
Zonnezicht-aftree-oord is geleë in die hartjie van Durbanville en bied 'n sorgvrye lewenstyl aan afgetredenes waar eksklusiewe geriewe en dienste in 'n hegte gemeenskap geniet kan word. Die 24-uur-mediese-sorg by die oord en die nabygeleë Durbanville Mediclinic verskaf die nodige gemoedsrus aan alle inwoners.
Die luukse wooneenhede sluit 24-uur-noodkameras en belstelsels in asook 'n maklike toegangskaartstelsel en infrastruktuur vir vesel-internettoegang. Daar is 'n hoogs gevorderde sorgsentrum vir verswaktes wat deur die uitstekende Van Biljon-verpleegagentskap bestuur word. Die kombuis en eetsaal word bestuur deur Feedem-spyseniering en wasgoed- en skoonmaakdienste is ook beskikbaar. Zonnezicht bied voltitel-eienaarskap.

Fase twee van die ontwikkeling sal 'n luukse klubhuis insluit met onder meer 'n gimnasium, haarsalon, vrouekroeg, boetieksitkamer, braaigeriewe, verhitte binnenshuise swembad en nog plekke vir ontspanning en vermaak. Zonnezicht is naby verskeie kerke, Durbanville se gholfbaan, De Ville-winkelsentrum asook die nuwe Village Square.Zonnezicht verskaf aan sy inwoners die genot van 'n sentrale ligging en verseker dat hul behoeftes bevredig word en dat hulle in styl kan aftree.
Pryse vanaf R1 261 500 (studio-eenhede) en R1 970 000 (tweeslaapkamer-eenhede)Bel Hannelie Blignaut van House of Realtors gerus by 082 573 7676 vir nog inligting of besoek antonmulder.com of zonnezicht.com.
















