Landbou

Span se harde werk met groot prys bekroon

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Harde werk werp beslis vrugte af, soos gewys deur die Bredasdorp Park NPC wat onlangs 'n groot prys vir hul werk gekry het.

Ivan Meyer (links), Wes-Kaapse LUR vir landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, en Henk Aggenbach, voorsitter van die Bredasdorp Park NPC-raad, by die prysgeleentheid waar Bredasdorp Park NPC vereer is.  Foto: Verskaf
Ivan Meyer (links), Wes-Kaapse LUR vir landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, en Henk Aggenbach, voorsitter van die Bredasdorp Park NPC-raad, by die prysgeleentheid waar Bredasdorp Park NPC vereer is. Foto: Verskaf

Die Bredasdorp Park NPC het een van die Wes-Kaapse Ekonomiese Innovasie-pryse vir hul baanbrekerswerk met die Nampo Kaap-landbou-ekspo ontvang.

Hierdie prys bekroon jaarliks uitnemendheid in ekonomiese innovasie en gee erkenning aan diegene wat deur kreatiewe denke en vernuwende benaderings betekenisvolle ekonomiese groei in die Wes-Kaap bevorder.

Volgens John Lawson, uitvoerende hoof van die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid, is die prys daarop gemik om "die rol van innovasie as dryfveer vir vooruitgang te beklemtoon en toekomstige innoveerders te inspireer".

Tydens die geleentheid is 14 van hierdie innovasiepryse in vier kategorieë toegeken en volgens die organiseerders bevorder die pryse innovasie as 'n belangrike deel van die provinsie se "Groei vir werk"-strategie.

"Innovasie is die dryfveer agter vooruitgang. Die viering van ons innoveerders inspireer toekomstige innoveerders om hul idees te ontwikkel," sê Lawson.

Vanjaar se prys aan die Bredasdorp Park NPC is toegeken vir die rol wat Nampo Kaap speel in die bevordering van die landboubedryf en die dryf van ekonomiese groei in die Wes-Kaap.

Hierdie landbou-ekspo dateer terug na 1992 toe Niel Giliomee die eerste landboudag in die Overberg aangebied het.

Bredasdorp Park NPC het in 2017 in vennootskap met Overberg Agri die bestuur van Bredasdorp Park oor­geneem. Vandag is dit die tuiste van Nampo Kaap, wat jaarliks deur Graan SA aangebied word.

"Hierdie toekenning is vir 'n organisasie.

• "Baie geluk en dankie aan elke lid van die span. Ek is trots om deel van hierdie span te wees," sê Henk Aggenbach, voorsitter van die Bredasdorp Park NPC-raad wat die prys ontvang het. Nampo Kaap vind vanjaar van 10 tot 13 September by die Bredasdorp Park plaas.

CTA