Promosie

KYK: Dis waaroor Krone gaan

KYK: Dis waaroor Krone gaan

As jy nog nie 'n Krone-konsertbygewoon het nie, weet jy nie wat is 'n saamsingjol nie!

Jy neurie dalk Snotkop se "Song vir my dad" in die stort of sing uit volle bors in spitsverkeer saam met Juanita du Plessis se "Skarumba", maar wat daarvan om hierdie treffers, van oud tot nuut, saam met duisende ander aanhangers en die kunstenaars te sing?

Kurt Darren sê Krone is, naas Kersfees, die lekkerste tyd van die jaar vir hom.
Kurt Darren sê Krone is, naas Kersfees, die lekkerste tyd van die jaar vir hom. Kurt Darren sê Krone is, naas Kersfees, die lekkerste tyd van die jaar vir hom.

Dis Krone, 'n saamsingjol vir die hele familie!

Nie net kan jy na individuele kunstenaars luister nie, maar daar is ook verskeie geleenthede waar hulle saamsing.

Die konsert word altyd afgesluit met 'n lekker saamsing-saamdans-medley, soos dié een by Krone 5:

Die liedjies se woorde word op grootskerms vertoon sodat almal lekker kan saamsing. Die sokkiekoning Kurt Darren, sê Krone is, naas Kersfees, sy gunstelingtyd van die jaar.

"Al my gunsteling mense en liedjies onder een dak vir 'n lekker saamsing- en saamdans-jol. Wat kan dan beter wees!" sê hy.

Kurt was, saam met onder andere Refentse, deel van die groep wat Krone 4 afgesluit het met dié liedjies:

Vanjaar deel hy die verhoog met Theuns Jordaan, Lianie May, Dirk van der Westhuizen, Brendan Peyper, Refentse, Ricus Nel, Elandré, Elizma Theron, Andriëtte, Nicholis Louw, Manie Jackson, Robbie Wessels en Liezel Pieters. En ja, Snotkop en Juanita gaan ook daar wees!

Juanita en haar kinders Ruan Josh en Franja was in 2018 deel van Krone 5. Hulle het die verhoog gedeel met dié spesiale Kaalvoetkinders-medley:

Juanita, die sokkiekoningin, sal vanjaar deel wees van die Krone 6-familie. "Die Krone-gehore is altyd vir my ‘n hoogtepunt omdat hulle so lekker saamsing en ons hulle energie kan voel. Dit is vir my altyd 'n groot voorreg om saam met die ander kunstenaars al die bekende liedjies en ou treffers te kan sing," sê sy.

Dis 'n jol! Krone 3 se saamsing is 'n bewys daarvan:

Koop jou kaartjie nou!

*Kaartjies vir Krone 6 is nou beskikbaar. Die konsert op Saterdag 17 Augustus in Pretoria is egter reeds uitverkoop

*Krone 6 vind op Saterdag 3 Augustus om 19:00 en op 4 Augustus om 14:00 in Kaapstad in die Grand Arena in GrandWest plaasvind.

*Kaartjies is ook nog beskikbaar vir die konserte in Pretoria, wat op Vrydag 16 Augustus om 19:00 en Sondag 18 Augustus om 14:00 in die Sun Arena in Time Square gehou word.

*Kaartjiepryse wissel van R195 vir 'n staanplek teen die verhoog tot R470 vir sitplekke.

  • Kaartjies vir vanjaar se Krone is aanlyn beskikbaar by iTickets.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM