Promosie

Medihelp toon stewige groei

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Medihelp is nog altyd bekend vir sy uitstekende kliëntediens, en verlede jaar het hy weer so gemaak.
Medihelp is nog altyd bekend vir sy uitstekende kliëntediens, en verlede jaar het hy weer so gemaak. (SYSTEM)

https://pubads.g.doubleclick.net/gampad/clk?id=6341927506&iu=/8900/24.com

https://pubads.g.doubleclick.net/gampad/clk?id=6341927506&iu=/8900/24.com

Medihelp, een van die vyf grootste mediese skemas in Suid-Afrika, het sy ledetal organies uitgebrei om meer as 98 500 hooflede en meer as 210 000 afhanklikes te dek. Dié skema het ook in 2022 netto organiese groei van 8,65% behaal.

Medihelp het onlangs sy jaarverslag vir 2022 vrygestel en opgemerk dat dié groeiresultate in 'n trae ekonomie 'n teken is dat sy strategie werk; 'n strategie wat lede se belange voorop stel.

Die skema het van sy produkvoordele uitgebrei, twee nuwe produkte bekendgestel en die reserwes wat hy tydens die Covid-19-pandemie opgebou het, gebruik om 'n algehele gemiddelde tariefverlaging van 0,45% in 2022 in te stel.

"Dit was 'n dapper skuif en 'n eerste vir die bedryf. Ons lede het gereageer deur by Medihelp te bly. Ons het 90,1% van ons lede deur die jaar behou, wat 'n beduidende verbetering in vergelyking met die vorige jaar was. Die feit dat sowat 40% van Medihelp-lede langer as tien jaar aan die skema behoort, spreek ook boekdele oor lede se tevredenheid met ons produkte en diens," het 'n woordvoerder van Medihelp gesê.

Die mededingende tariewe en voordele, sowel as Medihelp se nuwe produkaanbieding, het ook jong, gesonde individue gelok en die organisasie het sy gemiddelde ouderdomsprofiel gehandhaaf.

Medihelp het die jaar met 'n gesonde solvensievlak van 33,79% afgesluit, wat ver bo die wetlike vereiste reserwevlak van 25% is. Die skema het ook weer finansieel bestendig presteer en het vir die 15de agtereenvolgende jaar 'n AA-gradering vir sy eisebetalingsvermoë en finansiële bestuur van die internasionale graderingsagentskap Global Credit Rating ontvang.

Nog 'n pluimpie vir hul diens

As 'n spesialis in die bestuur van individuele lede, is Medihelp nog altyd bekend vir sy uitstekende kliëntediens, en verlede jaar was geen uitsondering nie.

Dié skema het die tweede algehele plek behaal in die toonaangewende Ask Afrika Orange-opname. Medihelp is ook hoog aangeslaan in die SA-csi- internasionale indeks wat in die mediesefondssektor gedoen is, met 'n merkbare verbetering in ledetevredenheid.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM