NexusAG is in 2000 gestig toe 12 dinamiese landbouchemie-agente 'n maatskappy begin het om gewasbestuur, tegniese advies en innovasie te lei, ten doel om die verspreiders van toonaangewende verskaffers se produkreeks te word.
Die stigterslede se durf en entrepreneurskap het daartoe gelei dat NexusAG 20 jaar later een van die grootste rolspelers in Suid-Afrikaanse landbou geword het.
Die aanvanklike 12 agente en 'n hoofkantoorspan van ses persone van twee dekades gelede, het gegroei tot 80 agente met 54 agentskappe wat versprei is oor die Wes-, Oos- en Noord-Kaap asook Namibië.
Die hoofkantoor verskaf werk aan 38 personeellede, 180 agentskap-personeellede met ongeveer 400 afhanklikes.
By NexusAG gaan dit oor meer as net wêreldklasprodukte en uitstekende diens. "Ons vervul beslis nie die rol van 'n afleweringsdiens nie - ons wil betrokke wees by ons produsente se besigheid en aanvaar mede-verantwoordelikheid," sê Jacques du Preez, hoofbestuurder van NexusAG sedert 2008.
"Ons het voorts ten doel ons produsente op die plaas te hou deur deel te wees van hulle besigheid."
NexusAG het die afgelope 20 jaar gegroei van bloot 'n produkverspreider tot 'n strategiese vennoot wat betroubaar en volhoubaar is en waarde toevoeg.
Vandag lewer die maatskappy aan produsente doelgemaakte gewas-oplossings wat waarde toevoeg en wedersydse volhoubaarheid bevorder.
"Ons gewas-oplossings verseker winsgewende besighede en gesonde kos, terwyl ons omgee vir ons omgewing," sê Du Preez.
Ons het voorts ten doel ons produsente op die plaas te hou deur deel te wees van hulle besigheid.
— Jacques du Preez, hoofbestuurder
Die hooffokus is gehalte-gewasbestuursprogramme, wat ondersteun word deur tegniese advies, die jongste ontwikkeling in landboutegnologie en biologiese beheermetodes. Die agente is hoogs gekwalifiseerd en het jare se ondervinding.
Gereelde opleiding- en terugvoersessies voor en ná die groeiseisoen wat deur alle agente en belanghebbendes bygewoon moet word, verseker dat kennis oor oeste en produkte aan produsente oorgedra kan word.
NexusAG is baie trots op sy leiermarkaandeel in die Wes-Kaap en in die drie provinsies - Wes-, Oos- en Noord-Kaap - en is 'n sleutel-rolspeler in kern- en steenvrugte, tafel- en wyndruiwe, wintergrane, sitrus, aartappels en ander groentegewasse asook bessies en neute.
NexusAG is 'n 20 jaar oue stabiele verspreidingsmaatskappy met 'n suksesvolle en bewese sakemodel wat oor die jare suksesvol gebly het en die kern tot NexusAG se groei en volhoubaarheid was en steeds is.
Die maatskappy het ten doel om 'n maksimum bydrae tot voedselsekerheid te maak en insetkoste te optimeer.
LEES OOK:
- NexusAG se gewas-adviseurs en bestuur deel trots in 20 jaar se puik diens en sukses
- Die waardes waarin NexusAG glo, is wat tot hul sukses leihttps://www.netwerk24.com/ZA/Die-Burger/Promosie/nexusag-se-gewas-adviseurs-en-bestuur-deel-trots-in-20-jaar-se-puik-diens-en-sukses-20200923
- Gewasoplossings deel van NexusAG-aanbieding
- NexusAG ploeg ook terug in sy mense
GEBORG: Hulle sê geluk!
Van Nexus se gewaardeerde verskaffers en kliënte wat hulle met hierdie groot mylpaal gelukwens is:
- Adamais 'n leier in die gewasbeskermingsbedryf met innoverende oplossings wat vereenvoudig en groei in jou boerdery bevorder. Luister > Leer > Lewer.
- Agro Organicsbied vele organiese produkte vir gewasbeskerming.
- Atlantic Fertilisersbied gebalanseerde bemestingstowwe aan boere en hul besighede.
- BASFfokus daarop om volhoubare oplossings vir gewasbeskerming en langtermyn waarde aan produsente, die landboubedryf en die gemeenskap te bied.
- Basson Blackburn Ingelyfse prokureurs bied kundige regsadvies.
- Bayeris die landboubedryf se eerste keuse vir gewasbeskerming.
- Blu Dotvir stelsels soos Sage X3, Sage 300 en Sage CRM om jou onderneming glad te laat loop.
- Dux Agri is die hartklop in bio-tegnologie vir die landboubedryf.
- Harvest Chemicalsvir landbouchemikalieë van die hoogste gehalte.
- Introlabis 'n leier in die produksie en kommersialisering van biostimulante en spesialis-gewasinsette vir landbougebruik.
- LDP Ingelyf bied professionele besigheids- en finansiële dienste.
- MBFIis 'n Suid-Afrikaanse multinasionale landboutegnologie-onderneming wat spesialiseer in die produksie van bio-stimulante en ander biologiese produkte.
- Oro Agrilewer volhoubare oplossings vir enige landbouer.
- Out of the Bluelewer grafiese ontwerp wat pasgemaak is vir jou onderneming.
- Philagrobied betroubare plantgroeireguleerders, plaag-, swam- en onkruiddoders.
- PSGvir al jou en jou onderneming se korttermynbehoeftes.
- River Biose spesialiste is kenners van biologiese plaagbeheer.
- Rolfes Agriis 'n 100% Suid-Afrikaanse vervaardiger van 'n wye reeks hoëgehalte-landbouprodukte gefokus op plaaslike en internasionale markte.
- Shardabied toegevoegde waarde tot volhoubare voedselproduksie.
- Sologisticsvir al jou verspreidings- en pakhuislogistiek.
- Wolseley Liquidsbied gespesialiseerde plantvoeding.












