Groenteverbouing is koste-doeltreffend, want dit verg min tyd en aandag.
Vegepod, wat in Australië ontwerp is, is ideaal om in jou behoeftes te voorsien sou jy jou eie groente en kruie wou verbou.
Jy het nie veel spasie nodig om jou eie Vegepod- groentetuin in stand te hou nie - selfs 'n klein balkon bied genoeg ruimte. Die voordele van jou eie groente verbou in die huidige ekonomiese klimaat sal jou uitstappies na die winkel korter en goedkoper maak.
Om verantwoordelikheid te aanvaar vir die versorging van jou groentetuin kan verrykende gevolge hê. Deur jou eie gesin en die onmiddellike gemeenskap te voed, kan die las van hongersnood help verlig word.
Die unieke kenmerk van die Vegepod is 'n waterreservoir wat in 'n aparte area onder die grond sit. Te danke aan die reservoir kan op tot 80% van normale watergebruik bespaar word. Daar is 'n oorloopgat om te sorg vir oortollige water en voorkom dat wortelvrot voorkom. Afhangend van die Vegepod-model se grootte, kan die reservoir tussen 16liter en 64liter water hou.
Die ingeboude besproeiingstelsel is versoenbaar met 'n tuinslang en die beskermende deksel hou plae en gure weer uit, "verleng" seisoene en skep 'n mikroklimaat vir uiteindelike organiese groei. Daar is 'n opsie om 'n staanplek of trollie te koop. Die Vegepod se hoogte is ook rolstoelvriendelik.
Die winkel is aanlynen lewer landwyd af.












