Met programme enmusiek wat relevant, interessant en propvol vermaak is, kan RSG nie anders asom steeds miljoene Suid-Afrikaners se gunstelingluisterkeuse te wees nie!
Geselsprogramme,nuus en aktualiteit, leefstyl, dokumentêre, radiodramas, vermaak en musiek ismaar net ván die elemente wat RSG enig in sy soort maak. Deur programme wat onderwerpeen temas van die dag aanpak, bemagtig RSG sy luisteraars om elke koffiekuiersaam met vriende, kollegas en familie onvergeetlik te maak.
Volgens LouiseJooste, sakebestuurder, is RSG "meer as net 'n radiostasie". "Dis 'n maat, 'nvertroueling, en 'n integrale deel van mense se leefwyse. RSG bied werklik 'ntuiste vir almal - ongeag jou agtergrond of belangstelling. Jy sal iets krywaarvan jy hou of wat nuttig is vir jou."
In Oktober vier RSG 85 jaar van Afrikaanse radio met 'n reeks aanbiedingewat enige luisteraar nóg nader sal laat skuif. Dié feesvieringe gaan deur die loop van Oktober op die lugaangebied word met 'n verskeidenheid musiek, drama, dokkies en selfs kompetisiesvir RSG se luisteraars.
Programme sluit onder meer in:
- 'n Splinternuweopdragdrama deur die bekroonde dramaturg Lee Doubell. June van Merchvertolk die hoofrol in Sou die sterre luister met Johan Rademan as dieregisseur.
- Terrance April het in die argiewe gaan krap vir die afgelope bykans nege dekades seprogram-, sport, geskiedkundige en luisteraarshoogtepunte in Die magiese mikrofoon
- Musiekliefhebbers kan uitsien na Fritz Klaaste se No. 1 vir 85 Jaar. Klaaste gaan elkeSaterdagoggend die no. 1-treffers van die afgelope 85 jaar aftel.
- Pieter van den Berg en die span van RSG Sport gesels met die grootsportsterre en -omroepers.
Die maand sluit af met 'n hoogtepunt: 'nregstreekse konsert van U Eie Keuse vanuit die SAUK se M1-Ouditorium inAuckland Park op Saterdag 29 Oktober. Dis 'n glanskonsert van bykans tweeuur wat jy beslis nie wil misloop nie. Die konsert, wat om 20:00 sal begin,word aangebied deur Willem Pelser en sal bestaan uit die gewildste versoeke vanRSG se luisteraars. Geliefde treffers van die afgelope paar dekades sal deur 'norkes en span topsoliste uitgevoer word.
Meer inligting kan gevind word by RSG, op Twitter en Instagram.
Maak seker jy is ingeskakel op RSG en deel in die feestelikhede ter viering van 85 jaar van Afrikaanse Radio.













