Hier is waarna jy in Augustus kan uitsien op Showmax. En moenie vergeet dat jy ook uitgesoekte sportgeleenthede direk kan stroom nie.
Ons keuse
HBO se Ballers S5
Spencer Stasmore (Dwayne Johnson) sal die seisoen na verwagting op volle vaart afskop in sy poging om 'n appeltjie te skil met die NCAA, wat sport in Amerika op kollegevlak reguleer. Hy soek ook geregtigheid na sy broer se selfdood, maar gaan hy dit kry? Nuwe episodes is elke Vrydag om 21:30.
Project Blue Book
Dr. J. Allen Hynek is 'n dosent by 'n universiteit, maar word deur die Amerikaanse lugmag gewerf om ondersoek in te stel na kontak wat in die 1950's met wesens van die buitenste ruimte gemaak is. Die program is geïnspireer deur die ware verhaal van die geheime Project Blue Book-operasie. Project Blue Book is eerste op Showmax te sien.
Siren S2B
Ben, Maddie en Ryn doen alles in hul vermoë om die groep meerminne wat in Bristol Cove aangekom het te versteek en veilig te hou. Die meeste van hul pogings word egter gedwarsboom deur omstandighede buite hul beheer. Siren wys eerste op Showmax.
Kidding S1
Jim Carrey vertolk die rol van Jeff Piccirillo, wat beter bekend is as Mr. Pickles, 'n persoonlikheid wat hy geskep het vir sy poppekasvertoning. Jeff se hele wêreld stort in duie wanneer sy oudste seun sterf. Nuwe episodes is elke Vrydag om 22:30 beskikbaar, reeds vanaf 9 Augustus.
Zog
Zog is 'n jong draak wat vasberade is om te presteer by die Draakskool waar hy leer om te vlieg, te brul en vuur te spoeg. Maar arme Zog het 'n paar uitdagings om te oorkom, waarvan baie veroorsaak word deur sy lompheid. Zog is eerste op Showmax te sien, waar jy ook ander prettige Julia Donaldson-rolprente sal vind, soos The Gruffalo.
Meer hoogtepunte
· Sweet Bitter S1: 'n Plattelandse meisie probeer sukses behaal as 'n kelnerin in New York. Kyk nou daarna>>>
· Gangland Undercover S1-2: Die ware verhaal van 'n misdadiger wat onder die dekmantel gaan werk om 'n gewelddadige motorfietsbende tot 'n val te bring. Kyk nou daarna >>>
· Six S1: 'n Spesialisspan van die Amerikaanse vloot moet 'n seesoldaat red wat deur terroriste in Nigerië ontvoer is. Kyk nou daarna >>>
· The Royals S4: 'n Sepie wat 'n skandalige weergawe is van die Britse koningshuis, met Lizz Hurling in die rolverdeling. Kyk nou daarna >>>
· Radio Raps Live:Laat Ek Jou So Sê & Dingetjies en Goetertjies: Twee van Jonathan se skreeusnaakse eenmanvertonings.
· Stroomop: 'n Groep wat byeengekom het om mekaar te ondersteun leer kosbare lewenslesse. Kyk nou >>>
· Utatakho S7: Nimrod Nkosi help mense om hul biologiese pa's te vind. Kyk nou >>>
Hoe om Showmax te kry
Teken aan vir 'n gratis proeftydperk van 14 dae. Daarna kos dit jou net R99 per maand om toegang te kry tot ‘n groot verskeidenheid plaaslike en internasionale reekse, rolprente en dokumentêre programme.
DStv Premium-intekenare kry Showmax gratis - gaan net na die webwerf om in te teken. Intekenare van DStv Compact en Compact Plus kan Showmax by hul intekening voeg teen net R49 per maand.












