Promosie

Kriptogeld: Miskien doen jy dít verkeerd

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kriptogeld: Miskien doen jy dít verkeerd

Vir dekades is die heersende siening dat jy "laag moet koop en hoog verkoop" om winsgewend te wees wanneer jy belê. Dit is tyd om van hierdie uitdrukking te vergeet.

Howard Marks, legendariese belegger, het in die openbaar sy mening gelug dat die verkoop van 'n bate (selfs wanneer jy 'n wins gemaak het) dwaas kan wees. Sy regverdiging van hierdie stelling is dat, hoewel dit nog nooit iemand arm gemaak het om winste te neem nie, die verkoop van 'n belegging jou saamgestelde rente onderbreek en dit kan veroorsaak dat jy oorskot opbrengste verloor.

Kom ons kyk waarom hierdie stelling waar is en hoe dit jou op die langtermyn kan bevoordeel.

Saamgestelde rente: Is dit regtig so kragtig?

Jy het dalk al die gesegde gehoor dat saamgestelde rente die agtste wêreldwonder is, en daar is goeie rede vir hierdie aanname. Saamgestelde rente speel op momentum en is verantwoordelik vir byna alle beleggingsukses. As jy al ooit gesien het hoe jou gunsteling-sokkerspan daardie wendoel in die laaste 10 minute aanteken nadat hulle die hele wedstryd agter was, dan weet jy dat momentum 'n snaakse manier het om 'n span tot sukses te dryf - dieselfde geld vir beleggings.

Hier is 'n eenvoudige voorbeeld:

Jy word twee keuses gegee. Jy kan elke dag vir 'n sekere tydperk óf 'n dollar ontvang óf jy kan 'n enkele sent ontvang wat in waarde sal verdubbel, wat sal jy kies? Jy sal dalk die dollar-opsie wil kies, dit is tog 100 keer meer werd as 'n sent. Dit lyk na die mees logiese keuse. Maar dink so daaraan: die persoon wat die dollar kies, sal op die 12de dag $12 hê en die persoon wat die sent kies, $20,48. Dít is die towerkrag van saamgestelde rente.

Noudat jy weet hoe kragtig saamgestelde rente is, kan jy sien waarom dit nie ideaal is om dit te onderbreek nie.

Beteken dit dat jy nooit 'n belegging moet verkoop nie?

Marks sê daar is twee gevalle waar jy moet verkoop: wanneer daar 'n beter beleggingsgeleentheid is óf wanneer die rede waarom jy in iets belê het, nie meer geldig is nie.

Byvoorbeeld, as jy in aandele belê het wat baie inkomste gegenereer het, maar nou nie meer lonend is nie of as die maatskappy regsprobleme in die gesig staar wat die besigheid kan kelder, moet jy daaraan dink om te verkoop.

Dieselfde geld as jy 'n baie beter belegging ontdek, wat bekendstaan as geleentheidskoste of die koste daarvan om 'n geleentheid mis te loop. Buiten hierdie twee hoofredes, glo Marks dat verkoop om enige ander rede meer skade as goed sal doen.

Om 'n bate te verhandel kan nie so skadelik vir 'n beleggingswins wees nie, kan dit?

Ja, dit kan. 'n Studie is gedoen van die S&P 500 ('n indeks van die top-500- Amerikaanse aandele) en sy opbrengsprofiel vanaf 1996 tot 2015.

Daar is bevind dat die S&P 500 gemiddeld +8,2% jaar-op-jaar vir 19 jaar aaneen gelewer het. Om dit in perspektief te stel, as jy $1 000 in 1996 belê het, sou dit $4 469 werd wees in 2015, gelykstaande aan 'n opbrengs van +347%.

Die studie het verder ook gekyk na die uitwerking van die misloop van top-handelsdae in die mark as gevolg van mense wat probeer handel dryf het en nie bloot belê en behou het nie.

Wat hulle bevind het was verstommend.

Uit die boonste grafiek kan jy sien dat as jy die top-10-handelsdae misgeloop het omdat jy die mark probeer dophou het, jou opbrengs gekrimp het tot net +4,5% per jaar. Dit beteken dat jy minder as die helfte van die opbrengs op jou $1 000-belegging verdien het (wat dit 'n totaal van $2 307 maak).

As jy uitgemis het op die top-20-handelsdae, beteken dit dat jy jou opbrengste met +2,1% per jaar ingekort het, wat 'n bykomende verlies van $2 987 is. Deur die top-40-handelsdae mis te loop, het jy eintlik -2% per jaar vir 19 jaar verloor - wat veroorsaak dat jy net $681 aan die einde van die tydperk het, in plaas van $4 469 deur jou geld te los waar dit is.

Hierdie studie demonstreer die krag van oorhandeling van langtermynbeleggings.

Die vraag is dus: Dink jy dit is die moeite werd om die risiko te neem om die markte te probeer verhandel, as dit beteken dat jy die meeste van jou belegging se opbrengsvermoë verloor?

Wat beteken dit vir jou?

Die kriptomark is soos enige ander finansiële mark. Die hoofverskil is dat die historiese opbrengste hoër is oor die meeste vergelykbare tydperke en die prysskommelinge, andersins bekend as wisselvalligheid of risiko, groter is, maar dit maak dit nog moeiliker om te probeer om die beste koop- en verkoopspunte te verhandel en dop te hou.

As jy 'n langtermyn-siening inneem en na die groter prentjie kyk, toon die kriptomark 'n duidelike tendens met opbrengste wat die bykomende risiko, die moeite werd maak.

Soos hierbo gesien, volg die kriptomark wat hier verteenwoordig word deur Bitcoin, 'n duidelike tendens. As jy probeer om dit daagliks te verhandel, kan dit jou duur te staan kom en jy kan ongelooflike opbrengste misloop wat mettertyd ophoop.

Hoe weet ek wat om te belê op die langtermyn?

Niemand is 100% seker watter belegging op die langtermyn die beste sal wees nie, maar jy kan 'n slim kunsie van byna alle beleggers gebruik: diversifikasie. Die ou gesegde dat jy nie al jou eiers in een mandjie moet sit nie, geld hier.

Diversifikasie bereik twee dinge:

1. Dit verminder jou risiko en maak van jou beleggingsreis 'n minder wisselvallige rit; en

2. Dit versprei jou kanse oor veelvoudige potensiële wenners en kan beskou word as 'n slim manier om te belê in 'n opkomende innoverende ruimte, soos kriptogeldeenhede, waar die wenner enigeen kan wees.

Chris Beamish, 'n beleggingsontleder van Revix, is lief om te sê: "Om in kripto te belê, is soos om in die 90's in die internet te belê."

Vroeë fase innoverende tegnologie was 'n wonderlike beleggingsgeleentheid, soos die wêreld duidelik gesien het met die opkoms van die internet.

"Uit die top-50-internetaandele op die kruin van die DotCom-borrel in 2000, het 88% dit nie oorleef nie en teen 2017 platgeval. Maar die wenners in daardie top-50 was mettertyd Amazon, Google, eBay en Yahoo. Die klein toewysing wat aan hierdie wenners gemaak is, het opgemaak vir die verliese van die verloorders en het ongeveer 14% per jaar gedurende daardie periode opgelewer," sê Beamish.

Kripto-bondels of gediversifiseerde mandjies van kriptogeldeenhede wat óf die algehele kriptomark of sekere sektore binne die kripto-ruimte volg, is die maklikste en slimste manier om blootstelling te kry en in die kriptomark te belê. Dit is soortgelyk aan 'n belegging in ETF, waar jy hope laekoste-diversifikasie kry deur 'n enkele beleggingsproduk.

Wanneer dit kom by kripto-bondels, is daar nie regtig 'n meer betroubare naam as Revix nie. Nie net sal jy voortdurend die grootste en mees gerespekteerde kriptogeldeenhede besit nie, maar jou bondel sal ook elke maand outomaties herbalanseer om jou op hoogte te hou van enige moontlike nuwe wenners wat die mark betree. Op hierdie manier mis jy nooit uit op 'n bate wat moontlik die volgende Amazon kan wees.

Soos jy duidelik hierbo kan sien, het Revix se bondelbenadering tot belegging in kriptogeldeenhede die groot kriptogeldeenhede van elke sektor geklop:

  • Smart Contract-bondel (+121%) het Ethereum (+88%) geklop
  • Top-10-bondel (+65%) het Bitcoin (+9%) geklop
  • Payments-bondel (+1%) het Litecoin (-16%) geklop

Dit is genoeg bewys dat diversifisering van jou beleggings groot voordele oor 'n langer tydperk kan inhou.

Waar kan jy in enkelkripto- asook gediversifiseerde bondels belê?

Revix is 'n Kaapstad-gebaseerde kriptobeleggingsplatform wat deur JSE-gelyste Sabvest gesteun word en bied iets eiesoortig aan jou, die belegger.

Jy kan óf in losstaande kriptogeldeenhede belê - soos Bitcoin, Solana, Ethereum, Uniswap, Cardano en meer - óf jouself van die res onderskei deur te belê in klaargemaakte gediversifiseerde kripto-bondels wat soortgelyk aan ETF's lyk.

Hulle kripto-bondels stel jou in staat om moeiteloos 'n ewewigtige mandjie van die wêreld se grootste, en by uitstek mees suksesvolle kriptogeldeenhede te besit, sonder om self 'n kripto-portefeulje te bou en te bestuur.

Revix bied tans drie bondels aan, naamlik die Top-10-, Payment- en Smart Contract-bondel.

DieTop-10-bondel is soos die JSE Top-40 of S&P 500 vir kripto en bied ewewigtige blootstelling aan die top-10-kriptogeldeenhede wat meer as 75% van die kriptomark uitmaak.

Die Payment-bondel bied ewewigtige blootstelling aan die top-5- betalingsgefokusde kriptogeldeenhede wat betalings goedkoper, vinniger en meer globaal wil maak.

Die Smart Contract-bondelbied ewewigtige blootstelling aan die vyf voorste slimkontrak-gefokusde kriptogeldeenhede soos Ethereum, Solana en Polkadot, wat ontwikkelaars in staat stel om toepassings bo-op hul blokkettings te bou, soortgelyk aan hoe Apple toepassings op hul OS-bedryfstelsel bou.

Meer oor Revix

Revix verseker eenvoud, vertroue en uitstekende kliëntediens met belegging in kriptogeldeenhede. Hul gebruikersvriendelike aanlyn platform stel jou in staat om met net 'n paar klikke die beste kriptobeleggings ter wêreld te maak.

Revix lei nuwe kliënte deur die aanmeldingsproses na hul eerste deposito en eerste belegging. Nadat dit opgestel is, bestuur kliënte hul eie portefeulje, maar hulle kan op enige tydstip ondersteuning van die Revix-span aanvra.

Onthou, kriptogeldeenhede is hoërisiko-beleggings. Jy moenie meer belê as wat jy kan bekostig om te verloor nie. Voordat jy belê, moet jy jou ervaring en beleggingsdoelwitte in ag neem en, indien nodig, onafhanklike finansiële advies inwin.

Vir meer inligting besoek www.revix.com.

  • Hierdie artikel is slegs bedoel vir inligtingsdoeleindes. Die menings wat uitgespreek word, moenie as beleggingsadvies of -aanbevelings beskou word nie. Hierdie artikel is nie 'n aanbod nie, en ook nie die uitnodiging van 'n aanbod om enige van die bates of sekuriteite wat hierin genoem word, te koop of te verkoop nie.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM