
Uiteindelik is motus.carshier! Hierdie nuwe aanlyn handelsnaam is nie net die eerste nuwe handelsnaam wat aanlyn deur 'n motorhandelaarsgroep bekend gestel word nie, Motus is ook die eerste motorhandelaarsgroep wat 'n ware aanlyn handelsnaam in die vorm van 'n URL bekend stel.
Dié webwerf spog met 'n aanlyn-"pakhuis" waar verbruikers die 25 bekendste nuwe motorhandelsname en meer as 10 000 handelaarsgesertifiseerde gebruikte en demonstrasiemodelle kan aankoop.
Wat motus.cars jou bied, is 'n veilige en betroubare plek om jou volgende motor te koop. Met alle gebruikte motors wat 100% deur Motus besit word, kry jy gemoedsrus met die waarborg dat die motor nie gesteel of herbou is nie.
Die motus.cars-webwerf bied verskeie funksies, insluitend die vermoë om al die voertuie van meer as 246 handelaars landwyd aanlyn te besigtig en motors in alle beskikbare handelsname in die nuwe, gebruikte en demonstrasie-kategorieë te vergelyk. Hul 13 verskillende soekfilters laat motorkopers toe om hul soektog volgens spesifieke voertuigkenmerke te verfyn.

Hierdie gebruikersvriendelike webwerf bied ook die geleentheid om aanlyn aansoek te doen vir finansiering, met 'n nuttige toestel vir voertuigfinansiering en omvattende hulpmiddels en wenke vir onervare motorkopers. Al wat jy hoef te doen, is om te klik.
Besoek motus.cars nou om die volledige lys funksies te ervaar!
Vat die pad met Motus
Watter beter manier om die bekendstelling van motus.cars te vier as om die pad te vat, of hoe? Dit is presies wat ons gedink het. Die beplanning van 'n drie-weke-reis, met gewilde komediant Nic Goliath as gasheer, het reeds begin.
Eerstens, wanneer jy beplan om die pad te vat saam met familie of vriende, besluit op 'n roete. Nic het besluit om die reis by die Motus Toyota CapeGate-handelaar in Brackenfell, Wes-Kaap, te begin en by Motus Ford Germiston in Gauteng te eindig.
Tweedens, besluit watter voertuig jy gaan gebruik. Die meeste van ons het hier nie veel van 'n keuse nie. Ons kan dalk besluit tussen Ma se brandstofdoeltreffende sedan of Pa se ruim gesinsportnutsvoertuig. Nic kon nie een kies nie, daarom het hy besluit om nege Motus-handelaars te besoek om verskillende voertuie op sy roete van Kaapstad na Gauteng via Bloemfontein te toetsbestuur met sy eerste toetsvoertuig wat hy by Motus Toyota CapeGate sal afhaal.
Jy kan natuurlik nie die pad vat sonder dat jy 'n paar besienswaardighede besoek het nie. Met Nic se jeugdige persoonlikheid is dit geen verrassing dat hy die Wes-Kaapse been van sy reis gaan begin met 'n besoek aan The Giraffe House Wildlife Awareness-sentrum in Muldersvlei nie. Met die fokus op Afrika se natuurlewe, bied Giraffe House 'n plek vir mense om die buitelewe te geniet terwyl hulle wild ervaar en meer daaroor leer. 'n Bekende lid van hul span is Gerry die kameelperd, wat hans grootgemaak is.

Nadat hy sy motor omgeruil het by Auto Pedigree N1 City, het Nic besluit op 'n vinnige besoek aan die Parow-gholfklub vir 'n potjie gholf. Een van Kaapstad se bes bewaarde geheime vir toeganklikheid en ligging, het dié baan 'n oorvloed voëllewe en spog met 'n pragtige uitsig op Tafelberg. Nic het ook seker gemaak die motor wat hy vir dié been van sy reis kies, het genoeg ruimte vir sy gholfstokke, en dat dit so maklik soos 'n klik op die motus.cars-webwerf is!

Nadat hy by Motus Nissan Tygervallei aangedoen het om sy volgende voertuig te gaan haal, sal 'n besoek aan die Tygerwaterfront in Bellville volg. Geleë aan 'n meer in die hartjie van 'n doenige stad, verleen die hele Tygerwaterfront werklik 'n ontspanne atmosfeer.

Omdat hy 'n regte grapmaker is, is Nic se motus.cars-reis beslis 'n geleentheid wat jy nie kan misloop nie! Suid-Afrikaanse motorkopers en komedie-aanhangers kan volg hoe sy reis vorder tydens regstreekse uitsendings saam met DJ Naves en Sphectacula op Metro FM vanaf 16 November weeksdae van 15:00 tot 18:00, sowel as op Facebook en YouTube.
Besoek gerus motus.cars en begin jou motorkoopreis aanlyn. Neem ook deel aan die gesprekke op Facebook en YouTube.













