Die perfekte somer-aanbod met Vodacom sluit in drie maande se gratis toegang tot Showmax se video op aanvraag-diens en drie maande se gratis Showmax-data.
Wanneer jy jou gunsteling reekse en rolprente kyk, is daar niks erger as jou data wat in die middel van ‘n opwindende toneel opraak nie. Opwindende tonele is natuurlik volop in The Girlfriend Experience. In dié hoogs aangeskrewe, gewaagde drama vertolk Riley Keough die hoofrol van ‘n intern by ‘n regsfirma wat ‘n peperduur gesellin word.
Gelukkig het Showmax en Vodacom dié somer ‘n uitstekende aanbod wat sal voorkom dat jy weens te min data enige van die drama misloop.
Kry drie maande se Showmax en 15 GB gratis data van Vodacom
Vodacom-klante wat aanteken vir Showmax en dit voor 31 Januarie 2019 by hul rekenings voeg, kry drie maande se gratis toegang tot dié video op aanvraag-diens, asook drie maande se gratis Showmax-data.
Jy lees reg! Vir drie maande sal jy gratis, onbeperkte toegang hê tot reekse soos The Girlfriend Experience, HBO se Succession, Vikings (seisoen 5) en BBC se The Last Post. Jy kry ook gratis toegang tot ongelooflike plaaslike inhoud, insluitend The River, Housekeepers, Spoorloos en The Queen, asook epiese Hollywood-rolprente. En moenie die vuurwarm reekse vergeet nie - volledige seisoene van gewilde reekse soos Big Bang Theory én die nuutste seisoene van verslawende reekse soos The Handmaid's Tale en Westworld.
Hoe werk dit?
Vodacom-klante wat Showmax tussen 1 November 2018 en 31 Januarie 2019 by hul rekenings voeg, sal 15 GB se gratis Showmax-data (5 GB per maand vir drie maande) ontvang.
Hulle sal ook Showmax-intekening - wat gewoonlik R99 per maand beloop - vir drie maande absoluut gratis kry.
Daar is geen kontrak nie en jy verbind jou ook nie vir ‘n vaste tydperk nie, wat beteken jy kan Showmax enige tyd kanselleer.
Dié gratis data-aanbod met drie maande se gratis toegang tot Showmax is eksklusief beskikbaar aan Vodacom-klante wat kontrakte het én die wat voorafbetaal. Om in te teken vir dié aanbod, besoek www.showmax.com/vodacom.
Wat gebeur as die drie maande verby is?
Wanneer die drie maande se gratis toegang verval het, sal klante wat wil voortgaan om Showmax te ontvang R49 per maand betaal vir die daaropvolgende nege maande - steeds ‘n afslagprys en 'n fantastiese aanbod!
In totaal beteken dit 'n jaar se Showmax - wat gewoonlik R1 188 beloop - sal jou net R411 kos én dit sluit 15 GB se gratis Showmax-data in die eerste drie maande in.
Data-besparingsfunksies
Is jy steeds bekommerd oor die data? Showmax se toepassings bied aan jou funksies waarvolgens jy kan kies wat die beste gehaltevlak is vir die toestel wat jy gebruik. Laer datagebruikverstellings is ideaal vir selfone of tablette, wat jou 45 uur of meer se kyktyd gee vir 15 GB.
Fuifkyk al jou gratis reekse, van Insecure, Harlots en Younger tot Ash vs Evil Dead S1, Criminal Minds S1-12, HBO se Camping en nog baie meer - die hele somer lank!
November se Showmax-hoogtepunte












