.

Midde-in beperkings weens die Covid-19-pandemie is dit nie moontlik om soos in die verlede 'n glansgeleentheid te hou nie. Groot planne is gemaak vir verlede jaar se kompetisie, wat die 40ste sou wees, maar toe steek die virus 'n stokkie voor alles.

Dié kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Netwerk24 en Volksblad laat hom egter nie onderkry nie. Hoewel daar vanjaar minder inskrywings as in vorige jare ontvang is, is die gehalte van inskrywings uitstaande en daar moes behoorlik kopgekrap word om die beste van die bestes aan te wys.

Benewens matrikulante wat 100% in vakke soos wiskunde, rekeningkunde en lewenswetenskappe behaal het, was daar baie gevalle waar 98% en 99% in meer as een vak op 'n rapport aangeteken is. Altesaam sewe van die 14 topfinaliste wat hulle van 5 tot 7 Oktober in Bloemfontein aanmeld vir die finale beoordeling se gemiddelde is 90% en hoër, met die res 'n kortkop agter hulle.

Die gemiddelde akademiese persentasie van die top-14 is 88%, twee persent hoër as van die 2019-groep. Die gemiddelde van al die inskrywings saam vanjaar is 80% - in 2019 was dit 77%.

Soos in die verlede is inskrywings van oor die land heen ontvang. In 2019 het die enigste inskrywing uit Limpopo, Pieter Hoogenboezem van Tolwe wat aan die Hoërskool Pietersburg in Polokwane gematrikuleer het, eindelik met die louere weggestap. Pieter is nie net as die 39ste Matrikulant gekroon nie, maar is ook deur sy mede-finaliste as vonkelpersoonlikheid aangewys.

Vanjaar is Limpopo die enigste provinsie wat nie in die kompetisie verteenwoordig is nie. Die meeste inskrywings, 38, was uit die tuisprovinsie van die kompetisie, die Vrystaat. Dit is gevolg deur ses elk uit Gauteng en KwaZulu/Natal, vyf elk van die Noord- en Oos-Kaap, vier van Noordwes, twee van die Wes-Kaap en een uit Mpumalanga. In die top-14 word vier provinsies verteenwoordig.

Soos in 2019 is verreweg meer inskrywings van die skone geslag ontvang as van die manne met 38 meisies wat hulle ingeskryf het. Dit word ook in die top-14 weerspieël waar daar slegs drie seuns in die groep is. Die helfte van die groep finaliste is van Bloemfontein, vier is van elders in die Vrystaat en die res van ander provinsies.

Slegs vier skole het twee of meer inskrywings met die C & N Meisieskool Oranje bo aan die lys met ses inskrywings. Twee van hulle is in die top-14.

Die enkele studierigting wat die meeste van die inskrywings se eerste keuse is, is medies. Sowat 40% beoog om hulle as dokters te bekwaam.

  • Statistiek saamgestel uit dokument verskaf deur Mazars, 'n borg en amptelike ouditeur van die kompetisie.

LEES OOK:

GEBORG

Hoërskool Wessel Maree

Die Hoërskool Wessel Maree is 'n parallelmedium skool in die hartjie van die Goudvelde. Bouwerk aan die skool het reeds in 1953 begin en die skool speel vandag nog 'n belangrike rol in die gemeenskap. By die Hoërskool Wessel Maree in Odendaalsrus is sport en akademie belangrik, maar ware sukses word aan die waardes en tradisies wat aan Wessie-wees gekoppel word, gemeet. By Wessel Maree word daar gestreef na uitnemendheid en daarom is hul waardes, naamlik respek, integriteit, eerlikheid, omgee en verantwoordelikheid vir hulle baie belangrik.Om 'n Wessie te wees is om familie te wees. Tradisies, familie en waardes is sinoniem met die Hoërskool Wessel Maree.

Hoërskool Bethlehem Voortrekker

Die Hoërskool Bethlehem Voortrekker, gestig in 1902, is volgende jaar 120 jaar oud. Akademie is hul topprioriteit. Sukses op dié gebied kan toegeskryf word aan beroepsgerigte vakkeuses, klaskamers met die jongste tegnologie, en bekwame onderwysers. Die skool kweek wetenskaplikes en ekonome, kunstenaars en tegnici. Voortrekker is 'n omvattende skool met 'n volledige tegniese rigting, asook 'n fokusskool vir gasvryheid en toerisme. Op kultuurgebied staan hulle sterk met debat, redenaars, serenadesang, Voortrekkers, musiek, tienertoneel/drama en Blitsbrein. Voortrekker se puik sportgeriewe maak deelname aan atletiek, swem, tennis, krieket, hokkie, netbal, rugby en 'n verskeidenheid ander sportsoorte moontlik.Voortrekkergees is legendaries: Hulle leef Non Sibi Sed Patriae voluit.

Hoërskool Bloemfontein

Die Hoërskool Bloemfontein (Bloemies) het as 'n gebalanseerde multikulturele parallelmedium skool in 1999 ontstaan. Hul leuse is "Strewe altyd hoër" en hulle glo in 'n Christelike waardestelsel met klem op wedersydse respek, holistiese ontwikkeling en die belange van die kind. Die Hoërskool Bloemfontein is 'n skool van akademiese uitnemendheid waar 'n balans tussen akademie, sport en kultuur gehandhaaf word. By die Hoërskool Bloemfontein is elkeen iemand. Leerlinge word voorberei om verantwoordelike en suksesvolle burgers in ons land te wees.Bloemies bied 'n wye beroepsgerigte vakkeuse aan met goed opgeleide personeel. Hul tegnologies goed toegeruste klaskamers en mededingende matriekuitslae spreek boekdele.

Hoërskool Jim Fouché

Die Hoërskool Jim Fouché is dié akademiese skool vir seuns en dogters in die Vrystaat. 'n Skool waar 'n gesonde balans tussen sport, kultuur en geheelmensontwikkeling gehandhaaf word. JF is meer as net 'n skool, dis 'n leefwyse. Hier word die rigting van hul voetspore bepaal deur geloof, integriteit, verantwoordelikheid, respek, lojaliteit en omgee. Met JF se skoolleuse van "Saai om te oes", geneem uit Matteus 13, glo hulle dat gelukkige kinders presteer en dat hulle oorvloedig en met passie in leerlinge se lewens saai om sodoende leiers te oes.

Hoërskool Witteberg

Die Hoërskool Wittebergis tans die top- wiskunde- en fisiese wetenskapskool in die Vrystaat. Hul hoë akademiese standaard is hul trots. Hierdie jeugland is deurtrek met kosbare oomblikke, spog met prag geriewe, wonderlike prestasies op vele sportterreine en is alombekend as 'n kultuurskool sonder gelyke. Sedert 1972 is hul besonderse werkswyse 'n rigtingwyser vir toekomstige generasies. Elke kind is hier 'n meesterstuk en vir sy personeel bly dit 'n voorreg om hul talent te ontsluit.Kom sien, leef en glo hoe die seisoene van jou lewe agter die skoolbanke met 'n ryke oes geseën kan wees. Kom deel in 'n onmeetbare oomblik.

Eunice High School

Die skool se ryk geskiedenis strek oor meer as 146 jaar met 'n ononderbroke tradisie van uitnemendheid. Eunice High School is een van Suid-Afrika se bekendste meisiekosskole. Hul visie is om 'n uitnemende, wêreldklasskool te wees wat met trots hoë standaarde, waardes en tradisies verbind tot gehalte-onderrig en optimale geleenthede vir veelsydige ontwikkeling. By Eunice word 'n dinamiese leeromgewing en ondersteuningstelsel gebied wat algehele ontwikkeling, leierskap en sosiale vaardighede optimaal ontwikkel. By Eunice maak onderwysers gebruik van die jongste onderwys- en leertegnieke om te verseker dat die skool die pas aangee in die vinnig veranderende landskap van onderrig en leer. Eunice se uitstekende koshuisgeriewe is alombekend. Die skool se geheim tot sukses is toegewyde personeel, leerlinge en ouers wat saam ondersteun en bydra tot die vooruitstrewenedheid van hierdie veelsydige skool. Eunice is werklik 'n plek waar meisies mekaar inspireer.

Siska Martin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM