
"Beste Stella," begin die kliënt Adele du Plessis aan 'n MedClaim Assist-personeellid. "Ek huil nog heeldag en kan nie eens die goeie nuus met jou deel nie, want jy gaan net 'n gehuil hoor. Die uitstaande eis is vanoggend inbetaal (R61 655)! Ek kon dit nie glo toe ek die SMS ontvang het nie en moes 'n paar keer kyk om seker te maak dat dit wel die geval is."
Adele voeg by: "Ek weet nie hoe om eens te begin om dankie te sê nie. Was dit nie vir jou nie - elke liewe oproep, ure aanhou op telefoonlyne, regte mense probeer opspoor en nooit opgee nie - was dit verseker nie die geval nie. Die volgende het my nogal baie bygebly nadat ek dit gelees het, want dit is wat jy vir my was in hierdie proses waarmee ek al presies 'n jaar (sedert 2 November 2020) sukkel: ‘If you are in a position to help someone, help them. God just may be answering that person's prayer through you'."
As Adele se gesukkel met 'n mediesefonds-eis vir jou dalk bekend klink, het jy waarskynlik MedClaim Assist (MCA) se hulp nodig. Mense is dikwels verward - of dalk woedend - as hul mediesefonds-eis afgekeur word.
Dié span kenners het die afgelope vier jaar al meer as 45 000 eise hanteer en sy kliënte meer as R43 miljoen bespaar.
MCA is kenners op die gebied van mediese fondse en hoe die bepalings en voorwaardes werk, sowel as hoe om te eis en waarvoor jy mag eis. Dis 'n vriendelike stem aan die ander kant wat wéét wat aangaan en watter vrae om te stel, wat nou namens jou die gesukkel kan aanpak om uit te vind wat fout gegaan het en of die fonds jou eis nie dalk verkeerdelik afgekeur het nie.
En as jy dink jy kan sonder hulle regkom, vra jouself die volgende: Weet jy wat voorgeskrewe minimum voordele beteken, en wat die voorgeskrewe minimum voordele is by jou fonds? Weet jy wat is 'n nie-betalingsgaping? Weet jy uit watter voordeel jou eis betaal moet word, en of jou mediese fonds jou spaargeld korrek uitbetaal? En dink jy nie dit sal dalk baie geriefliker en minder stresvol wees as daar iemand is wat al hierdie goed verstaan en jou belange op die hart dra nie?
MedClaim Assist kan dit alles uitpluis en verduidelik, en as daar 'n fout begaan is by die dokter of selfs net op die faktuur wat die betaling verhoed, sal hulle die mediese fonds nader en dit namens jou uitpluis. Dié span kenners het die afgelope vier jaar al meer as 45 000 eise hanteer en sy kliënte meer as R43 miljoen bespaar.
Hoe werk dit?
1. Jy stuur vir hulle jou eis of faktuur, en hulle verwerk dit deur hul eis databasis. Hulle sal jou dalk vra vir meer inligting - dokter- of hospitaalfakture, mediesefonds-kennisgewings of state en so meer.
2. Hulle vind gratis uit wat aangaan en stuur vir jou terugvoer. As daar byvoorbeeld 'n verskil is tussen jou uitbetaling en wat hulle uitgewerk het jy moes ontvang, sal hulle bepaal waar die probleem lê. As hulle dink hulle kan jou nie help nie, verduidelik hulle waarom, en die diens bly steeds gratis.
Betalingsopsies
Jy kan kies uit drie maniere om te betaal - ás hulle namens jou moet intree.
• 'n Eenmalige tarief van R575 vir 'n eenmalige eis. Jou eis sal geassesseer word en as MCA meen jou saak het meriete, sal hulle jou laat weet dat die tarief betaalbaar is.
• 'n Maandelikse intekening van R39 per maand.
• 'n Jaarlikse intekening van R399 (jy kry dus twee maande gratis).
Jou intekening sluit die volgende in:
- Onbeperkte navrae en bystand solank die intekening aktief is.
- Pro-aktiewe kontrolering van dokters se fakture en die mediese fonds se reaksie sodat probleme opgetel en opgelos kan word.
- Indien jy gapingsdekking het, bystand met die indien van eise aan jou gapingsdekkingversekeraar.
Vir meer inligting besoek Med ClaimAssist.












