Caivil Colour Shines bied jou 'n verskeidenheid kleure en eindelose moontlikhede. Of jy nou op soek is na 'n vars, nuwe voorkoms en of jou hare 'n bietjie aandag en liefde nodig het, Caivil het die oplossing!
Met die meeste haarkleursels word jy aangeraai om nie jou hare op dieselfde dag te kleur as wat jy dit laat relax of bleik nie, aangesien dit as 'n dubbele proses beskou word en jou hare kan beskadig. Met Caivil kan jy totsiens sê vir die twee weke lange wag voordat jy jou hare kan kleur.
Caivil Colour Shines Semi-Permanent Hair Colour is 'n kleurstelsel waarmee jy jou hare kan kleur direk nadat jy dit laat relax of gebleik het. Dit is gerieflik - en dit is eenvoudig om aan te wend met 'n geen-meng-stelsel en 'n slim toedieningsoplossing, sodat jy jou kleur tuis kan aanwend.
Die semi-permanente kleur is ammoniak-, alkohol- en peroksiedvry vir 'n sagter kleurervaring. Die kleur hou vir tot vyf wasse, en dan kan jy dit na iets anders verander!
Caivil Colour Shines het 'n wye verskeidenheid intense, lewendige skakerings in pas met die jongste neigings en het nou nog vier luukse skakerings bygevoeg sodat jy kan uitstaan bo die res.
Kleure om van te kies:
- Racy Wine
- Purple Berry
- Spiced Cognac
- Fiery Red
- Deep Aqua
- Ebony Black
- Cherry Cola
- Deep Mahogany
Gerugsteun deur die Caivil-belofte van uitstekende gehalte.
Gaan jy vandag nog by die Caivil-kleurrevolusie aansluit?
Volg Caivil op Facebook en Instagram vir meer inligting.













