Promosie

SA se ‘mooiste padwedloop’ is vanjaar onbeperk

Mike Prentice (links), die SPAR-groep se bemarkingshoof, skud elmboog met James Moloi, president van Atletiek Suid-Afrika, by die bekendstelling van die 2021 SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue op Woensdag 26 Mei in Johannesburg. Foto's: De la Rey Ferreira
Mike Prentice (links), die SPAR-groep se bemarkingshoof, skud elmboog met James Moloi, president van Atletiek Suid-Afrika, by die bekendstelling van die 2021… Mike Prentice (links), die SPAR-groep se bemarkingshoof, skud elmboog met James Moloi, president van Atletiek Suid-Afrika, by die bekendstelling van die 2021 SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue op Woensdag 26 Mei in Johannesburg. Foto's: De la Rey Ferreira (De la Rey Ferreira)

Die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue is terug vir 2021 en vanjaar is dié uitdaging onbeperk met inskrywings landwyd. Saam met die virtuele uitdaging bring SPAR ook die gesogte SPAR Grand Prix-reeks terug en gee broodnodige ondersteuning aan Suid-Afrika se professionele vroue-atlete.

Aanlyn inskrywings is nou oop vir die 2021 SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue. SPAR nooi vroue landwyd uit om op Saterdag 4 September, enige tyd tussen 06:00 en 18:00 (onderhewig aan die regering se inperkingsregulasies), deel te neem.

Deelnemers kan hardloop, draf of hul eie virtuele uitdaging loop, teen hul eie tempo, enige plek in Suid-Afrika.

Die 2021 SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue is ingestel om die uiteindelike teenmiddel vir die Covid-19-moegheid en die inperking-"blues" te wees wat baie Suid-Afrikaners tans voel. Die 2021-uitdaagtema, #LiveLimitless, doen 'n beroep op vroue om te erken hoeveel struikelblokke hulle oorkom het ten spyte van beperkings, veral beperkings waarmee almal die afgelope jaar moes worstel.

"Na aanleiding van die eerste SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue wat in 2020 gehou is, kon die deelnemers nooit voorsien dat die nasie byna 'n jaar later steeds met inperkingsreëls sou leef nie, aangesien die wêreld steeds met die Covid-19-pandemie worstel," sê Alison Zweers, besturende direkteur van SPAR Wes-Kaap en Namibië. "#LiveLimitless erken ons het die afgelope jaar so baie gedoen en gehanteer wat ons nooit gedink het ons sal kan nie."

Van links is Allison Zweers, besturende direkteur van SPAR Wes-Kaap en Namibië, Nozi Mkhize, advertensie- en borgskapbestuurder van SPAR KwaZulu-Natal, Charlene Subbarayan, borgskapkontroleerder van die SPAR-groep, Nonele Xaba-Butjie, menslikehulpbronnehoof vir SPAR South Rand, en Charleen Goschen, bemarkingshoof van SPAR South Rand, by die bekendstelling.
Van links is Allison Zweers, besturende direkteur van SPAR Wes-Kaap en Namibië, Nozi Mkhize, advertensie- en borgskapbestuurder van SPAR KwaZulu-Natal,… Van links is Allison Zweers, besturende direkteur van SPAR Wes-Kaap en Namibië, Nozi Mkhize, advertensie- en borgskapbestuurder van SPAR KwaZulu-Natal, Charlene Subbarayan, borgskapkontroleerder van die SPAR-groep, Nonele Xaba-Butjie, menslikehulpbronnehoof vir SPAR South Rand, en Charleen Goschen, bemarkingshoof van SPAR South Rand, by die bekendstelling.

Elke jaar sien duisende vroue daarna uit om aan SPAR se reeks vrouewedlope en hul gepaardgaande pretlope deel te neem. Weens die staat van inperking wat in 2020 afgekondig is, het SPAR die spel verander deur hul eerste virtuele uitdaging van stapel te stuur. "Deur die tweede virtuele uitdagings in 2021 aan te bied, gee ons weer vir vroue iets om na uit te sien en ons is regtig opgewonde dat niemand dit vanjaar hoef mis te loop nie," het Mike Prentice, bemarkingshoof van die SPAR-groep, gesê. "Die feit dat ons daarin geslaag het om 'n manier te vind vir ons uitdaaggemeenskap om bymekaar te kom, is regtig 'n bewys van waaroor #LiveLimitless gaan."

Om 'n onbeperkte toekoms vir almal te verseker, sal die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue 2021 SPAR se Petals-projek tot voordeel strek. Die opbrengs uit vanjaar se inskrywingsfooie sal gebruik word om die Petals-projek te help om pakke sanitêre doekies te skenk aan minderbevoorregte meisies, wat dikwels wegbly van die skool af gedurende menstruasie, aangesien hulle nie hierdie basiese noodsaaklikhede het nie. SPAR se Petals-skenkings help om hierdie meisies in die skool te hou, gee hulle 'n gelyke kans om mee te ding en 'n vol lewe te lei. Jou bydrae sal help om die beperkings te verwyder wat meisies tydens menstruasie voel en aan hulle te wys daar is geen gebied in hul lewe waarin hulle nie kan #LiveLimitless nie.

"Hierdie bydrae sal nie moontlik wees sonder die ondersteuning van die vroue oor Suid-Afrika heen wat by ons, met of sonder die ondersteuning van borge, sal aansluit nie. Ek wil Asics, Garmin en Atletiek Suid-Afrika bedank dat hulle ons bystaan met die hou van hierdie uitdaging en dit help moontlik maak," sê Prentice. "Ons handelsmerkambassadeurs, waarvan verskeie al jare by ons geleenthede betrokke is, speel ook 'n groot rol om die virtuele uitdagings 'n sukses te maak en ons is so opgewonde oor die groep wat ons vanjaar aan boord het."

Zizipho Soldati is ook vanjaar 'n ambassadeur vir die 2021 SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue.
Zizipho Soldati is ook vanjaar 'n ambassadeur vir die 2021 SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue. Zizipho Soldati is ook vanjaar 'n ambassadeur vir die 2021 SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue.

Vanjaar se ambassadeurlys sluit bekende gunstelinge en 'n paar nuwe ambassadeurs in wat gretig is om Suid-Afrika opgewonde te maak oor die uitdaging.

Om die #LiveLimitless boodskap aanlyn te versprei, sal SPAR gehelp word deur Bonang Gwampi, Siphokazi Menziwa, Nolo Skiti, Nomvuzo Zongo, Mimi Mahlasela, Leilani Kuter, René Kalmer, Bongi Msomi, Elana Afrika-Bredenkamp, Warrior Ric, Sarina Bosman, Charné Bosman, Willem Botha, Ouma Tema, Tauné Blok, Lucille Slade, Dianne Broodryk, Sophia Matlou, Philicity Reeken, Martin Bester, Chantel Struwig, Donnalee Roberts, Ivan Botha, Lindie Strydom, Robbie Kruse, Zizipho Soldati, Kesa Molotsoane, Shirnell Swartz, Khutso Theledi, Izelle Hoffman, Jo-Dee Butler, Suga, Gino Fabbri, Yolanda Bukani, Jeanie Steyn, Faith Motau, Zinhle Twala en Precious Mthembu.

Die akteurs-en-skrywerspaartjie Ivan Botha en Donnalee Roberts het ook aangesluit by die span ambassadeurs vir hierdie virtuele uitdaging.
Die akteurs-en-skrywerspaartjie Ivan Botha en Donnalee Roberts het ook aangesluit by die span ambassadeurs vir hierdie virtuele uitdaging. Die akteurs-en-skrywerspaartjie Ivan Botha en Donnalee Roberts het ook aangesluit by die span ambassadeurs vir hierdie virtuele uitdaging.

"Ons sien daarna uit om te sien hoe almal op 4 September aanlyn plasings doen terwyl hulle hul roetes voltooi," sê Zweers, wat deelnemers aanmoedig om in te skryf, tyd vir hulself te neem en te besin oor die deursettingsvermoë wat ons almal sedert die begin van die pandemie getoon het. "Neem hierdie geleentheid om te #LiveLimitless, wat dit ook al vir jou mag beteken, en moenie gedefinieer word deur die beperkings wat jou in die gesig staar nie. #LiveLimitless gaan daaroor om te antwoord as avontuur roep, en in plaas daarvan om gedefinieer te word deur jou perke, verander die narratief om eerder deur dit geïnspireer te word."

Dit kos R60 om in te skryf vir die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue en as deel van die inskrywingsfooi sal elke deelnemer 'n wedlooppak ontvang. Die wedlooppak sluit 'n T-hemp, toegang tot die My Virtual Challenge-digitale tydskrif, 'n nekbof en 'n medalje in.

Vanjaar is daar nog meer maniere om aanlyn by die pret aan te sluit. Deelnemers kan die amptelike wedloopwebwerf besoek en op sparvirtualchallenge.co.za hul eie wedloopnommer en eindstreepsertifikaat genereer - ideaal vir pre- en post-wedloopselfies!

Gebruik #LiveLimitless en #SPARVirtualChallenge wanneer jy plasings aanlyn doen om by die uitdaaggemeenskap aan te sluit!

Vir meer inligting en om uit te vind hoe om in te skryf, besoek gerus sparvirtualchallenge.co.za. Inskrywings is beperk tot 75 000 deelnemers - skryf nou in om teleurstelling te voorkom.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM