Laat Just For Kids jou help om jou kind se hare te versorg. Dié haarsorgreeks is spesiaal geformuleer vir kinders.
Dit kan soms 'n groot taak wees om kinders se hare in stand te hou. Om hul hare te relax, as dit die roete is wat jy verkies, kan jou baie tyd bespaar, maar dan moet dit die regte relaxer wees en jy moet dit reg aanwend.
Caivil se Just For Kids-reeks bied drie relaxer-tipes aan wat geskik is vir fyn, normale en growwe hare - so jy sal beslis 'n geskikte een kry vir jou kleintjie. Die relaxers is beskikbaar in 225 ml-houers en jy kry 'n gratis neutraliserende shampoo by. Jy kan ook die neutraliserende shampoo (125 ml) apart koop.
Just For Kids Relaxer veroorsaak geen irritasies nie en jy hoef dit nie eens te meng nie. Dis net 'n sagte relaxer wat ook geskik is vir sensitiewe kopvelle.
Nadat jy die relaxer heeltemal uitgespoel het, wend jy die Just For Kids Neutralising Shampoo aan om jou kind se hare se pH-balans te herstel. Dié spesiaal geformuleerde shampoo het 'n kleuraanwyser.
WENK: As daar nog relaxer aan jou kind se hare is, sal die skuim pienk wees. Net wanneer die hare deeglik afgespoel is, sal die skuim wit wees en die water skoon.
Kliek hier vir stap-vir-stap-aanwysings deur Thandi vir hoe om jou kind se hare te relax:
Besoek Facebook en Instagram om na die res van die reeks te kyk, kontak te behou en lekker saam te gesels. Die Just For Kids-haarsorgportefeulje bied 'n sagte produkreeks wat jou kind se kopvel bevogtig en condition - so sê koebaai vir 'n gejeuk en 'n gekrap! Jou kind se hare sal sag voel en makliker wees om te versorg - sonder enige trane.












