Promosie

Somertyd is hier: Kuier in Darling

Somertyd is hier: Kuier in Darling

Die Darling-wynroete neem met trots sy plek in op die lys van internasionaal bekende wyntoerismebestemmings in die Wes-Kaap wat jy móét besoek.

Hier kan besoekers 'n wonderlike selfry-ervaring geniet vir wynliefhebbers wat gretig is om heerlike, bekroonde wyne te ontdek in die natuurskone landskap tussen die Swartland en die Weskus.

Gaan kuier hierdie vakansie op Darling om hul bekroonde wyne en vele meer te geniet.Foto: VERSKAF
Gaan kuier hierdie vakansie op Darling om hul bekroonde wyne en vele meer te geniet. Gaan kuier hierdie vakansie op Darling om hul bekroonde wyne en vele meer te geniet.Foto: VERSKAF (VERSKAF)

Kom ervaar twee roetes: kuier by Darling Kelders, Cloof en Groote Post op die eerste dag, terwyl die tweede roete jou neem na die Ormonde-wynlandgoed, die Darling Wine Shop en die Darling-museum. Geen kaartjie word benodig nie. Kom haal net jou wynroetepadkaart by die Darling-museum om jou roete te beplan.

Bring vriende en geliefdes hierdie vakansie en gaan verken die prentjiemooi Darling-heuwels.

Drink verantwoordelik en bring 'n nag deur in Darling om die meeste van jou besoek te maak.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM