- - 1 kg varkpootjies, kleiner gesny indien nodig
- - 1 x 250-300 g gepiekelde heel varkskenkel
- - 1 ui, in kwarte gesny
- - 2 lourierblare
- BREDIE -
- - 15 ml (1 e) olie
- - 1 ui, in wiggies gesny
- - 5 cm-stuk gemmer, geskil en fyngekap
- - 500 ml (2 k) brediebasis
- - 350-400 g babawortels
- - 60 ml (¼ k) elk witwynasyn en bruinsuiker
- - 45 ml (3 e) sojasous
- - sout (opsioneel)
1. Sit die varkpootjies en -skenkel in 'n drukkoker.
2. Voeg die ui en lourierblare by en bedek met water.
3. Seël die deksel goed en bring tot kookpunt.
4. Laat kook 40-45 min. onder druk of tot die pootjies en skenkel sag is.
5. Laat die stoom uit en dreineer die water.
Bredie
1. Verhit die olie in 'n diep kastrol en braai die ui en gemmer tot geurig.
2. Voeg die brediebasis, wortels, pootjies en skenkel by.
3. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut 15 min.
4. Roer die asyn, suiker en sojasous by en geur met sout indien verkies.
5. Sit die bredie warm voor saam met 'n bykos van jou keuse.
Wenk
As jy nie van varkpootjies hou nie, kan jy dit met varkpotjiekosvleis vervang. Pas net die kooktyd in die drukkoker aan indien nodig.
Brediebasis
Lewer 4 L (16 K) brediebasis
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 4-5 uur
Staan: 3-4 uur of oornag
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Bespuit 'n groot oondbak met kossproei en versprei 3 kg opgesnyde sopbene, 2 gekapte wortels, 3 gehalveerde uie, 2 gekneusde knoffelhuisies, 3 preie (skoongemaak en in stukke gesny) en 2 gehalveerde tamaties in die bak.
1. Drup 15 ml (1 e) olie oor en geur liggies met sout.
2. Rooster 40 min.
3. Skep die mengsel in 'n reusekastrol.
4. Plaas 1 brandrissie, 4 lourierblare, 6 heel peperkorrels, 2 L (8 k) hoenderaftreksel, 500 ml (2 k) sterk rooibostee en 500 ml (2 k) kookwater ook in die kastrol en roer goed.
5. Bring tot kookpunt en laat 2 uur oor matige hitte prut.
6. Roer af en toe.
7. Voeg weer 500 ml (2 k) kookwater by en laat die bredie nog 2 uur oor baie lae hitte prut.
8. As die bredie te vinnig afkook, giet nog water of rooibostee by.
9. Sit die deksel van die kastrol op, verwyder van die hitte en laat staan 3-4 uur of selfs oornag tot afgekoel.
10. Skep enige oortollige gestolde vet af.
11. Verdeel die bredie in 8 seëlbare vrieskassakkies of -houers en vries tot 3 maande.
Vir nog heerlike varkvleisresepte, gaan na www.sapork.co.za.
- Op soek na nuwe idees vir ontbyt, middag- en aandete? Bederf jou gesin met ‘Huisgenoot' se heerlikste resepte. Teken nou in vir "Huisgenoot Wenresepte" . Jou weeklikse resepte, alles op een plek.
Teken in op ons nuusbriewe
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!













