
Wou jy nog altyd 'n kar wen? Wel, dit was nog nooit so maklik soos nou nie...
Al wat jy moet doen, is om 'n kaartjie van R100 te koop sodat jy 'n inskrywing kan kry om 'n FordEcoSport ter waarde van R400k by Action Ford te wen. Boonop sal jy met hierdie kaartjie - wat weliswaar soos 'n lootjie is - 'n belegging in 'n leerling se toekoms wees.
Dié lootjie sal help om beter loopbaangeleenthede vir Suid-Afrikaanse leerlinge te skep, terwyl jy moontlik met daai pragtige spogmotor sal kan wegry. Natuurlik sal jy ook help om in 'n blinker toekoms vir ons land te belê!
Die geld wat ingesamel word, gaan na Thuma Mina Teaching (TMT), 'n gratis onderwyshulpbron wat deur openbare steun gedryf word. Die geld stel hulle in staat om meer videolesse te skep wat gratis aan leerlinge beskikbaar gestel word. Die lesse verryk en ondersteun die onderwysstelsel met interessante lesse en leermateriaal, een klik op 'n slag.
Dié betekenisvolle kompetisie help dus om loopbaangeleenthede vir Suid-Afrikaanse leerlinge te skep deur opvoeding meer toeganklik te maak.
Belê in 'n suksesvolle toekoms vir ons land met net R100 - en staan 'n kans om fantastiese, splinternuwe 2022 Ford EcoSport Titanium te wen! Hoe meer lootjies jy koop, hoe groter is jou kans om te wen en hoe groter jou bydrae tot beter geleenthede vir Suid-Afrikaanse leerlinge.
Wat kan jy wen?
Action Ford gee die nuutste 2022 Ford EcoSport Titanium weg, met 'n instandhoudingsplan van vier jaar of 60 000 km wat alles behalwe bande en brandstof insluit!
Lees hier meer oor die borg, Action Ford, en die ongelooflike kar.
Wie is Thuma Mina Teaching?
Thuma Mina Teaching (TMT) is 'n geregistreerde organisasie sonder winsbejag wat op 'n sending is om gehalte opvoedkundige materiaal te skep wat beskikbaar is aan alle leerlinge, veral dié in minderbevoorregte gemeenskappe.
Suid-Afrika se basiese onderwysstelsel is vol uitdagings, en 'n groot persentasie kinders voltooi nooit skool nie, wat nog te sê om vir tersiêre studie te kwalifiseer.
Die krisis is baie duidelik as jy weet uit honderd kinders wat met gr.1 begin, sal slegs ses kinders 'n tersiêre kwalifikasie behaal. Die probleme in die opvoedingstelsel is vererger deur die pandemie, met 'n onlangse studie wat aandui ons sal nog die impak van die pandemie tot en met die matriekuitslae van 2031 voel.
Thuma Mina Teaching het die wekroep vir kollektiewe optrede beantwoord. Hulle skep aangrypende en interessante videolesse wat fokus op die nasionale skoolkurrikulum en het 'n ‘een-klik-benadering' om dit vir leerlinge maklik te maak om die inligting te kry.
Die gewildste platforms is YouTube en Facebook, maar hul lesse word ook op nasionale televisie uitgesaai en is beskikbaar op hul webblad.
Al die lesse is 100% gratis, dinamies en kort om te verseker dit hou die leerlinge se aandag.
Die programme hoop om leerlinge aktief te betrek by die leerproses in die seniorfase - van gr. 7 tot gr. 9 - en om op dié manier 'n laer uitvalkoers te bewerkstellig. Die videolesse word gekombineer met self-assesserings en leermateriaal, sowel as leerwerk wat deur middel van speletjies ingeneem word. Met een klik kry leerlinge sommer toegang tot 'n hoop inligting in verskillende vorms.
Kortom, dit dien as 'n nuttige, aanpasbare bron wat nasorgsentrums versterk, dis 'n hulpmiddel vir onderwysers, asook 'n selfaangedrewe leerinstrument vir leerlinge by die huis.
Hoe maak TMT 'n impak op die samelewing?
- Hul hulpbronne dien as 'n selfaangedrewe leerinstrument vir leerlinge.
- Dit verbreed onderwysers se kennis en stel hulle bloot aan innoverende onderwystegnieke.
- Skole gebruik dit as 'n bron in die klaskamer.
- Die materiaal word beskikbaar gestel aan nasorgsentrums om hul programme te verryk.
Hoe om in te skryf
Koop 'n lootjie teen net R100 en dié droomkar van meer as R400k kan dalk joune wees. Lootjies is beperk - dus maak jy die kans om te wen baie groter as jy meer as een koop. Op die manier word jy deel van Thuma Mina Teaching se pad van transformasie en hoop op gratis, gehalte opvoeding vir almal. Dis 'n wen-wen situasie vir almal!
Skryf hier in.
Bepalings en voorwaardes geld. Meer inligting is beskikbaar by die skakel.
Nuttige skakels:
Besoek die TMT-webblad by TM Teaching
Gaan kyk na hul YouTube-kanaal: TM Teaching
Teken gratis in op hul kanaal: TM Teaching
Skryf in vir die Ford-kompetisie: TM Teaching













