Om 'n veldblomfoto te neem is 'n kuns wat jy net kan bemeester met tyd, geduld en aandag aan detail. 'n Paar gereelde blomkykers gee hul beste wenke.
"Die beste deel van blomme kyk, lê in die verskeidenheid en unieke spesies, nie altyd in die plate blomme nie," sê Marietjie Smit van die Cederberge. "Trek jou stapskoene aan, sit jou hoed op en geniet elke oomblik."
Sy stel voor jy eet vroeg die oggend 'n stewige ontbyt by jou verblyfplek of een van die vele lekker restaurante in die blomstreke en pak dan vir jou 'n piekniekmandjie om teen die middag in die veld te geniet.
"Hou die weer dop!" waarsku Salomé Willemse van die Namaqua-voëlklub. "Die blomme gaan eers oopmaak hier teen 17 grade Celsius en vir seker nie eintlik voor 10:00 in die oggend nie."

Sy meen jy moet só stap dat die son agter jou bly, dan "kyk al die blommetjies heeltyd vir jou en jy neem mooier foto's".
"Maak die uitstappie lekker deur 'n aftiklysie te hê. Amper soos 'n skattejag! Die meeste toerismekantore het brosjures met die bekendste blomspesies van die streek, maar die toep Clanflora bied jou 'n digitale keuse," sê Marietjie.
"Neem foto's vir die familie tuis en beïndruk hulle met die name van al die spesies. Hulle hoef mos nie te weet jy het hulp gehad nie!"
LAAI DIE BURGER SE BLOMME-BYLAE HIER AF
GEBORG
MyPhotobook
Fujifilm My Photobook bied 'n eenstopdiens vir pragtige en langdurige fotoboeke, perfek vir geskenke. Met hul gratis nuwe sagteware kan gebruikers met gemak 'n fotoboek skep vanaf hul rekenaar of slimfoon, aanlyn sowel as aflyn.
My Photobook help met die ontwerp van verskillende grootte fotoboeke asook verpersoonlike kalenders, storieboeke, muurversiering, skryfbehoeftes en natuurlik foto's - als teen sakpaspryse. Die nuutste My Photobook-sagteware maak ook gebruik van kunsmatige intelligensie en skep 'n perfekte fotoboek in slegs 'n paar minute.
Besoek My Photobook vandag nog aanlyn by www.myphotobook.co.za.
Naries

Naries is 'n pragtige, romantiese wegbreek aan die punt van die Spektakelberg tussen Springbok en Kleinzee. Hier bied hulle jou 'n unieke ervaring in 'n asemrowende landskap. Hulle is ook goed geleë indien jy die groter Namakwa-streek - van die Richtersveld in die noorde tot skeepswrakke in die weste - wil besoek gedurende blomtyd. Naries is in die hartjie van hierdie gebied.
Jy kan kies tussen drie verblyfopsies:
Die Namakwa-bergsuites (op die foto hierbo) is privaat, romanties, luuks en modern.
Die Manor House bied vyf ruim klassieke en suite-kamers binne die ou hoofhuis.
Die luukse Kaapse platteland-styl kothuise bied topgehalte-afwerkings en is ideaal vir families.
Die Gemsbok-lapa is die nuutste toevoeging tot hul portefeulje en spog met die mooiste, wye uitsig. Van hier sien jy die pragtigste sonsondergange.
Besoek gerus hul Facebook-blad vir die jongste nuus en foto's of gaan loer op hul webwerf vir meer inligting.
Country Hotels

Ontdek die asemrowende blommeprag van die Noord-Kaap met Country Hotels se eie kaart! Country Hotels, geleë in die hart van die blommerykste gebiede, verwelkom jou. Verken die karaktervolle dorpies van Clanwilliam, Calvinia, Pofadder, Kuruman, Kathu en Springbok - die lenteblomme se hooftuine. Met die kuratorskaart as jou gids, vind jy die beste blomomgewings en kies die ideale Country Hotel langs jou roete. Laat jou betower deur die natuurlike skoonheid van die grootste provinsie, met sy woestynlandskappe en ryk dierelewe. Na 'n opwindende dag, ontspan in een van die luukse Country Hotels en geniet hartlike gasvryheid. Besoek hul webtuiste om jou blommereis vandag nog te beplan. Die natuur wag om deur jou ontdek te word! Country Hotels gaan nou vir jou braai!
CapeNature

CapeNature bot en blom hierdie blommeseisoen. Blommevelde pronk in alle prag en bedek die landskap soos 'n uitspattige, kleurryke tafeldoek wat die omgewing omtower met sy onvergeetlike aroma en kleur. Plaaslike en internasionale besoekers is welkom by die Weskus vir asemrowende uitsigte en eersteklas verblyf. En raai wat? Geen beurtkrag! Rocherpan-natuurreservaat is in Augustus net die plek vir jou. Hierdie reservaat is veral gewild vir sy plantelewe soos wildsblomme, en sy natuurskoon slaan jou asem weg.
Die reservaat is 25 km noord vanaf Velddrif op die Kaapse Weskus geleë. Sy waterpan lok meer as 183 voëlspesies wanneer daar water is. Die pan was lanklaas vol water, maar ná die storm het die voëls nie op hulle laat wag nie. Die pan is nou amptelik vol water, en sy glimmende oppervlak is die perfekte agtergrond vir prentjiemooi foto's.
Met vyf kothuiseom uit te kies, asook 'n verskeidenheid prettige aktiwiteite soos bergfietsry, piekniek hou, hengel, voëlkyk, stap, voetslaan, swem en walviskyk, sal jy jou besoek beslis nie gou vergeet nie.
Vir meer inligting, skakel 087 087 8250 of stuur e-pos aan reservation.alert@capenature.co.za.
House of Rooibos

Om vir besoekers aan Clanwilliam 'n omvattende en spesiale rooibos-ervaring te bied, het die gewilde fabriekswinkel by Rooibos Beperk na 'n groter en meer geskikte perseel verskuif. Die splinternuwe House of Rooibos by Rooibos Country Club beskik oor 'n winkel, 'n teekamer en 'n informele teeproe- en inligtingsentrum. Kom geniet 'n verfrissende koppie rooibos en besigtig hul insiggewende uitstallings, insluitend 'n oudiovisuele aanbieding van 10 minute oor die geskiedenis, produksieproses en gesondheidsvoordele van hierdie unieke drankie. Die winkel het 'n opwindende reeks oorspronklike, gegeurde en vermengde rooibostee, rooibosverwante kos en kosmetiese produkte, aandenkings en geskenkitems, insluitend 'n resepteboek vol rooibos-geïnspireerde geregte.
Vir meer inligting, skakel 027 482 2155 of 066 115 7749 of stuur e-pos na amor@rooibosltd.co.za of sales@rooibosltd.co.za. Besoek ook www.houseofrooibos.info.
Piekenierskloof Mountain Resort

'n Ligte kronkeling van die Piekenierskloofpas sal jou by die verwelkomende gesig van Piekenierskloof Mountain Resort bring. Hier aan die bopunt van die pas het jy ononderbroke uitsigte op die skouspelagtige Cederberge en ervaar jy opregte plattelandse gasvryheid. Piekenierskloof Mountain Resort is modern, tog knus, met topkonferensiegeriewe en 'n keuse van privaat suites en selfsorgverblyf wat uitkyk oor welige grasperke en 'n sprankelende buiteswembad. Die diens is ongeëwenaard. Verwag goeie kos, vele aktiwiteite en gratis Wi-Fi. Geniet die asemrowende berguitsigte met buite-dek-eetplek terwyl die kleinspan die speelplek met klimraam, trampoliens en 'n buitelugskaakstel benut. Vir die volwassenes het die oord 'n ontspanne kuierplek, 'n goed toegeruste kroeg, verhitte binnenshuise swembad en 'n privaat spa.
Daar is ook voetslaan- en bergfietsry-roetes, boogskiet, foefieslaaid en vele meer. Piekenierskloof Mountain Resort is ideaal geleë as basis vanwaar jy self kan ry om die omliggende omgewing te verken.
Vir meer inligting, besoek www.piekenierskloof.co.za.
Die Keldery

Die Keldery-restaurant, ook die amptelike proelokaal van Namaqua Wines, is geleë in die hartjie van die Matzikama-streek. Kom geniet die magiese uitsig oor die Maskamberge deur hulle op die R363-pad buite Vredendal te besoek. Die Keldery is die ideale plek om jou droomtroue te hou of enige ander geleentheid aan te bied. Hulle is ook bekend vir hul heerlike tradisionele kos, wynproeë en -parings, sowel as wynaankope. Die kindergeriewe maak dit ideaal om saam met jou familie te besoek.
Vir meer inligting, besoek www.diekeldery.com of skakel 027 213 3699.
Kardoesie

Kardoesie is in 1997 in die Piekenierskloofpas deur die Theron-familie gevestig. Dit is 'n fantastiese familiebestemming. Hulle bied soveel om van te kies en is 'n moet-sien, veral om by te stop en bene te rek tydens enige reis. Die padstal is propvol tuisgebak en plaaslike vleisprodukte, die restaurant sit heerlike tradisionele kos voor, daar is 'n boetiek, en vir dié wat langer wil bly, is daar kampeer- en oornaggeriewe. En moenie vergeet van die asemrowende uitsig oor die Renosterhoekvallei nie! Kardoesie is ses dae 'n week van 08:00 tot 17:00 oop en Sondae van 12:00 tot 17:00. Hoop om julle binnekort by Kardoesie te sien!
Vir meer inligting, besoek www.kardoesie-n7.co.za.
Skimmelberg-boegoe-en rooibostoer

Skimmelberg in die Cederberg-omgewing produseer organiese rooibostee- en boegoe-produkte vir die plaaslike sowel as die internasionale mark. Hulle is ook 'n privaat etiket-verpakker plaaslik, sowel as internasionaal. Hulle bied 'n baie interessante en unieke rooibos-en-boegoe-toer aan. Dit behels 'n besoek aan die rooibos- en boegoe-lande, die teebaan waar die tee gemaak word, die organiese wurmkompos-aanleg en hul kwekery. Die toer word afgesluit met 'n heerlike teeproe waar besoekers ook verskillende tees in die teewinkel kan koop. Toere begin stiptelik om 10:00 en duur gewoonlik so twee ure op Maandae, Woensdae en Vrydae. Toere op Saterdae vereis 'n minimum van ses volwassenes. Daar is geen toere op Sondae nie. Voorafbespreking is noodsaaklik. Vir meer inligting en toerbesprekings, skakel 027 482 1771 of 065 591 3300 of stuur e-pos na tours@skimmelberg.co.za.
Besoek ook gerus hul webtuiste by www.skimmelberg.co.za.
Rondeberg

Langs die N7, 20km noord van Clanwilliam, is Rondeberg-vakansieoord op die Bulshoekdam, 'n oase vir natuur-, hengel- en watersportliefhebbers. Geen boot? Kom geniet die vlot, kajakke en trapbote te huur. Die goed ingerigte ontspanningsaal is ideaal vir jou volgende funksie of konferensie. Met chalets vir twee tot agt persone, kliphuisies, privaat en algemene kampering én 'n waterfronthuis is daar verblyf vir elke smaak. Tydens die blomseisoen sal ontbyt beskikbaar wees mits vooraf bespreek.
Vir meer inligting, besoek www.rondeberg.com.
Velskoendraai-padstal

Ongeveer 60% van die produkte wat by Velskoendraai-padstal verkoop word, word plaaslik vervaardig of verbou. 'n Groot verskeidenheid rooibos-, boegoe- en ander kruietee asook ander teeprodukte is hier beskikbaar. Veertien rooibosteeverskaffers se produkte word hier verkoop en daar is meer as 100 verskillende geure. Die "Taste the Region" is 'n ervaring vir die hele gesin, want rooibostee, plaaslike wyne, bier en jenewer kan dan geproe word. Ander produkte wat jy hier sal vind, sluit in konfyt, gebak, hekelwerk, leerprodukte, olyfolie, seep en selfs die klerereeks van 'n plaaslike ontwerper. Velskoendraai spog met 'n baie lekker spyskaart propvol verskeidenheid wat in elke smaak sal val. Hier is ook speelplek vir die kinders.
Vir meer inligting, skakel Louise Nortjé by 083 460 3773.
Swartland

Die Swartland is propvol erfenis, aktiwiteit en avontuur.
Dit is nie net 'n baken van kultuurerfenis wat sorgvuldig bewaar word nie, maar elke dorp in die Swartland bied ook die besoeker iets betowerends. Die ideale wegbreek van die stad se gewoel. Laai jou gratis besoekersgids hieraf.
Namaqua-Weskus Toerisme

Laat die Weskus-wynroete jou verras op jou volgende blommetoer. As jy van die Kaap se kant af kom, sal jou eerste stop Piekenierskloof-wyne wees. Volg die N7 noord tot by Klawer-wynkelder, die poort na die Namaqua-Weskus-streek. Vandaar lê die kelders gespikkel op die wynroetekaart tot in Doringbaai. Daar is ‘n paar lekker plekke en doendinge vir die hele gesin op hierdie roete vanaf Piekenierskloof-wyne tot in Doringbaai. Jy sal nie net die skilderagtige uitsigte geniet nie, maar ook die lekker kos en wyne.
Besoek die Namaqua-Weskus se webwerf om meer uit te vind.
Clanwilliam-veldblomskou

Van 25 Augustus tot 3 September word die deure (en hekke) van die 62ste Clanwilliam-veldblomskou wawyd oopgegooi vir almal wat wil kom blomme kyk in die Blomkerk. Die tema van vanjaar se skou is juis "hekke". Blomkykers kan uitsien na 'n blomjaar duisend, want die oop erwe in Clanwilliam en die veld om die dorp het baie lanklaas gelyk soos nou. Moenie dat jul blomkykplanne in die hek duik nie, maak die hekke van julle harte oop en kom kyk blomme in die Blomkerk, die Ramskop-natuurtuin en die Biedouwvallei. Vir meer inligting oor die Clanwilliam-veldblomskou, bel die voorsitter, Erna du Plessis, by 082 889 9555.













